Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » " Onthou jy nog " deur KOOS DU PLESSIS
" Onthou jy nog " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61656] Di, 07 Mei 2002 13:29
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Onthou jy nog
Koos du Plessis

Onthou jy nog die dae
van wens-ons-was-al-groot;
al ons wysheid en ons vrae
na die lewe en die dood?

Die dag was veertig volle ure,
die nag was net een oogknip kort;
en 'n vesting was die mure om
ons heen,
wat later sel sou word.

Onthou jy nog die tye
van liefhê, droom en bou;
en die later dae se swye
om iets van alles te behou?

Tog vreemd, die tyd se laaie:
Die lewe is so bitter kort;
dat ons, ná al ons paaie, iedereen,
weer kind, maar wéés, moet word.
Vorige onderwerp: "Kinders van die Wind " deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: " Nokturne " deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 06:08:57 MGT 2024