Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Nuwe Afrikaanse CD's
Nuwe Afrikaanse CD's [boodskap #60212] Sa, 13 April 2002 10:56 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat ons binnekort behoort te kan sien.

Steve: Bop saam met die Engeltjies en ander vredeliewende songs.

Patricia: Meer as net my hare, my lyfie en ek.

Dozi: Dozi sing op die Duzi

Karike: Kleuterliedjies

David Kramer: Anner Hotelle, Anner Mense

Nataniël: Glimlaggend deur die Lewe

Karin Hougaard: Kaalvoetluisterliedjies

Randall Wicomb: Grys

Kurt Darren: Maai heart se geheimes and fansters.

David Butler: Kitaar

Amandla: Soen my maar

Laurika: Laurika sing van die dorsmasjien en ander implemente.

Annette
Re: Nuwe Afrikaanse CD's [boodskap #60224 is 'n antwoord op boodskap #60212] Sa, 13 April 2002 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Slegte (onprofesssionele) ondervinding gehad met Andre Schwartz gisteraand.

Swak klank en swak opvoering met 'n ewe swak houding by 'n privaat funksie.
Geen "soundchecks" en laat opgedaag (aan die einde van funksie, na die
"pudding").

Geen verskoning of apologie, maar die geldjies is ten volle betaal en gebank
8 maande gelede.

Wat is dit met (sommige van) ons SA kunstenaars?

TJ
www.artslink.co.za
Re: Nuwe Afrikaanse CD's [boodskap #60225 is 'n antwoord op boodskap #60224] Sa, 13 April 2002 14:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel TJ - Ek het aan Andre Schwartz ook gedink in my kreatiewe sekonde, maar
kon nie op die ingewing dink aan 'n Duitse liedjie wat nog vertaal kon word
nie:))

Dit is jammer om van so iets te hoor - en dit bly maar ongelukkig in die
agterkop as mens daaraan dink om kunstenaars te kry vir 'n optrede

Ons koor het ook al verskeie ( 3 maal) ongelukkige afsprake met Manuel
Escorcio (sp?) gehad, waar hy saam met ons sou optree, en nie opgedaag het
nie.
Ons het maar net altyd aangeneem iets het voorgeval, maar dit sou lekker
gewees het as hy die moeite sou gedoen het om net een maal daarna na 'n
oefening te kom om sy kant van die storie te verduidelik.

Ons koor tree more weer in die Groote Kerk op ( het verlede week ook met die
350jarige fees) - die Nuwe Verbeterde orrel word ingewy, en mens moet maar
sien hoe lank dit gaan neem vir Roucher om hierdie een stukkend te speel:))
Annette

TJ skryf in boodskap news:3cb8348f$0$236@hades.is.co.za...
> Slegte (onprofesssionele) ondervinding gehad met Andre Schwartz gisteraand.
>
> Swak klank en swak opvoering met 'n ewe swak houding by 'n privaat funksie.
> Geen "soundchecks" en laat opgedaag (aan die einde van funksie, na die
> "pudding").
>
> Geen verskoning of apologie, maar die geldjies is ten volle betaal en gebank
> 8 maande gelede.
>
> Wat is dit met (sommige van) ons SA kunstenaars?
>
> TJ
> www.artslink.co.za
>
Re: Nuwe Afrikaanse CD's [boodskap #60227 is 'n antwoord op boodskap #60225] Sa, 13 April 2002 14:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Wens ek was daar om te luister en geniet.

Ken vir Manuel van Durbanville se skooldae - my musiekonderwyser was sy
buurman en hulle het nogal baie saam opera gesing by die Nico en daarna het
ek hom weer baie ontmoet in my klankdae. Sien en hoor maar min van hom
deesdae. Tyd stap aan ...

:-)

TJ
www.artslink.co.za
Re: Nuwe Afrikaanse CD's [boodskap #60229 is 'n antwoord op boodskap #60227] Sa, 13 April 2002 16:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hy konsert blykbaar nog en woon in Strand. Blykbaar 'n artikel oor hom in
Keur verlede week.
As jy so lank by musiek en klank betrokke is, hoekom is jy nie een van die
Idols beoordelaars nie?:)))
Annette

TJ skryf in boodskap news:3cb84440$0$229@hades.is.co.za...
> Wens ek was daar om te luister en geniet.
>
> Ken vir Manuel van Durbanville se skooldae - my musiekonderwyser was sy
> buurman en hulle het nogal baie saam opera gesing by die Nico en daarna het
> ek hom weer baie ontmoet in my klankdae. Sien en hoor maar min van hom
> deesdae. Tyd stap aan ...
>
> :-)
>
> TJ
> www.artslink.co.za
>
Re: Nuwe Afrikaanse CD's [boodskap #60256 is 'n antwoord op boodskap #60229] So, 14 April 2002 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Musiek, klank en kunste geniet ek, ja. Geraas, gedruis en 'n geskree, nee.

So bietjie van die Idols met Will die wenner gekyk, maar nou is hy elke dag
op M-Net met sy wenliedjie en dit raak nou afgewater.

TJ
www.artslink.co.za
Re: Nuwe Afrikaanse CD's [boodskap #60262 is 'n antwoord op boodskap #60256] So, 14 April 2002 07:21 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek kyk nou nie so baie TV nie, so ek het Will en sy wenliedjie nog net
eenmaal gesien, en dit geniet.
Ek praat nou van ons eige Idols program - ek kry die ou bloedjies nogal
jammer - hul nadeel is dat hulle die Engelse Pop Idols program gesien het,
en maak nie saak wat ons kinders doen nie - iemand sal altyd sê dat ons
kinders se poging of optrede was geinspireer deur wat op die Engelse program
deur een van hulle deelnemers te gedoen was.
Hulle praat van oorspronklikheid, maar as mens 'n bepaalde liedjie moet
sing, dan is die spektrum vir oorspronklikheid geredelik beperk.
Die basis moet tog wees of die deelnemer kan sing, nootvas is, die liedjie
se woorde te kan onthou, en as dit dan nou moet - 'n oorspronklike
vertolking te kan gee sonder om die wysie van die liedjie geheel en al te
verander. Nie 'n maklike taak nie.
Ek het vir een deelnemer in die eerste groep gestem.
In die tweede groep was daar nie een vir wie ek wou stem nie - soos dinge
nou maar is, sal die uiteindelike wenner heelwaarskynlik uit die tweede
groep aangewys word;))
Annette

TJ skryf in boodskap news:3cb91c3d$0$234@hades.is.co.za...
> Musiek, klank en kunste geniet ek, ja. Geraas, gedruis en 'n geskree, nee.
>
> So bietjie van die Idols met Will die wenner gekyk, maar nou is hy elke dag
> op M-Net met sy wenliedjie en dit raak nou afgewater.
>
> TJ
> www.artslink.co.za
>
Vorige onderwerp: The Click Song = Afrikaanse Canon???
Volgende onderwerp: Swak CD's
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 05:05:29 MGT 2024