Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Stille Nag, Heilige Nag
Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54629] Sa, 15 Desember 2001 14:14 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
STILLE NAG

Stille nag, heilige nag.
Alles rus, eensaam wag
slegs Maria, geseënde vrou,
by haar kindjie met Josef so trou;
Soete, hemelse rus!
Soete, hemelse rus!

Stille nag, heilige nag.
Oor die veld, lief en sag,
klink die lied van die engelekoor,
eers deur herders, dan verder gehoor.
Juig die Redder is daar!
Juig die Redder is daar!

Stille nag, heilige nag.
Jesuskind, vriend'lik lag,
liefde teer uit u god'like mond;
tans daag heerlik die vrywordingstond:
Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54632 is 'n antwoord op boodskap #54629] Sa, 15 Desember 2001 15:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Donderdagaand - 13/12 het ons ons kersuitvoering in die Groote Kerk gehad. -
die opbrengs was ter stuiwing van die Orrelfonds.
Stille Nag was die laaste item - die 5 soliste het Stille Nag onderskeidelik
in Duits, Afrikaans, Engels, Pools en Frans gesing - en daarna het die volle
koor weer die eerste versie in Afrikaans gesing met 'n deskant deur die
eerste soprane.

Annette

@rogers.com skryf in boodskap news:CVIS7.952$4O.688@news1.bloor.is...
> STILLE NAG
>
> Stille nag, heilige nag.
> Alles rus, eensaam wag
> slegs Maria, geseënde vrou,
> by haar kindjie met Josef so trou;
> Soete, hemelse rus!
> Soete, hemelse rus!
>
> Stille nag, heilige nag.
> Oor die veld, lief en sag,
> klink die lied van die engelekoor,
> eers deur herders, dan verder gehoor.
> Juig die Redder is daar!
> Juig die Redder is daar!
>
> Stille nag, heilige nag.
> Jesuskind, vriend'lik lag,
> liefde teer uit u god'like mond;
> tans daag heerlik die vrywordingstond:
> Heer, gebore vir ons!
> Heer, gebore vir ons!
>
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54655 is 'n antwoord op boodskap #54629] So, 16 Desember 2001 20:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Haak  is tans af-lyn  Haak
Boodskappe: 6
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Junior Lid
Lyk my die wereld het vergeet waaroor kersfees werlik is.
Dat 'n GOD gebore is om vir ons almal se sonde te sterf so dat ons kan lewe.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:CVIS7.952$4O.688@news1.bloor.is...
> STILLE NAG
>
> Stille nag, heilige nag.
> Alles rus, eensaam wag
> slegs Maria, geseënde vrou,
> by haar kindjie met Josef so trou;
> Soete, hemelse rus!
> Soete, hemelse rus!
>
> Stille nag, heilige nag.
> Oor die veld, lief en sag,
> klink die lied van die engelekoor,
> eers deur herders, dan verder gehoor.
> Juig die Redder is daar!
> Juig die Redder is daar!
>
> Stille nag, heilige nag.
> Jesuskind, vriend'lik lag,
> liefde teer uit u god'like mond;
> tans daag heerlik die vrywordingstond:
> Heer, gebore vir ons!
> Heer, gebore vir ons!
>
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54657 is 'n antwoord op boodskap #54655] So, 16 Desember 2001 21:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: .com

Ernest Laing skryf in boodskap news:9vj2om$37u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lyk my die wereld het vergeet waaroor kersfees werlik is.
> Dat 'n GOD gebore is om vir ons almal se sonde te sterf so dat ons kan lewe.
> "@rogers.com" wrote in message
> news:CVIS7.952$4O.688@news1.bloor.is...
>> STILLE NAG
>>
>> Stille nag, heilige nag.
>> Alles rus, eensaam wag
>> slegs Maria, geseënde vrou,
>> by haar kindjie met Josef so trou;
>> Soete, hemelse rus!
>> Soete, hemelse rus!

Take a chill pill Ernest, wie het gesê die wêreld het dit vergeet? En dit
was nie * n* God nie, maar wel Jesus Christus.
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54658 is 'n antwoord op boodskap #54629] So, 16 Desember 2001 22:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suzan  is tans af-lyn  Suzan
Boodskappe: 42
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" schreef in bericht
news:CVIS7.952$4O.688@news1.bloor.is...
> STILLE NAG

Nederlands Protestante Versie:

Stille Nacht, Heilige Nacht.
Davids Zoon, lang verwacht,
die miljoenen eens zaligen zal
werd geboren in Bethlehems stal.
Hij, der schepselen Heer
Hij, der schepselen Heer.

Hulp'loos kind, heilig kind,
dat zo trouw zondaars mint.
Ook voor mij hebt G'Uw rijkdom ontzegt,
werd G'in stro en in doeken gelegd.
Leer m'U danken daarvoor
Leer m'U danken daarvoor.

Stille Nacht, Heilige Nacht,
Heil en vree wordt gebracht,
aan een wereld, verloren in schuld.
Gods belofte wordt heerlijk vervuld.
Amen! Gode zij eer
Amen! Gode zij eer.

Nederlans Katholieke Versie

Stille nacht, heilige nacht,
Alles slaapt, sluimer zacht.
Eenzaam waakt het hoogheilige paar,
Lieflijk Kindje met goud in het haar,
Sluimert in hemelse rust
Sluimert in hemelse rust.

Stille nacht, heilige nacht
Zoon van God, liefde lacht
Vriend'lijk om Uwe God'lijke mond,
Nu ons slaat de reddende stond,
Jezus van Uwe geboort',
Jezus van Uwe geboort'.

Stille nacht, heilige nacht,
Herders zien 't eerst Uw pracht;
Door der eng'len alleluja
Galmt het luide van verre en na:
Jezus de redder ligt daar,
Jezus de redder ligt daar.

Nederlands Maastrichts dialect:

Stèlle nach, heilege nach
'n ingelekoer zingk hiel zach
Bij 't Keend hawwe herders de wach
't Keens dat kaom in 'n winterse nach
't sliep in hiemelse rös
't sliep in hiemelse rös.

grt emmy

> Stille nag, heilige nag.
> Alles rus, eensaam wag
> slegs Maria, geseënde vrou,
> by haar kindjie met Josef so trou;
> Soete, hemelse rus!
> Soete, hemelse rus!
>
> Stille nag, heilige nag.
> Oor die veld, lief en sag,
> klink die lied van die engelekoor,
> eers deur herders, dan verder gehoor.
> Juig die Redder is daar!
> Juig die Redder is daar!
>
> Stille nag, heilige nag.
> Jesuskind, vriend'lik lag,
> liefde teer uit u god'like mond;
> tans daag heerlik die vrywordingstond:
> Heer, gebore vir ons!
> Heer, gebore vir ons!
>
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54660 is 'n antwoord op boodskap #54655] Ma, 17 Desember 2001 05:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ernest, wees so gaaf om by die onderwerp te bly - want jou op/aanmerking
beteken vir my dat Stille Nag vir jou nie oor die geboorte van Jesus gaan
nie?
Vertel ons dan watter liedere jy wel kersfees sing - aangesien jy blykbaar
nie Stille Nag sing nie.
Annette

Ernest Laing skryf in boodskap news:9vj2om$37u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lyk my die wereld het vergeet waaroor kersfees werlik is.
> Dat 'n GOD gebore is om vir ons almal se sonde te sterf so dat ons kan lewe.
> "@rogers.com" wrote in message
> news:CVIS7.952$4O.688@news1.bloor.is...
>> STILLE NAG
>>
>> Stille nag, heilige nag.
>> Alles rus, eensaam wag
>> slegs Maria, geseënde vrou,
>> by haar kindjie met Josef so trou;
>> Soete, hemelse rus!
>> Soete, hemelse rus!
>>
>> Stille nag, heilige nag.
>> Oor die veld, lief en sag,
>> klink die lied van die engelekoor,
>> eers deur herders, dan verder gehoor.
>> Juig die Redder is daar!
>> Juig die Redder is daar!
>>
>> Stille nag, heilige nag.
>> Jesuskind, vriend'lik lag,
>> liefde teer uit u god'like mond;
>> tans daag heerlik die vrywordingstond:
>> Heer, gebore vir ons!
>> Heer, gebore vir ons!
>>
>
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54683 is 'n antwoord op boodskap #54658] Ma, 17 Desember 2001 19:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
dankie Emmie vir die Nederlandse weergawes van dié kersfees lied :-)
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54711 is 'n antwoord op boodskap #54655] Di, 18 Desember 2001 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gottlieb  is tans af-lyn  Gottlieb
Boodskappe: 72
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Ernest Laing" skryf in boodskap news:...
> Lyk my die wereld het vergeet waaroor kersfees werlik is.
> Dat 'n GOD gebore is om vir ons almal se sonde te sterf so dat ons kan lewe.

Wat ek nog altyd nie kan begryp nie, is hoekom ons sy geboorte tydens
'n oud heidense fees hou? Om nie eens te praat van die feit dat
kersfees nie een keer in die bybel genoem word nie... so ek dink nie
die wereld het eintlik iets vergeet nie, hulle het meer onthou waar
kersfees eintlik vandaan kom...
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54758 is 'n antwoord op boodskap #54658] Wo, 19 Desember 2001 16:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
john westera  is tans af-lyn  john westera
Boodskappe: 2
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Sun, 16 Dec 2001 23:05:50 +0100, "Suzan"
vividly promulgated:

>
> "@rogers.com" schreef in bericht
> news:CVIS7.952$4O.688@news1.bloor.is...
>> STILLE NAG
>
> Nederlands Protestante Versie:
>
> Stille Nacht, Heilige Nacht.
> Davids Zoon, lang verwacht,
> die miljoenen eens zaligen zal
> werd geboren in Bethlehems stal.
> Hij, der schepselen Heer
> Hij, der schepselen Heer.
>
> Hulp'loos kind, heilig kind,
> dat zo trouw zondaars mint.
> Ook voor mij hebt G'Uw rijkdom ontzegt,
> werd G'in stro en in doeken gelegd.
> Leer m'U danken daarvoor
> Leer m'U danken daarvoor.
>
> Stille Nacht, Heilige Nacht,
> Heil en vree wordt gebracht,
> aan een wereld, verloren in schuld.
> Gods belofte wordt heerlijk vervuld.
> Amen! Gode zij eer
> Amen! Gode zij eer.
> ======================
> Nederlans Katholieke Versie
> Stille nacht, heilige nacht,
> Alles slaapt, sluimer zacht.
> Eenzaam waakt het hoogheilige paar,
> Lieflijk Kindje met goud in het haar,
> Sluimert in hemelse rust
> Sluimert in hemelse rust.
>
> Stille nacht, heilige nacht
> Zoon van God, liefde lacht
> Vriend'lijk om Uwe God'lijke mond,
> Nu ons slaat de reddende stond,
> Jezus van Uwe geboort',
> Jezus van Uwe geboort'.
>
> Stille nacht, heilige nacht,
> Herders zien 't eerst Uw pracht;
> Door der eng'len alleluja
> Galmt het luide van verre en na:
> Jezus de redder ligt daar,
> Jezus de redder ligt daar.
> ==========================
> Nederlands Maastrichts dialect:
> Stèlle nach, heilege nach
> 'n ingelekoer zingk hiel zach
> Bij 't Keend hawwe herders de wach
> 't Keens dat kaom in 'n winterse nach
> 't sliep in hiemelse rös
> 't sliep in hiemelse rös.
>
> grt emmy
> ==========================
>> Stille nag, heilige nag.
>> Alles rus, eensaam wag
>> slegs Maria, geseënde vrou,
>> by haar kindjie met Josef so trou;
>> Soete, hemelse rus!
>> Soete, hemelse rus!

>> Stille nag, heilige nag.
>> Oor die veld, lief en sag,
>> klink die lied van die engelekoor,
>> eers deur herders, dan verder gehoor.
>> Juig die Redder is daar!
>> Juig die Redder is daar!

>> Stille nag, heilige nag.
>> Jesuskind, vriend'lik lag,
>> liefde teer uit u god'like mond;
>> tans daag heerlik die vrywordingstond:
>> Heer, gebore vir ons!
>> Heer, gebore vir ons!

Stille nacht, Hillige nacht (FRISIAN / FRYSK)
TRANSLATED BY: Gerben Brouwer (1902-1982), as published in the
"Lieteboek foar de tsjerken", 1977.

Stille nacht, hillige nacht
kom yn glâns, kom mei macht;
nim oer de ieuwen yn dreamen ús mei,
doe't in Bern yn 'e earmoede lei
fan in skuldige wrâld,
fan in skuldige wrâld.

Stille nacht, hillige nacht,
Hoeders, hâld trou de wacht.
Sjoch de krębe, de doeken, it strie,
Sjoch ús Hear, dy't gjin herberge hie,
yn in skeamele stâl,
yn in skeamele stâl.

Stille nacht, hillige nacht,
hillich Bern, kom mei macht.
Ingels, sjong dan heech en hoar
oan ús hert de frede foar
fan de hillige nacht,
fan de hillige nacht.

Stille nacht, Hillige nacht (FRISIAN / FRYSK)
TRANSLATED BY: Fedde Schurer

Stille nacht, hillige nacht,
stjerreglâns, ingle wacht
't Bern dat mannichten silligje sil,
dreamt yn 't krebke en glimket sa stil,
ręst yn sillige slom
ręst yn sillige slom.

Helpleas Bern, Hillich Bern,
ek foar ús, fier ferlern,
kaam it del út Syn hearlike ryk,
waard it lyts en oan earmen allyk;
joech ús 't libben werom,
joech ús 't libben werom.

Stille nacht, Hillige nacht,
ierde heil, fred' en ljacht.
Bring, mei 't ing'le halleluja
tank en gloarje dy Kening ta:
sjong, ferlosten, Syn rom,
sjong, ferlosten, Syn rom!

Stille nacht, Hillige nacht (FRISIAN / FRYSK)
TRANSLATED BY: Douwe Kalma

Stille, nacht, hillige nacht,
Heech oer 't fjild, himelljacht,
't Bernke yn 'e krębbe,
it slommet sa swiet,
Glimkjend yn sliep ta it ingleliet;
Lyts en dochs wűnder fan kręft,
Slomje no bernke, sliep sęft.

Stille nacht, Hillige nacht,
D' ierde jout lúst'rjend acht,
Fier oer de loft giet it boadskip rűn,
God hat wer nocht oan de minsken fűn,
Frede is d' ierde biskern,
Frede oan ús fan dit bern.

Submitted by the: Frysk Letterkundich Museum - http://www.flmd.nl


Groeten

John
--
"Time is what prevents everything from happening at once"
- John Archibald Wheeler -

webshop software > frames > formulieren > kleuren > niwo-faq (mirror).
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54765 is 'n antwoord op boodskap #54758] Wo, 19 Desember 2001 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Stille nacht, Hillige nacht,
> D' ierde jout lúst'rjend acht,
> Fier oer de loft giet it boadskip rûn,
> God hat wer nocht oan de minsken fûn,
> Frede is d' ierde biskern,
> Frede oan ís fan dit bern.
> Groeten
>
> John

Ik had het Fries er niet bijgezet:-) omdat het voor een ZA niet
te begrijpen is het NL gaat nog net ...

grt emmy
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54780 is 'n antwoord op boodskap #54765] Wo, 19 Desember 2001 22:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
john westera  is tans af-lyn  john westera
Boodskappe: 2
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 19 Dec 2001 18:53:53 +0100, "emmy"
vividly promulgated:

>
>> Stille nacht, Hillige nacht,
>> D' ierde jout lúst'rjend acht,
>> Fier oer de loft giet it boadskip rûn,
>> God hat wer nocht oan de minsken fûn,
>> Frede is d' ierde biskern,
>> Frede oan ús fan dit bern.
>
> Ik had het Fries er niet bijgezet:-) omdat het voor een ZA niet
> te begrijpen is het NL gaat nog net ...
>
Ik zou de gemiddelde (?) ZA'er niet durven onderschatten :-)

Zo vreselijk moeilijk is het fries nu ook weer niet, de vertaling van
een paar woorden opzoeken moeten wij (NL'ers ?) meestal ook, als we,
of fries of afrikaans helemaal willen begrijpen.
En je hebt wat te doen tijdens de rustige dagen.

Prettige Kerst gewenst aan alle lezers.

Groeten

John
--
"Time is what prevents everything from happening at once"
- John Archibald Wheeler -

webshop software > frames > formulieren > kleuren > niwo-faq (mirror).
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54808 is 'n antwoord op boodskap #54711] Do, 20 Desember 2001 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Gottlieb" :
: Wat ek nog altyd nie kan begryp nie, is hoekom ons sy geboorte tydens 'n
oud heidense fees hou?
~~~~~~~~~~~~~
ook val versoeningsdag nou op geloftedag, sodoende word dié een op die
agtergrond geskuiwe en gaan dit in die vergetenheid. Dis 'n ou truuk. ;-)
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54845 is 'n antwoord op boodskap #54711] Sa, 22 Desember 2001 08:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Christo from South Af  is tans af-lyn  Christo from South Af
Boodskappe: 1
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ek't gewonder waar jy groot geword het, dat jy nie weet waarom Kersfees op
`n heidense fees gehou word nie?

In enige normale kerk word mense van kleins af geleer en ingelig dat
Kersfees NIE in die Bybel aangedui word, en dat daar geen opdrag om dit te
vier nie. Trouens, ons weet vir `n feit dat dit nie op 25 Desember is nie,
maar eerder erens in April (dis wanneer die skaapwagters met hul kuddes in
die veld aangetref sal word - en nie tydens die koue winternagte van
Desember nie).

Gelowige mense het oor die eeue maar net die behoefte ervaar om die geboorte
te vier van Jesus wat so `n groot rol in hul lewens gespeel het. Al het
hulle nie geweet wanneer hy gebore is nie, die feit het bly staan: hy is
gebore.

Toe die vroee Christendom die heidense wereld begin oorneem, het dit
doodgewoon gebeur dat antieke heidense plekke van aanbidding oorgeneem is;
die heidense afgodsvoorwerpe is verwyder en met kruise vervang. Heidense
tempels word dus Christelike kerke. Dieselfde het ook met talle heidense
gebruike gebeur, soos Kersfees. In die heidense wereld was 25 Desember altyd
gevier as die draaipunt van die winter en die terugkeer van die songod. Die
vroee Christene wat self vanuit die heidense wereld gekom het, het egter
egter diep onder die indruk gekom dat Jesus die ware Lig van die wereld was
(Johannes 1) en dat God die "Son van ons geregtigheid" is. In die Latyn wat
mense destyds gebruik het, was Kersfees tydens die fees van SOL ISTICE - wat
letterlik beteken "son-stilstand". Maar met die koms van die Christendom,
word die fees van SOL IUSTITIAE - "son van geregtigheid). In Latyn klink die
twee name byna-byna dieselfde!

Hulle het toe self begin om die ou heidense fees af te skaf en te vervang
met `n nuwe, Christelike inhoud. Toe gaan dit nie meer om die verering van
die songod nie, maar van die ware God.

O ja, ek sien jy merk (sinies?) op dat `n GOD gebore is... Twee dinge: (1)
dit gaan nie oor `n god, sommer enige god nie, maar oor God die Skepper.
(2) Dis nie God wat gebore is nie, maar Jesus, wat vanuit die Christelike
geloofsbelydenis as die Seun van God beskryf word - by gebrek aan ander
terme. Jesus is God wat "vlees" geword (geinkarneer het) om die gestalte van
`n mens aan te neem.

Vir my is hierdie aksie van God se kant af aangrypend! Dis soos `n groot
fabrieksbaas (multimiljoener!) wat besluit om self te gaan inspeksie hou wat
in sy fabriek op grondvlak aangaan. Hy trek `n "overall" aan, sit `n
plastiekhelm op sy kop, en beweeg tussen die werkers deur, terwyl hy alles
eerstehands beleef wat hulle elke dag moet deurgaan: die hitte, die geraas,
die die stank - alles.

Kersfees is dus `n antieke heidense fees wat deur die Christendom oorgeneem
is, om daarmee die oorwinning van Christus oor die heidendom uit te beeld.

"Gottlieb" skryf in boodskap news:ef555b03.0112180312.71891737@posting.google.com...
> "Ernest Laing" wrote in message news:...
>> Lyk my die wereld het vergeet waaroor kersfees werlik is.
>> Dat 'n GOD gebore is om vir ons almal se sonde te sterf so dat ons kan lewe.
>
> Wat ek nog altyd nie kan begryp nie, is hoekom ons sy geboorte tydens
> 'n oud heidense fees hou? Om nie eens te praat van die feit dat
> kersfees nie een keer in die bybel genoem word nie... so ek dink nie
> die wereld het eintlik iets vergeet nie, hulle het meer onthou waar
> kersfees eintlik vandaan kom...
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54851 is 'n antwoord op boodskap #54845] Sa, 22 Desember 2001 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Christo from South Africa"

> Toe die vroee Christendom die heidense wereld begin oorneem, het dit
> doodgewoon gebeur dat antieke heidense plekke van aanbidding oorgeneem is;
> die heidense afgodsvoorwerpe is verwyder en met kruise vervang. Heidense
> tempels word dus Christelike kerke. Dieselfde het ook met talle heidense
> gebruike gebeur, soos Kersfees.

Dat klopt!!
Om praktische reden overgenomen....
Door heidense gebruiken over te nemen kon je de
heidenen bekeren en zo kreeg je dat het christendom groeide en groeide..
tot de grootste en voor de westerse wereld belangrijke godsdienst...

Als je goed nadenkt een fenomeen...

Mijn ouders waren een gemengd huwelijk in 1930 zeer uitzonderlijk
( protestant en katholiek)
De protestanten hadden een kerstboom (geen kerststal )in huis met kaarsen
engelhaar en kerstsnoep.
De katholieken alleen een kerststal..een kerstboom was heidens...
Als kind hadden wij altijd een kerstboom in huis ....gelukkig wel omdat
ik ieder dag een chocolade kerstkransje eruit mocht snoepen ;-))

grt emmy
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54856 is 'n antwoord op boodskap #54851] Sa, 22 Desember 2001 12:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> Mijn ouders waren een gemengd huwelijk in 1930 zeer uitzonderlijk
> ( protestant en katholiek)
> De protestanten hadden een kerstboom (geen kerststal )in huis met kaarsen
> engelhaar en kerstsnoep.
> De katholieken alleen een kerststal..een kerstboom was heidens...
> Als kind hadden wij altijd een kerstboom in huis ....gelukkig wel omdat
> ik ieder dag een chocolade kerstkransje eruit mocht snoepen ;-))
>
> grt emmy

Snaaks, Emmy. Ek het as 'n katoliek grootgeword en ons het altyd 'n kersboom
'n 'n kersstalletjie in huis gehad.
Ek onthou nog as 'n kind in Kongo was kersnag altyd iets besonders. 'n Koor
van swartmense het by elke huis gekom en kersliedere gesing. Hulle het altyd
baie laat gekom, seker so rond middernag. Dan het my ma my sussie en my
altyd wakker gemaak. Ons het op die terras gestaan en na die mooi liedere
geluister. Hulle het a capella in twee of drie stemme gesing. Later, toe
ons ouder was, is ons ook na die middernagmis toe. Natuurlik was dit toe
baie warm, want in Kongo val die Kersseisoen midde-in die reënseisoen wat
ook die warm seisoen is.
Na die onafhanklikheid (1960) het ons die kore nie meer gesien nie. Baie
jammer ! Maar ek het 'n baie goeie herinnering daaraan bewaar.

Groete,
Hilda.
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54857 is 'n antwoord op boodskap #54856] Sa, 22 Desember 2001 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hilda en Gervaas wrote:

> Ek onthou nog as 'n kind in Kongo was kersnag altyd iets besonders. 'n Koor
> van swartmense het by elke huis gekom en kersliedere gesing. Hulle het altyd
> baie laat gekom, seker so rond middernag.

Ja, my mees intense herinnering van Kersnag in
die Noordkaap was ook die sing van kersliedere
deur 'n koor van "kleurlinge" tot diep in die
nag. Omdat die son daar in die weste van Suid-
Afrika teen Kersfees eers daar teen halfnege
ondergegaan het, moes hulle wag tot na twaalfuur
vir alles om goed donker te word. Meeste van
ons het dan ook buite geslaap op ons somersbeddens.
My ma het altyd 'n verskeidenheid van droë koekies
byderhand gehou en vir hulle gegee nadat hulle
gesing het, want daar was altyd 'n klomp kindertjies
ook by.

Gloudina
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54858 is 'n antwoord op boodskap #54845] Sa, 22 Desember 2001 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Christo from South Africa wrote:

> In enige normale kerk word mense van kleins af geleer en ingelig dat
> Kersfees NIE in die Bybel aangedui word, en dat daar geen opdrag om dit te
> vier nie. Trouens, ons weet vir `n feit dat dit nie op 25 Desember is nie,
> maar eerder erens in April (dis wanneer die skaapwagters met hul kuddes in
> die veld aangetref sal word - en nie tydens die koue winternagte van
> Desember nie).

> Toe die vroee Christendom die heidense wereld begin oorneem, het dit
> doodgewoon gebeur dat antieke heidense plekke van aanbidding oorgeneem is

As mens in die noordelike halfrond bly, soos ek
nou, dan begin "verstaan" 'n mens hoekom mense
dit noodsaaklik vind om "iets te doen" in die diepte
van die winter om aan te dui dat hulle "weet" dat
dit nou donker is, maar dat die lig aan die kom is.
Ek neem aan dat daar kulture in die noordelike
halfrond gewees het of nog is, wat nie geweet het
van die Christelike simbole nie, maar wat wel ook
'n fees van ligte gehad het. ( In Engeland het hulle
lank voor die Christendom gearriveer het, in sekere
heuwels en berge "notches" gemaak om uit te vind wanneer
die son "draai" - dus wanneer die winter solstice is -
sodat hulle kon weet wanneer die son weer begin "terugkom,"
wanneer die dae weer begin langer word. ( Die winter
solstice was gister, Vrydag.)
Dis een van die aangename kultuurskokke wat iemand
uit die suidelik halfrond ervaar wanneer hy gedurende
Desember in die noordelike halfrond is, veral in Noord-
Amerika. Weke voor Kersfees begin mense al liggies op
hulle huise en in hulle tuine sit en nou lyk veral
sekere voorstede soos feëlande met al die liggies. Dis
hoe die Noord-Amerikaners die donkerte verjaag, selfs
al is hulle nie praktiserende Christene nie.
In die afgelope tyd het dit egter onwettig geword
hier in Kanada om tipiese Christelike simbole op regerings-
ouderdom te vertoon. Dus geen Josef en Maria en 'n wiegie
voor 'n hospitaal nie.

Gelukkige Kersfees vir diégene wat
Christus se geboorte herdenk in die
middel van die winter. Gelukkige
wintersonstilstand vir die wat in
die noordelike halfrond bly in die
diepte van die winter. Gelukkige
somersonstilstand vir die joggies
in die suidelike halfrond. ( Julle
dae word nou korter, ha ha.)

Tant Hessie onder die mispel. Wie
is eerste in die tou om vir tante
'n ou soentjie te gee, 'n ou
kubersoentjie?
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54859 is 'n antwoord op boodskap #54858] Sa, 22 Desember 2001 14:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Tant Hessie onder die mispel. Wie
> is eerste in die tou om vir tante
> 'n ou soentjie te gee, 'n ou
> kubersoentjie?

Wel, ek kan ook al as 'n "bietjie ou" tannie deur die lewe gaan :-), dus sal
ek jou as eerste 'n kubersoentjie gee :-).
Hilda.
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54860 is 'n antwoord op boodskap #54858] Sa, 22 Desember 2001 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

@rogers.com wrote:

> Tant Hessie onder die mispel.

Nee, nie onder die "mispel" nie,
maar onder die mistel (volgens
die woordeboek.) 'n Ander woord
vir mistel is "voëlent." Dit is
wat ons dit in die Noordkaap
genoem het. Dit was orals op die
bome. (Glo so genoem omdat dit
versprei is in die ekskrement
van voëls?)
Ek dink nie ek het al ooit
voëlent in die natuur hier gesien
nie. Dit lyk vir my hulle gebruik
'n ander plant hier om mistletoe
te verteenwoordig, te oordeel aan
die plastiekgoed wat mens in die
winkels sien.

Gloudina
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54861 is 'n antwoord op boodskap #54858] Sa, 22 Desember 2001 15:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Dis een van die aangename kultuurskokke wat iemand
> uit die suidelik halfrond ervaar wanneer hy gedurende
> Desember in die noordelike halfrond is, veral in Noord-
> Amerika. Weke voor Kersfees begin mense al liggies op
> hulle huise en in hulle tuine sit en nou lyk veral
> sekere voorstede soos feëlande met al die liggies. Dis
> hoe die Noord-Amerikaners die donkerte verjaag, selfs
> al is hulle nie praktiserende Christene nie.

Ons het hierdie gebruik ook oorgeneem. Dit het my 'n naweek gekos om die
liggies te bevestig in die bome en op die dak van ons huis ....

> In die afgelope tyd het dit egter onwettig geword
> hier in Kanada om tipiese Christelike simbole op regerings-
> ouderdom te vertoon. Dus geen Josef en Maria en 'n wiegie
> voor 'n hospitaal nie.

Hier het ons so'n verbod (nog) nie. In Den Haag het ons selfs het 'n
'levende kerststal' in die stadhuis. Daar is 'n kameel, 'n esel, ses geite
en enkele figurante. Ek kan die stal sien vanuit my venster op die 8e
verdieping. Dis baie oulik en viral kinders geniet dit baie.

> Tant Hessie onder die mispel. Wie
> is eerste in die tou om vir tante
> 'n ou soentjie te gee, 'n ou
> kubersoentjie?

:-*
Arthur
Re: soentjie vir tanni ! [boodskap #54864 is 'n antwoord op boodskap #54858] Sa, 22 Desember 2001 16:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
DAAR IS HY, 'n kubersoentjie vir Tannie Gloudina:

UUUUUUUUUUUUUUUMMMM ---"S M A C K"
(lekker, nie waar nie ?)
Patrick
(nou aan die Kaap in die son! Tuis in Nederland sneeu! HA !)
Re: soentjie vir tanni ! [boodskap #54865 is 'n antwoord op boodskap #54864] Sa, 22 Desember 2001 16:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Patrick? Is jy hier? Regtig?
Wat van 'n kuiertjie?
Annette

L&P® skryf in boodskap news:ant221657313M3Mb@camerama.demon.nl...
>
> DAAR IS HY, 'n kubersoentjie vir Tannie Gloudina:
>
> UUUUUUUUUUUUUUUMMMM ---"S M A C K"
> (lekker, nie waar nie ?)
> Patrick
> (nou aan die Kaap in die son! Tuis in Nederland sneeu! HA !)
>
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54868 is 'n antwoord op boodskap #54858] Sa, 22 Desember 2001 18:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
>
> Tant Hessie onder die mispel. Wie
> is eerste in die tou om vir tante
> 'n ou soentjie te gee, 'n ou
> kubersoentjie?

Kaplaks! Ek is by Ta' Hessie, eks by.
Pompdonkie is altyd reg vir 'n lekker soen ;-)

Piet Smoochdonkie
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54869 is 'n antwoord op boodskap #54861] Sa, 22 Desember 2001 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Arthur Hagen wrote:


>> kubersoentjie?

>
> :-*
> Arthur

Ek hoop dis 'n kubersoen, en nie

'n neus-optrek nie.

Tant Hessie
Re: soentjie vir tanni ! [boodskap #54870 is 'n antwoord op boodskap #54864] Sa, 22 Desember 2001 18:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

L&P® wrote:

> DAAR IS HY, 'n kubersoentjie vir Tannie Gloudina:
>
> UUUUUUUUUUUUUUUMMMM ---"S M A C K"
> (lekker, nie waar nie ?)
> Patrick
> (nou aan die Kaap in die son! Tuis in Nederland sneeu! HA !)

Baie dankie. Dink aan my as jy in die
see swem.

Gloudina
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54871 is 'n antwoord op boodskap #54868] Sa, 22 Desember 2001 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Piet Pompdonkie wrote:

> Kaplaks! Ek is by Ta' Hessie, eks by.
> Pompdonkie is altyd reg vir 'n lekker soen ;-)
>
> Piet Smoochdonkie

Ooooooo, Piet Pompdonkie, ek het gedag

jy het van die toneel verdwyn. Ek het
gedag jy het gaan vakansie hou op
Donkiesbaai.
Asseblief, gee nou vir tant Hessie
die beste Kersfeespersent wat sy nog
ooit gehad het, en onthul jou identiteit
op hierdie nuusgroep op Kersfeesoggend.
Tot tyd en wyl jy dit doen, sal ek aanhou
aanneem dat jy maar al die tyd Thys de
Wet is. En as jy nou nie Thys de Wet is
nie, moet jy darem maar jou stem laat
hoor. Hie ho, hie ho.

Tant Hessie wat van donkies hou,
maar nie van esels nie.
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54872 is 'n antwoord op boodskap #54869] Sa, 22 Desember 2001 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Arthur Hagen wrote:
>
>>> kubersoentjie?
>>
>> :-*
>
> Ek hoop dis 'n kubersoen, en nie
> 'n neus-optrek nie.

Ja, dat is het emoticon voor 'n virtuele smakkerd!

Arthur
Re: Stille Nag, Heilige Nag [boodskap #54887 is 'n antwoord op boodskap #54808] So, 23 Desember 2001 06:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Andre  is tans af-lyn  Andre
Boodskappe: 10
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek't gewonder waar jy groot geword het, dat jy nie weet waarom Kersfees op
`n heidense fees gehou word nie?

In enige normale kerk word mense van kleins af geleer en ingelig dat
Kersfees NIE in die Bybel aangedui word, en dat daar geen opdrag om dit te
vier nie. Trouens, ons weet vir `n feit dat dit nie op 25 Desember is nie,
maar eerder erens in April (dis wanneer die skaapwagters met hul kuddes in
die veld aangetref sal word - en nie tydens die koue winternagte van
Desember nie).

Gelowige mense het oor die eeue maar net die behoefte ervaar om die geboorte
te vier van Jesus wat so `n groot rol in hul lewens gespeel het. Al het
hulle nie geweet wanneer hy gebore is nie, die feit het bly staan: hy is
gebore.

Toe die vroee Christendom die heidense wereld begin oorneem, het dit
doodgewoon gebeur dat antieke heidense plekke van aanbidding oorgeneem is;
die heidense afgodsvoorwerpe is verwyder en met kruise vervang. Heidense
tempels word dus Christelike kerke. Dieselfde het ook met talle heidense
gebruike gebeur, soos Kersfees. In die heidense wereld was 25 Desember altyd
gevier as die draaipunt van die winter en die terugkeer van die songod. Die
vroee Christene wat self vanuit die heidense wereld gekom het, het egter
egter diep onder die indruk gekom dat Jesus die ware Lig van die wereld was
(Johannes 1) en dat God die "Son van ons geregtigheid" is. In die Latyn wat
mense destyds gebruik het, was Kersfees tydens die fees van SOL ISTICE - wat
letterlik beteken "son-stilstand". Maar met die koms van die Christendom,
word die fees van SOL IUSTITIAE - "son van geregtigheid). In Latyn klink die
twee name byna-byna dieselfde!

Hulle het toe self begin om die ou heidense fees af te skaf en te vervang
met `n nuwe, Christelike inhoud. Toe gaan dit nie meer om die verering van
die songod nie, maar van die ware God.

O ja, ek sien jy merk (sinies?) op dat `n GOD gebore is... Twee dinge: (1)
dit gaan nie oor `n god, sommer enige god nie, maar oor God die Skepper.
(2) Dis nie God wat gebore is nie, maar Jesus, wat vanuit die Christelike
geloofsbelydenis as die Seun van God beskryf word - by gebrek aan ander
terme. Jesus is God wat "vlees" geword (geinkarneer het) om die gestalte van
`n mens aan te neem.

Vir my is hierdie aksie van God se kant af aangrypend! Dis soos `n groot
fabrieksbaas (multimiljoener!) wat besluit om self te gaan inspeksie hou wat
in sy fabriek op grondvlak aangaan. Hy trek `n "overall" aan, sit `n
plastiekhelm op sy kop, en beweeg tussen die werkers deur, terwyl hy alles
eerstehands beleef wat hulle elke dag moet deurgaan: die hitte, die geraas,
die die stank - alles.

Kersfees is dus `n antieke heidense fees wat deur die Christendom oorgeneem
is, om daarmee die oorwinning van Christus oor die heidendom uit te beeld.
Pompdonkie se Identiteit [boodskap #54944 is 'n antwoord op boodskap #54871] Di, 25 Desember 2001 10:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C24DCCD.6010708@rogers.com...

> Asseblief, gee nou vir tant Hessie
> die beste Kersfeespersent wat sy nog
> ooit gehad het, en onthul jou identiteit
> op hierdie nuusgroep op Kersfeesoggend.
>
> Tant Hessie wat van donkies hou,
> maar nie van esels nie.

Ek doen dit graag, Ta Hessie:

Ek is die pompdonkie
'n Oulike klonkie
Dit is my identiteit
Ek verkondig dit wyd

Piet J Pompdonkie
Is die naam van dié klonkie
Wat wil jy meer weet
Van my donkie-gevreet?

Al het ek 'n brein
Wat in my versies verskyn
'n Donkie met pomp
Wat rym vir jul klomp

Aanvaar my, ag toe
Ek is sommer net soe
Ek is wat ek is
'n Donkie gewis

Geseënde Kersfees vir jou
Ook vir jou en vir jou
Ja, kap dit sommer flou
Ek bly julle donkie getrou :-)

Lekker Krismis Ta Hessie!!!
Ek steek 'n kersie vir jou aan..
Piet Kersdonkie
Re: Pompdonkie se Identiteit [boodskap #54947 is 'n antwoord op boodskap #54944] Di, 25 Desember 2001 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Piet Pompdonkie wrote:

> Lekker Krismis Ta Hessie!!!
> Ek steek 'n kersie vir jou aan..
> Piet Kersdonkie

Vir jou en jou familie ook, Thys.

Tant Hessie onder die mistel, oftewel
voëlent.
Re: Pompdonkie se Identiteit [boodskap #54958 is 'n antwoord op boodskap #54947] Wo, 26 Desember 2001 15:04 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kry vir jou Piet ....
skryf in boodskap news:3C288346.9010904@rogers.com...
>
> Piet Pompdonkie wrote:
>
>
>> Lekker Krismis Ta Hessie!!!
>> Ek steek 'n kersie vir jou aan..
>> Piet Kersdonkie
>
>
> Vir jou en jou familie ook, Thys.
>
> Tant Hessie onder die mistel, oftewel
> voëlent.
>
Vorige onderwerp: musiek
Volgende onderwerp: Tar and Cement
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 08:54:00 MGT 2024