Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Ingrid Jonker - Lied van die lappop.
Ingrid Jonker - Lied van die lappop. [boodskap #53478] Vr, 16 November 2001 07:41
Tinkerbell  is tans af-lyn  Tinkerbell
Boodskappe: 80
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Volle Lid
INGRID JONKER

uit Versamelde Werke (Perskor 1975)

ONTVLUGTING (1956)
vir Abr. H. Jonker

LIED VAN DIE LAPPOP

Ek is die lappop wat nie praat
en maak net op jou liefde staat

Saans lê ek blind en stil en doof
en lig nie meer my semel-hoof

My hande roer nie en my lyf
word met jou weggaan koud en styf

Sonder jou hulp kan ek nie loop:
jy het my sommerso gekoop

en sal my nog een Guy Fawkes-nag
goedmoeds verbrand en daaroor lag.

Ek is die lappop sonder gees
My pyn jou luid gevierde fees.
Vorige onderwerp: "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: " Reënerige oggend in Pennington " deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 17:07:16 MGT 2024