Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Nog 'n Grappie
Nog 'n Grappie [boodskap #50716] Di, 25 September 2001 12:49 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Koos en sy vrou het so baie kinders dat hulle nie 'n motor kan bekostig nie.
Nou moet hulle elke dag busry.
Eendag staan hulle vir die bus en wag, en by hulle stan 'n ou wit omie met
'n kierie. Die omie is so oud hy beeeeewe behoorlik. Met die bewerasie
tik-tik-tik die kierietjie op die sypaadjie - en dit irriteer Koos vreeslik.
Einde ten laaste kom die bus aan, maar nadat Mev. Koos en die 12 kindertjies
opgeklim het, is daar nie meer plek in die bus vir Koos en die ou omie nie.
Nou moet hulle vir die volgende bus wag.
Hoe langer hulle wag, hoe meer bewe die omie, en hoe meer tik dit ou
kierietjie, en hoe vieser raak Koos.
"Oom," sê hy, "net hier op die hoek is 'n supermark wat omtrent enigiets
verkoop. Wil Oom nie 'n rubbertjie gaan koop en dit onder die kierie sit
nie? Dan tik-tik dit nie so op die sypaadjie nie"
Die Omie gee Koos 'n vuil kyk. "Jong man, as jy 'n rubbertjie op jou
kierietjie gesit het, dan het ons nie nou nodig gehad om vir die bus te wag
nie."

.
Re: Nog 'n Grappie [boodskap #50751 is 'n antwoord op boodskap #50716] Wo, 26 September 2001 04:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die daaglikse nuus het agtergebly - sedert die 11de is ons nuus en julle s'n
dieselfde:))
Elk geval - praat van die duiwel - net gister wonder ek hoekom dit in Zim so
stil is, toe is daar weer nuus uit daardie oord - maar ek het dit nie so
goed gehoor nie - sal later vertel of Bob skielik soet geword het :))
Hier gaan dit lekker jong - die grootmenere het besluit Butch James is 'n
stoute speler en is vir 'n rukkie geskors - en Kaplan en Henning was stoute
skeidsregters, en vir hulle straf kon hulle nie verlede week in die
Curriebekerwedstryde blaas nie.
Vrystaat!! speel nog in die super 8, en ek gee nie veel om vir die ander
nie:)) Groot nuus hier in die kaap dat Persie darem toe weer 'n drie kon
druk verlede Saterdag.
Nog nuus - Tertius Bosch was toe nie vergiftig met kwik nie - nou toets
hulle glo vir ander gifstowwe.
Laat ek net eers die sjokoladefees agter die rug kry - dan sal ek genoeg
energie hê om nuus en selfs nie-nuus uit te snuffel en vir julle te laat
weet:))
Annette

> Ai, dis lekker om in te loer en vir 'n verandering lekker te lag! Gaan so
> voort - en wat het van die daaglikse nuus geword?
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:9oq0ia$enc7a$4@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Koos en sy vrou het so baie kinders dat hulle nie 'n motor kan bekostig
> nie.
>> Nou moet hulle elke dag busry.
>> Eendag staan hulle vir die bus en wag, en by hulle stan 'n ou wit omie met
>> 'n kierie. Die omie is so oud hy beeeeewe behoorlik. Met die bewerasie
>> tik-tik-tik die kierietjie op die sypaadjie - en dit irriteer Koos
> vreeslik.
>> Einde ten laaste kom die bus aan, maar nadat Mev. Koos en die 12
> kindertjies
>> opgeklim het, is daar nie meer plek in die bus vir Koos en die ou omie
> nie.
>> Nou moet hulle vir die volgende bus wag.
>> Hoe langer hulle wag, hoe meer bewe die omie, en hoe meer tik dit ou
>> kierietjie, en hoe vieser raak Koos.
>> "Oom," sê hy, "net hier op die hoek is 'n supermark wat omtrent enigiets
>> verkoop. Wil Oom nie 'n rubbertjie gaan koop en dit onder die kierie sit
>> nie? Dan tik-tik dit nie so op die sypaadjie nie"
>> Die Omie gee Koos 'n vuil kyk. "Jong man, as jy 'n rubbertjie op jou
>> kierietjie gesit het, dan het ons nie nou nodig gehad om vir die bus te
> wag
>> nie."
>>
>>
>> .
>>
>
Re: Nog 'n Grappie [boodskap #50761 is 'n antwoord op boodskap #50751] Wo, 26 September 2001 08:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Het hulle hom nou probeer 'vir kwik' ?

Moet tog nie grappies oor kierietjies en skepe maak nie. Sies dis
seksisties... Sal julle by Groot Broer gaan verkla...

Thys wat nie kaaps mag praat nie...

"Annette" skryf in boodskap news:9orkqb$e7rkc$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nog nuus - Tertius Bosch was toe nie vergiftig met kwik nie - nou toets
> hulle glo vir ander gifstowwe.
Re: Nog 'n Grappie [boodskap #50792 is 'n antwoord op boodskap #50716] Wo, 26 September 2001 15:33 Na vorige boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ai, dis lekker om in te loer en vir 'n verandering lekker te lag! Gaan so
voort - en wat het van die daaglikse nuus geword?

"Annette" skryf in boodskap news:9oq0ia$enc7a$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Koos en sy vrou het so baie kinders dat hulle nie 'n motor kan bekostig nie.
> Nou moet hulle elke dag busry.
> Eendag staan hulle vir die bus en wag, en by hulle stan 'n ou wit omie met
> 'n kierie. Die omie is so oud hy beeeeewe behoorlik. Met die bewerasie
> tik-tik-tik die kierietjie op die sypaadjie - en dit irriteer Koos vreeslik.
> Einde ten laaste kom die bus aan, maar nadat Mev. Koos en die 12 kindertjies
> opgeklim het, is daar nie meer plek in die bus vir Koos en die ou omie nie.
> Nou moet hulle vir die volgende bus wag.
> Hoe langer hulle wag, hoe meer bewe die omie, en hoe meer tik dit ou
> kierietjie, en hoe vieser raak Koos.
> "Oom," sê hy, "net hier op die hoek is 'n supermark wat omtrent enigiets
> verkoop. Wil Oom nie 'n rubbertjie gaan koop en dit onder die kierie sit
> nie? Dan tik-tik dit nie so op die sypaadjie nie"
> Die Omie gee Koos 'n vuil kyk. "Jong man, as jy 'n rubbertjie op jou
> kierietjie gesit het, dan het ons nie nou nodig gehad om vir die bus te wag
> nie."
>
>
> .
>
Vorige onderwerp: Grappie #4
Volgende onderwerp: Grappie #1
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:56:56 MGT 2024