Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Grappie #5
Grappie #5 [boodskap #50686] Di, 25 September 2001 04:40 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ferdinand en Daaina is al oud en bitter lank getroud.
Hulle besluit op 'n dag om grafstene vir mekaar te laat maak.
Op 'n dag gaan soek die ou tannie iets in die pakkamer, en daar kom sy af op
die grafsteen met die verdoemende woorde Daaina - Yskoud soos Altyd. Sy is
woedend en besluit net daar om sy grafskrif te laat verander.
Twee weke later gaan die omie skielik dood, en hy word te ruste gelê onder
die steen wat sê:
Ferdinand - Uiteindelik Stokstyf.

Mind.
Re: Grappie #5 [boodskap #50700 is 'n antwoord op boodskap #50686] Di, 25 September 2001 07:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Annette! Ek het geskater van al vyf jou grappies!!! Meer!?
_________________________________________________________
"Annette"
> Ferdinand en Daaina is al oud en bitter lank getroud.
> Hulle besluit op 'n dag om grafstene vir mekaar te laat maak.
> Op 'n dag gaan soek die ou tannie iets in die pakkamer, en daar kom sy af op
> die grafsteen met die verdoemende woorde Daaina - Yskoud soos Altyd. Sy is
> woedend en besluit net daar om sy grafskrif te laat verander.
> Twee weke later gaan die omie skielik dood, en hy word te ruste gelê onder
> die steen wat sê:
> Ferdinand - Uiteindelik Stokstyf.
>
> Mind.
>
Re: Grappie #5 [boodskap #50709 is 'n antwoord op boodskap #50700] Di, 25 September 2001 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sheez Max!! 'n Grappie is mos nes 'n soen en kondensmelk - hoer meer mens
kry, hoe meer wil jy hê:))
Ek sal weer later 'n paar pos - wees net geduldig.
Annette

--
> Dankie Annette! Ek het geskater van al vyf jou grappies!!! Meer!?
> _________________________________________________________
> "Annette"
>> Ferdinand en Daaina is al oud en bitter lank getroud.
>> Hulle besluit op 'n dag om grafstene vir mekaar te laat maak.
>> Op 'n dag gaan soek die ou tannie iets in die pakkamer, en daar kom sy af op
>> die grafsteen met die verdoemende woorde Daaina - Yskoud soos Altyd. Sy is
>> woedend en besluit net daar om sy grafskrif te laat verander.
>> Twee weke later gaan die omie skielik dood, en hy word te ruste gelê onder
>> die steen wat sê:
>> Ferdinand - Uiteindelik Stokstyf.
>>
>> Mind.
>>
>
Grappie #6 [boodskap #50723 is 'n antwoord op boodskap #50709] Di, 25 September 2001 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
So van die dokke gepraat:

Een van die hawelike-vroulike-kompatriotte tel ook 'n 'verskilletjie' op met
een van haar aanboord "kliënte".
Natuurlik word beskuldigings oor-en-weer geslinger sodat van Hunks teen die
berg ore toedruk soos dit "weergalm".

Van al die gedruis loer die kaptein van die vaartuig by sy patryspoort uit
en voeg sy stem by die argument.
Seeman soos wat hy waardig is deur sy taalgebruik, is erg onthuts oor die
lawaai hier so by sy kajuit so vroeg in die oggend.

Laat loop die 'dame' hier van onder af:
"Hei djy merrie ship ommie nek: Sjarrap! Wie't miskien djou opinion gevra?"

"n ander een:

Die omie (seker een van G in K s'n) en een van sy plaasmense tel woorde op.
Omie seg vir Jakoos dat hy wat Jakoos is darem al te erg lelik staan praat
so op die werf.
"Maar baasgoed is darem nou self ok nie al te stemmig met die mond saam nie"
"Nou maar as jy dan so dink tata, dan moet ons maar kompetisie hou oor wie
saam dan nou tog die lelikste kan vloek?" stel omie voor
So gesê, en daar trek die twee los:

"Jy's 'n bliksem-duiwel-hoenderhok-verneuker"
"En jy: Jy sommer 'n hondehok-werfetter-dakspyker-moerder"
En so gaan die twee aan
Jakoos sê later: "Hoo nou wat baasgoed. Jy wen, want van 'n
windpomp-draai-donder-duiwel-moersel-bliksem-wetter het ek nou nog nie
gehoor nie"

Thys oppie Bos
Re: Grappie #6 [boodskap #50729 is 'n antwoord op boodskap #50723] Di, 25 September 2001 17:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Een van die hawelike-vroulike-kompatriotte
>
> Laat loop die 'dame' hier van onder af:
> "Hei djy merrie ship ommie nek:

> en van sy plaasmense .
> Omie seg vir Jakoos
> "Maar baasgoed

So niks het nog verander in die elitiese breine
van die wit Bolanders nie, nè?
Die hoere by die dokke is almal "kleurlinge,"
nè? Om een van hulle as wit aan te dui in 'n grap sal
die hele ou kultuur-spulletjie in duie laat stort, nie
waar nie? Net soos " die plaasmense" nog maar
altyd "baasgoed" sê in die volksmond wanneer die
volksmond sy ou grappies vertel?

Tant Hessie van die Derde Republiek se
kultuurafdeling.
Re: Grappie #6 [boodskap #50736 is 'n antwoord op boodskap #50723] Di, 25 September 2001 21:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht news:3BB0B9A6.AE0FDF7E@home.com...
Thys de Wet wrote:

> Een van die hawelike-vroulike-kompatriotte
>
> Laat loop die 'dame' hier van onder af:
> "Hei djy merrie ship ommie nek:

> en van sy plaasmense .
> Omie seg vir Jakoos
> "Maar baasgoed

So niks het nog verander in die elitiese breine
van die wit Bolanders nie, nê?
Die hoere by die dokke is almal "kleurlinge,"
nè? Om een van hulle as wit aan te dui in 'n grap sal
die hele ou kultuur-spulletjie in duie laat stort, nie
waar nie? Net soos " die plaasmense" nog maar
altyd "baasgoed" sê in die volksmond wanneer die
volksmond sy ou grappies vertel?

Tant Hessie van die Derde Republiek se
kultuurafdeling.

PFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFF FFFFFFFFFFFFFFFFF
Altyd weer dieselfde antwoord.

Gr.Rico
Re: Grappie #6 [boodskap #50740 is 'n antwoord op boodskap #50723] Di, 25 September 2001 23:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
So niks het nog verander in die elitiese breine
van die wit Bolanders nie, nè?
Die hoere by die dokke is almal "kleurlinge,"
nè? Om een van hulle as wit aan te dui in 'n grap sal
die hele ou kultuur-spulletjie in duie laat stort, nie
waar nie?

Wouter
Sjeez Gloudina, moet jy nou alle grappe oor kleurlingtaal verdoem? Dit gaan
oor die taal, nie oor die kleur van die hoer nie, get it? Hier in die Kaap
maak wit en bruin lustig grappe oor die Kaapse dialek, dit is 'n gegewe en
nie 'n sensitiewe area nie, die betrokke grap is al oor geselsradio
uitgesaai. Of die omroeper wit of bruin was kan ek nie onthou nie, dit maak
nie verskil nie. Maar 'n mens het 'n sin vir humor nodig om dit te waardeer,
hoekom praat ek nog met jou daaroor?

'n Grappie oor 'n depressiewe antie met 'n hangpram is goed, maar die Kaapse
dialek is taboe? Get a life, Gloudina, get a life.

O ja, dis alweer laat in die nag, maar niks pla my nie, hoor. Ek raak jou
onsin gewoond.....
Re: Grappie #6 [boodskap #50742 is 'n antwoord op boodskap #50723] Wo, 26 September 2001 00:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Sjeez Gloudina, moet jy nou alle grappe oor kleurlingtaal verdoem? Dit gaan
> oor die taal, nie oor die kleur van die hoer nie, get it?
>
> 'n Grappie oor 'n depressiewe antie met 'n hangpram is goed, maar die Kaapse
> dialek is taboe?

Luister, ou Wouter, moenie probeer om draaie ommy te hardloop nie. Ek kyk jou in
die oë en ek sê
vir jou dat solank jy die "kleurling-kultuur" in die
Boland op jou ou wit omie manier tipeer, solank
bly jy 'n skandvlek op die naam van die Afrikaner.
Te lank het 'n hele klomp Afrikaners hulle monde
gehou en nie beswaar gemaak teen hierdie ou
"grappies" nie. Wonder jy hoekom ons nie sommige
van jou bruin broers en susters op hierdie nuusgroep
sien nie? Dis omdat hierdie ou soort "grappies" soos
klokslag uit die monde van baie van die Afrikaners
se bydraes kwyl. Daar was vir 'n ruk iemand op
hierdie nuusgroep wat 'n bruin Suid-Afrikaner was
maar nou 'n professor by 'n Universiteit in Chicago.
Hoekom is hy nie meer hier nie? Ek dink jy ken
die antwoord.
En die "grappie" van die tannie met die hang-
pramme. Dink JY dit is OK? Ek dink nie dis OK
nie. Ek dink dit is seksisties. As jy nou vir my 'n
soortegelyke grap vertel oor 'n ou omie met hang-
ballas, dan sal ek dink dis ook seksisties. Hoekom
hoor mens nie grappies oor ou ooms met hangballas
nie, hè, Wouter Plaasvark. Vertel dit vir my.

Gloudina
Re: Grappie #6 [boodskap #50758 is 'n antwoord op boodskap #50723] Wo, 26 September 2001 08:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hêtou petytou! Hoe spoe sy nou gif!

En dit oor die Kleurling kultuur! Ag kom tog nou Gloudina: Ons praat nog
altyd van 'n boer pampoen.
Of wil jy dit ook nou laat verander in 'n 'eurosentriese grondbewerker'
pampoen?
Dan sal ons maar praat van 'n 'inheems nie-eurosentriese' vis vir 'n
Hottentot vis?
Maar dan miskien is jou knormoer dalk defek, en sal 'n hoog gekwalifiseerde
meganiese tegnikus die nodige herstelwerk moet verrig.

Thys oppie Bos waar ons praat soes ons wil. (bolands, nie ondervelds nie)
'It maakie saakie
oor hoe djy praatie
'ie gammat oppie straat
sit ok hier en tjek
wie kom veby
lat hy ka hys toe ry
oor sedoos soe waai
oorrie flats vedaan
maak mens skoon gedaan
die gestry
oor wie's nou bruin
en wie's nie
he hoer's he hoer
en he boer bly boer
in kanada of innie kaap
jy kan dit praat
net soos jy smaak

skryf in boodskap news:3BB11D5D.F5852C5B@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:

> Sjeez Gloudina, moet jy nou alle grappe oor kleurlingtaal verdoem? Dit gaan
> oor die taal, nie oor die kleur van die hoer nie, get it?
>
> 'n Grappie oor 'n depressiewe antie met 'n hangpram is goed, maar die Kaapse
> dialek is taboe?

Luister, ou Wouter, moenie probeer om draaie ommy te hardloop nie. Ek kyk jou in
die oë en ek sê
vir jou dat solank jy die "kleurling-kultuur" in die
Boland op jou ou wit omie manier tipeer, solank
bly jy 'n skandvlek op die naam van die Afrikaner.
Te lank het 'n hele klomp Afrikaners hulle monde
gehou en nie beswaar gemaak teen hierdie ou
"grappies" nie. Wonder jy hoekom ons nie sommige
van jou bruin broers en susters op hierdie nuusgroep
sien nie? Dis omdat hierdie ou soort "grappies" soos
klokslag uit die monde van baie van die Afrikaners
se bydraes kwyl. Daar was vir 'n ruk iemand op
hierdie nuusgroep wat 'n bruin Suid-Afrikaner was
maar nou 'n professor by 'n Universiteit in Chicago.
Hoekom is hy nie meer hier nie? Ek dink jy ken
die antwoord.
En die "grappie" van die tannie met die hang-
pramme. Dink JY dit is OK? Ek dink nie dis OK
nie. Ek dink dit is seksisties. As jy nou vir my 'n
soortegelyke grap vertel oor 'n ou omie met hang-
ballas, dan sal ek dink dis ook seksisties. Hoekom
hoor mens nie grappies oor ou ooms met hangballas
nie, hê, Wouter Plaasvark. Vertel dit vir my.

Gloudina
Re: Grappie #6 [boodskap #50759 is 'n antwoord op boodskap #50723] Wo, 26 September 2001 08:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee maar dit lyk my die hoge kanadese burgers wat so graag afrikaans wil
besig, is besig om die verlede met die hede te verwar!

Dit is so Gloudina dat baie van die sekswerkers in die dokke nie bleek velle
het nie, en dat hulle kaaps praat.

En as jy die moeite wil doen om die Kaap te kom besoek dan sal jy vind dat
ons wel hier in RAS (nie spelfout nie) en vrede met mekaar saamleef. Die
taal wat ons praat bly nog steeds die taal wat ons praat, en al wil jy nou
ook die apiestuipe en wat nog als daaroor kry, JY sit BUITE die dampkring
van die taal wat ons praat, en dis waaroor jy tog SO jaloers is!!
Die WAT se 75e bestaansjaar word Vrydagaand hier gevier, en ek sal daar
wees. Saam met ons Rheoboth Griekwa, Nama en Kaapse Vlakte Afrikaans
praters. En ek is uitgenooi... Deur Dirk van Schalkwyk self.

En die maniere hoe mense op die plase gepraat het en nog steeds praat kan
nie ek of jy verander nie. Dis deel van ons Suid-Afrikaanse
kultuurgeskiedenis. Aanvaar dit of los dit. En gaan maar aan waaroor jy
nou ookal wil.
Dit staan jou natuurlik vry om vir al die Bolandse plaaswerkers te kom
lesgee in die suiwer uitspraak en gebruik van Afrikaans.
Ek sal bly pos in Kaapse Afrikaans, en wat jy nou ookal daaroor sê skeel my
'n bloue duit.

Thys wattie taal praat soes hy wil hie' oppie Bos
skryf in boodskap news:3BB0B9A6.AE0FDF7E@home.com...
Thys de Wet wrote:

> Een van die hawelike-vroulike-kompatriotte
>
> Laat loop die 'dame' hier van onder af:
> "Hei djy merrie ship ommie nek:

> en van sy plaasmense .
> Omie seg vir Jakoos
> "Maar baasgoed

So niks het nog verander in die elitiese breine
van die wit Bolanders nie, nè?
Die hoere by die dokke is almal "kleurlinge,"
nè? Om een van hulle as wit aan te dui in 'n grap sal
die hele ou kultuur-spulletjie in duie laat stort, nie
waar nie? Net soos " die plaasmense" nog maar
altyd "baasgoed" sê in die volksmond wanneer die
volksmond sy ou grappies vertel?

Tant Hessie van die Derde Republiek se
kultuurafdeling.
Re: Grappie #6 [boodskap #50771 is 'n antwoord op boodskap #50723] Wo, 26 September 2001 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:
> he hoer's he hoer
> en he boer bly boer
> in kanada of innie kaap
>
>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Sjeez Gloudina, moet jy nou alle grappe oor kleurlingtaal verdoem? Dit gaan
>> oor die taal, nie oor die kleur van die hoer nie, get it?

Nee-wat, ou Thysie, jy weet PRESIES waarvan ek praat. Solank
hoere in die Kaapse dokke in die grappe en dus in die bewussyn
van die wit Bolanders (merk jy op die grappe word meestal vertel
deur wit mans?) altyd deur hulle spraak aangedui word as
"Kleurlinge, " solank is daar iets korrup in die bewussyne van
wit (meestal manlike) blanke Bolanders. Dieselfde met die
grappies oor die plaaswerkers. Dis 'n subtiele gehoer met die
maatskappy en die taal, en as jy jou daaraan skuldig maak, is
jou hande vuil. Net soos mense hier in Ottawa na moskees gaan
om hulle solidariteit te wys met Moslems wat geteiken word
deur elemente wat hulle wil blameer vir dit wat op 11 September
in NY gebeur het, so doen ek 'n beroep op jou om op te hou om
hierdie duidelik neerbuigende grappe oor die mense in jou
maatskappy te vertel. Of anders dit nie op hierdie nuusgroep te
doen nie. Wie weet watter bruin Afrikaners lees hierdie nuusgroep
soms, en besluit in disgust dat hierdie forum nie vir hulle is nie,
omdat al wat hulle lees, hierdie gammatjie-grappe is.

Gloudina
Re: Grappie #6 [boodskap #50824 is 'n antwoord op boodskap #50758] Wo, 26 September 2001 23:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet sê Thyssie, ek vind tog die stelling "baasgoed" offensive.
Toe ek onlangs nou in die Kaap gekuier het, het ek ge-cringe elke
keer as die blommeverkopers langes die OK Bazaars vir my "nooi"
sê. Dit is net so uit. Ek verkies dan eerder "madam" (merrem) of
mevrou.

Pop

Thys de Wet skryf in boodskap news:9os3dt$1oor$1@news.adamastor.ac.za...
> Hêtou petytou! Hoe spoe sy nou gif!
>
> En dit oor die Kleurling kultuur! Ag kom tog nou Gloudina: Ons praat nog
> altyd van 'n boer pampoen.
> Of wil jy dit ook nou laat verander in 'n 'eurosentriese grondbewerker'
> pampoen?
> Dan sal ons maar praat van 'n 'inheems nie-eurosentriese' vis vir 'n
> Hottentot vis?
> Maar dan miskien is jou knormoer dalk defek, en sal 'n hoog gekwalifiseerde
> meganiese tegnikus die nodige herstelwerk moet verrig.
>
> Thys oppie Bos waar ons praat soes ons wil. (bolands, nie ondervelds nie)
> 'It maakie saakie
> oor hoe djy praatie
> 'ie gammat oppie straat
> sit ok hier en tjek
> wie kom veby
> lat hy ka hys toe ry
> oor sedoos soe waai
> oorrie flats vedaan
> maak mens skoon gedaan
> die gestry
> oor wie's nou bruin
> en wie's nie
> he hoer's he hoer
> en he boer bly boer
> in kanada of innie kaap
> jy kan dit praat
> net soos jy smaak
>
> skryf in boodskap news:3BB11D5D.F5852C5B@home.com...
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Sjeez Gloudina, moet jy nou alle grappe oor kleurlingtaal verdoem? Dit gaan
>> oor die taal, nie oor die kleur van die hoer nie, get it?
>>
>> 'n Grappie oor 'n depressiewe antie met 'n hangpram is goed, maar die Kaapse
>> dialek is taboe?
>
> Luister, ou Wouter, moenie probeer om draaie ommy te hardloop nie. Ek kyk
> jou in
> die oë en ek sê
> vir jou dat solank jy die "kleurling-kultuur" in die
> Boland op jou ou wit omie manier tipeer, solank
> bly jy 'n skandvlek op die naam van die Afrikaner.
> Te lank het 'n hele klomp Afrikaners hulle monde
> gehou en nie beswaar gemaak teen hierdie ou
> "grappies" nie. Wonder jy hoekom ons nie sommige
> van jou bruin broers en susters op hierdie nuusgroep
> sien nie? Dis omdat hierdie ou soort "grappies" soos
> klokslag uit die monde van baie van die Afrikaners
> se bydraes kwyl. Daar was vir 'n ruk iemand op
> hierdie nuusgroep wat 'n bruin Suid-Afrikaner was
> maar nou 'n professor by 'n Universiteit in Chicago.
> Hoekom is hy nie meer hier nie? Ek dink jy ken
> die antwoord.
> En die "grappie" van die tannie met die hang-
> pramme. Dink JY dit is OK? Ek dink nie dis OK
> nie. Ek dink dit is seksisties. As jy nou vir my 'n
> soortegelyke grap vertel oor 'n ou omie met hang-
> ballas, dan sal ek dink dis ook seksisties. Hoekom
> hoor mens nie grappies oor ou ooms met hangballas
> nie, hè, Wouter Plaasvark. Vertel dit vir my.
>
> Gloudina
>
Re: Grappie #6 [boodskap #50832 is 'n antwoord op boodskap #50824] Do, 27 September 2001 06:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Pop, dis hulle manier van respek en gemoedelikheid.
Sou jy hulle gevra het om jou as Merrem of Mevrou aan te spreek, sou jy
heelwaarskynlik 'n paar grappe oor opstersgeit gehoor het.
Dit is hulle manier van praat waarmee hulle gemaklik is in hulle omgewing.
Ek verstaan wat jy sê hoe jy gevoel het - maar ek verstaan nog meer dat
daardie mense meer ongemaklik gaan voel as hulle almal meer formeel
aanspreek.
As iemand my nooi noem, vra ek die persoon se naam, en sê dan myne, en dan
kan daardie persoon self besluit hoe hulle my wil aanspreek as ek hulle
aanspreek op hul naam.
Annette

> Ek moet sê Thyssie, ek vind tog die stelling "baasgoed" offensive.
> Toe ek onlangs nou in die Kaap gekuier het, het ek ge-cringe elke
> keer as die blommeverkopers langes die OK Bazaars vir my "nooi"
> sê. Dit is net so uit. Ek verkies dan eerder "madam" (merrem) of
> mevrou.
>
> Pop
>
>
> Thys de Wet wrote in message
> news:9os3dt$1oor$1@news.adamastor.ac.za...
>> Hêtou petytou! Hoe spoe sy nou gif!
>>
>> En dit oor die Kleurling kultuur! Ag kom tog nou Gloudina: Ons praat nog
>> altyd van 'n boer pampoen.
>> Of wil jy dit ook nou laat verander in 'n 'eurosentriese grondbewerker'
>> pampoen?
>> Dan sal ons maar praat van 'n 'inheems nie-eurosentriese' vis vir 'n
>> Hottentot vis?
>> Maar dan miskien is jou knormoer dalk defek, en sal 'n hoog gekwalifiseerde
>> meganiese tegnikus die nodige herstelwerk moet verrig.
>>
>> Thys oppie Bos waar ons praat soes ons wil. (bolands, nie ondervelds nie)
>> 'It maakie saakie
>> oor hoe djy praatie
>> 'ie gammat oppie straat
>> sit ok hier en tjek
>> wie kom veby
>> lat hy ka hys toe ry
>> oor sedoos soe waai
>> oorrie flats vedaan
>> maak mens skoon gedaan
>> die gestry
>> oor wie's nou bruin
>> en wie's nie
>> he hoer's he hoer
>> en he boer bly boer
>> in kanada of innie kaap
>> jy kan dit praat
>> net soos jy smaak
>>
>> skryf in boodskap news:3BB11D5D.F5852C5B@home.com...
>> Wouter Plaasvark wrote:
>>
>>> Sjeez Gloudina, moet jy nou alle grappe oor kleurlingtaal verdoem? Dit gaan
>>> oor die taal, nie oor die kleur van die hoer nie, get it?
>>>
>>> 'n Grappie oor 'n depressiewe antie met 'n hangpram is goed, maar die Kaapse
>>> dialek is taboe?
>>
>> Luister, ou Wouter, moenie probeer om draaie ommy te hardloop nie. Ek kyk
>> jou in
>> die oë en ek sê
>> vir jou dat solank jy die "kleurling-kultuur" in die
>> Boland op jou ou wit omie manier tipeer, solank
>> bly jy 'n skandvlek op die naam van die Afrikaner.
>> Te lank het 'n hele klomp Afrikaners hulle monde
>> gehou en nie beswaar gemaak teen hierdie ou
>> "grappies" nie. Wonder jy hoekom ons nie sommige
>> van jou bruin broers en susters op hierdie nuusgroep
>> sien nie? Dis omdat hierdie ou soort "grappies" soos
>> klokslag uit die monde van baie van die Afrikaners
>> se bydraes kwyl. Daar was vir 'n ruk iemand op
>> hierdie nuusgroep wat 'n bruin Suid-Afrikaner was
>> maar nou 'n professor by 'n Universiteit in Chicago.
>> Hoekom is hy nie meer hier nie? Ek dink jy ken
>> die antwoord.
>> En die "grappie" van die tannie met die hang-
>> pramme. Dink JY dit is OK? Ek dink nie dis OK
>> nie. Ek dink dit is seksisties. As jy nou vir my 'n
>> soortegelyke grap vertel oor 'n ou omie met hang-
>> ballas, dan sal ek dink dis ook seksisties. Hoekom
>> hoor mens nie grappies oor ou ooms met hangballas
>> nie, hê, Wouter Plaasvark. Vertel dit vir my.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Grappie #6 [boodskap #50836 is 'n antwoord op boodskap #50723] Do, 27 September 2001 07:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ag siestog Gloudinatjie op jou holruggeryde ou moerperd in Kanada.
Toe dis tyd vir jou ou pilletjie. Kalmeer tog kind...

Die grappies wat ons maak maak ons oor mekaar, en as jy dit nie wil lees
nie, dan hoef jy nie.

Net vir die nie-Bolanders: Ons verneder nie ons mede-Bolanders deur die
wyse waarop hulle praat te sien verkleinerend nie. DIT IS GELUKKIG SOOS
HULLE PRAAT. En dit liewe G in K kan jy met al jou lewenskrag en energie
probeer verander, maar jy sal dit nie kan regkry nie. Vra maar vir Adam
Small (Prof.) of hy dit kon regkry?

Ek vra die vraag: Is hier enige nie-blanke lesers op die groep?
Laat hoor van julle oor hoe julle voel as ons dan nou kastig Kaaps hier
"praat"

Die term "baasgoed" word nog in die plattelandse gebiede gebruik. En ek hou
net so min daarvan om so aangespreek te word. Maar gaan vra nou vir 'n
Karroo inwoner om nie so te sê nie, en dan sukkel hy om met jou te praat.
Die ge-meneer-dery kap hul skoon onkant.
En dit sal meer kos as jou geteeem hier op die NG om my grappies stil te
maak. Watter grappe het jy al hier kwytgeraak? Vertel vir ons een van jou
kanadese grappies. In Afrikaans

Sy's tog so sedig
o die kreng!
haar kinders
moet net nog die kranse breng
(Met apologie aan AG Visser)
Ôôn die ônder kônt kôn eak ook Trônsvôôls praat as G in K nou sou wil.
Maar daaroor sal sy ook meer as 'n dosyn eiers te lê te hê...

Sal julle volgende week inlig oor hoe die anderskleuriges voel oor hoe die
taal gepraat word na die WAT se feesvieringe hierdie naweek. Onder die
gaste: Rheoboth, Griekwa, Nama en ander groepe. Sien uit daarna...

Of jy moskee toe wil gaan het zip met my uit te waai, en as ander dit wil
doen.staan dit hulle seker vry om dit te doen? Of is daar nie vryheid van
spraak, mening en assosiasie in daai provinsie van julle nie?
Ek moet nogal sê dat van die Kanadese vriendelike mense is, maar die
Quebeqois is 'n ander saak...

Thys wat nog oppie Bos is en Kaaps praat wanner'k soe voel, en biedêmd met
djou as djy nie willie!

skryf in boodskap news:3BB1BE44.BEE56999@home.com...
> Thys de Wet wrote:
> Nee-wat, ou Thysie, jy weet PRESIES waarvan ek praat. Solank
> hoere in die Kaapse dokke in die grappe en dus in die bewussyn
> van die wit Bolanders (merk jy op die grappe word meestal vertel
> deur wit mans?) altyd deur hulle spraak aangedui word as
> "Kleurlinge, " solank is daar iets korrup in die bewussyne van
> wit (meestal manlike) blanke Bolanders. Dieselfde met die
> grappies oor die plaaswerkers. Dis 'n subtiele gehoer met die
> maatskappy en die taal, en as jy jou daaraan skuldig maak, is
> jou hande vuil. Net soos mense hier in Ottawa na moskees gaan
> om hulle solidariteit te wys met Moslems wat geteiken word
> deur elemente wat hulle wil blameer vir dit wat op 11 September
> in NY gebeur het, so doen ek 'n beroep op jou om op te hou om
> hierdie duidelik neerbuigende grappe oor die mense in jou
> maatskappy te vertel. Of anders dit nie op hierdie nuusgroep te
> doen nie. Wie weet watter bruin Afrikaners lees hierdie nuusgroep
> soms, en besluit in disgust dat hierdie forum nie vir hulle is nie,
> omdat al wat hulle lees, hierdie gammatjie-grappe is.
>
> Gloudina
>
Re: Grappie #6 [boodskap #50848 is 'n antwoord op boodskap #50723] Do, 27 September 2001 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Ons verneder nie ons mede-Bolanders deur die
> wyse waarop hulle praat te sien verkleinerend nie. DIT IS GELUKKIG SOOS
> HULLE PRAAT.

> Sal julle volgende week inlig oor hoe die anderskleuriges voel oor hoe die
> taal gepraat word na die WAT se feesvieringe hierdie naweek. Onder die
> gaste: Rheoboth, Griekwa, Nama en ander groepe. Sien uit daarna...

OK, Thysie. Ons wag dan tot volgende week, sodat jy vir ons kanvertel hoe jou
mede-landgenote uit die Rhehoboth, Griekwa, Nama
en ander groepe gereageer het toe jy jou gammatjie en hoer in die
dokke grappe vir hulle vertel het. Hoop Adam Small is ook daar en
toets dit sommer op hom ook uit. Vertel vir hom daar is die tannie in
Kanada wat sê meeste van hierdie Kaapse Kleurling grappe is
rassisties. Vertel vir hom die een van die hoer in die dokke. En dan
rapporteer jy sy reaksie.

Tant Hessie van die Algonquins

>
Re: Grappie #6 [boodskap #50849 is 'n antwoord op boodskap #50723] Do, 27 September 2001 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja ja ja Gloudinatjie. Gaan drink tog nou maar jou pilletjie, en sê sommer
vir jou man hy kan nou weer die PC gebruik.

Thys oppie Bos
skryf in boodskap news:3BB3124A.DD14297@home.com...
Thys de Wet wrote:

> Ons verneder nie ons mede-Bolanders deur die
> wyse waarop hulle praat te sien verkleinerend nie. DIT IS GELUKKIG SOOS
> HULLE PRAAT.

> Sal julle volgende week inlig oor hoe die anderskleuriges voel oor hoe die
> taal gepraat word na die WAT se feesvieringe hierdie naweek. Onder die
> gaste: Rheoboth, Griekwa, Nama en ander groepe. Sien uit daarna...

OK, Thysie. Ons wag dan tot volgende week, sodat jy vir ons kanvertel hoe jou
mede-landgenote uit die Rhehoboth, Griekwa, Nama
en ander groepe gereageer het toe jy jou gammatjie en hoer in die
dokke grappe vir hulle vertel het. Hoop Adam Small is ook daar en
toets dit sommer op hom ook uit. Vertel vir hom daar is die tannie in
Kanada wat sê meeste van hierdie Kaapse Kleurling grappe is
rassisties. Vertel vir hom die een van die hoer in die dokke. En dan
rapporteer jy sy reaksie.

Tant Hessie van die Algonquins

>
Re: Grappie #6 [boodskap #50850 is 'n antwoord op boodskap #50723] Do, 27 September 2001 11:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Die term "baasgoed" word nog in die plattelandse gebiede gebruik. En ek hou
> net so min daarvan om so aangespreek te word. Maar gaan vra nou vir 'n
> Karroo inwoner om nie so te sê nie, en dan sukkel hy om met jou te praat.
> Die ge-meneer-dery kap hul skoon onkant.

Weet jy Thys, in die eerste twee weke van my eerstejaar op
Stellenbosch, toe ons gedoop word en sotte genoem was,
was een van die reëls vir ons sotte (ingestel deur Valerie
van Tubbergh - die sotkaptein) dat ons nie van "ek" en "ons"
mag praat nie, maar vir onsself "dit" moes noem. Aan die
begin was dit nogal moeilik en was ek baie kere gestraf as ek
'n fout maak, maar teen die einde van die twee weke het almal
vlot "dit" gebruik en nooit meer foute gemaak nie. Toe die sot
periode nou oor is, en ons weer "ek" en "ons" kon sê, het ons
gevind dat ons so gewoond aan die "dit" geraak het, dat ons
voortgegaan het om dit te gebruik en sommige van die seniors
moes ons reghelp voor ons na normaal kon terugkeer. Sien die
laaste drie-honderd jaar as so 'n periode vir die deel van die
bevolking wat die ongeluk getref het om in 'n toestand van
verknegting te kom en getrein is om van hulself as minderwaardig
te dink. En wees jy nou volwasse en help om die probleem te
oorkom. Óf bly deel van die probleem.

Gloudina
Re: Grappie #6 [boodskap #50851 is 'n antwoord op boodskap #50723] Do, 27 September 2001 12:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Sy's tog so sedig
> o die kreng!
> haar kinders
> moet net nog die kranse breng
> (Met apologie aan AG Visser)

Aitsa, ou Thysie, jy vergelyk my mos nou met
die SA muskiete ( wat so vinnig soos blits is en
nie so lui soos die Kanadese muskiete nie.) Is
ek so effektief? Byt ek so seer, en juk dit so
intens as ek vir julle byt. (Ek sien juis ou Wouter
Plaasvark sit somtyds tot diep in die nag en krap
aan die byte.) Ek voel sommer nou trots.

Tant Hessie Anopholes-kephofeles
Re: Grappie #6 [boodskap #50856 is 'n antwoord op boodskap #50723] Do, 27 September 2001 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hoe-ai seg jou mapstieks kepai
die ou Hessie van dahar
is nogal skerp oor die muskiete
van hier
sy dink sy's dalkies een van hul
maar bly nog dahar
waar dit koud is
en Anopholes-kephofeles
meer lyk na
Anopholes-kephofeles-canadiensis-goedgevrek-innie-kou

Vir wat dit vir jou werd is Gloudina:

Ek sien geensins neer op enige persoon van kleur nie. Ek het nog nooit en
sal ook nooit. Alhoewel ek op 'n plaas grootgeword het met mense van kleur
as speelmaats, is ons ook geleer om dieselfde mense te eer en respekteer.
Ek en my broers moes saam met die werksmense rug krommaak om te saai, ploeg,
saad skoonmaak, uie te plant, te skoffel, te spit, koeistal skoonmaak,
skeerhok skoonhou, koeie melk en al sulke dinge. Het jy dit as kind en
jongmens gedoen?
Dit het my geleer luister na die mense. Om deel van hulle te wil word moet
jy soos een van hulle praat, en ek kon mense leer hoe om reg te 'praat'.
As dit vir jou klink asof ek 'n wit ou-omie mentaliteit het, dink weer. Ek
deel 'n kantoor met 'n kollega wie se vel anders lyk as myne. Ons twee werk
al vir 17 jaar saam, en het nog nooit enige pyne met mekaar gehad nie. En
ons maak dikwels met mekaar grappies oor die capies en die whities.
Ek het egter al daar in Kanada wit mense gesien wat slegter is van karakter
as wat van ons kaapse mense van kleur is. Baie sleg en vrot..

Thys oppie Bos.
skryf in boodskap news:3BB3162C.8CD7B4D8@home.com...
>
> Aitsa, ou Thysie, jy vergelyk my mos nou met
> die SA muskiete ( wat so vinnig soos blits is en
> nie so lui soos die Kanadese muskiete nie.) Is
> ek so effektief? Byt ek so seer, en juk dit so
> intens as ek vir julle byt. (Ek sien juis ou Wouter
> Plaasvark sit somtyds tot diep in die nag en krap
> aan die byte.) Ek voel sommer nou trots.
>
> Tant Hessie Anopholes-kephofeles
>
Re: Grappie #6 [boodskap #50864 is 'n antwoord op boodskap #50723] Do, 27 September 2001 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Ek en my broers moes saam met die werksmense rug krommaak om te saai, ploeg,
> saad skoonmaak, uie te plant, te skoffel, te spit, koeistal skoonmaak,
> skeerhok skoonhou, koeie melk en al sulke dinge. Het jy dit as kind en
> jongmens gedoen?

Wel, Thys, my pa was 'n rosyntjie-boer, en het nie vir
ons toegelaat om geld uit hom uit te maak as dit by
druiwe afsny kom nie. Daarvoor het hy sy span van
"professionals" gehad. Maar somtyds, as die prys van
katoen goed was, het hy katoen geplant op 'n stukkie
lae land wat nie onder wingerstokke was nie, en dan
is ons toegelaat om ook katoen te pluk en is ons by
die gewig betaal. Katoen pluk is 'n baie moeilike werk.
Die dorinkies op die droë peul krap jou vingers totdat
dit somtyds bloei. Ek het 'n ewige respek vir die
katoenplukkers van die Deep South in die VSA, want
ek weet hoe dit voel. Verder was ek die pleegmoeder
van 'n vul wie se ma in die modder van die rivier se wal
vasgesit het en doodgeskiet moes word omdat sy nie kon
uitkom nie. Ek het nounog 'n letsel op een vinger waar ek
my met die sekel raakgesny het toe ek lusern vir die
vul gaan sny het. Hy het altyd in my rigting gehardloop
as hy my sien aankom met die lusern.

Gloudina
Re: Grappie #6 [boodskap #50887 is 'n antwoord op boodskap #50723] Vr, 28 September 2001 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee katoen had ons nie, maar hawer oes met al daai doppiesgoed wat so om jou
waai as die wind van agter af oor die stroper waai. Dan jeuk jy tot ver na
die hiernamaals al verby is. En die hawer loop dik, jy moet net oplet sit
agter by die sakke. G'n kans vir stof afskud nie.

Maar dit was ook lekker dae.

Thys op dié Bos
Re: Grappie #6 [boodskap #50896 is 'n antwoord op boodskap #50723] Vr, 28 September 2001 17:47 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Dan jeuk jy tot ver na
> die hiernamaals al verby is.

> Maar dit was ook lekker dae.
>

Op die eilande in die Oranje het boere
hier en daar koring gekweek en was
daar gewoonlik net een of twee
dorsmasjiene wat rondgery het om
die bietjie koring te dors. Ons het
nooit 'n dorsvloer gehad nie, maar
ons bure wel. Ek sidder nog as ek
dink hoe ons huise in daardie kafhope
gemaak het.
Op Kakamas was daar 'n groot meul
wat al die boere se koring kon maal.
Ons het dus varsgemaalde meel vir
die daaglikse gebruik gehad. Geen
wonder die brood het so lekker
gesmaak nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: 'n ander grappie (omsettings!)
Volgende onderwerp: Grappie #7(?) Mans ... net vir Anti en en haar vrind Ferdi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:38:55 MGT 2024