Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: tevredenheid
tevredenheid [boodskap #146543] Vr, 27 September 2024 11:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tevredenheid
Afbreking: te•vre•den•heid
Samestelling: tevrede + -n- + heid


Selfstandige naamwoord: tevredenheid
Meervoud: tevredenhede

Betekenis:
• Die toestand van tevrede wees. Die gevoel van bevrediging en genoegdoening.

Gebruik:
• Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. [Psalms 131:2]

Sinoniem:
• bevrediging
• genoeë
• genoegdoening
• genoeglikheid
• satisfaksie
• vergenoegdheid
• vervulling
• voldoening

Antoniem:
• ontevredenheid

Afgelei:
• selftevredenheid
• tevredenheidbetuiging

Vertaling:
Engels: satisfaction, contentment
Nederlands: tevredenheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bevrediging
bevrediging [boodskap #146544] Vr, 27 September 2024 11:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bevrediging
Afbreking: be•vre•di•ging
Samestelling: bevredig + -ing


Selfstandige naamwoord: bevrediging
Meervoud: bevrediginge, bevredigings
Verkleinwoord: bevrediginkie
Meervoud van verkleining: bevrediginkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van bevredig (om tevrede te stel, of 'n begeerte te vervul).

Gebruik:
• Nieteenstaande al die probleme en terugslae is my werk vir my 'n plesier en bring dit vir my bevrediging.

Sinoniem:
• genoegdoening
• plesier
• satisfaksie
• tevredenheid
• vergenoeging
• voldoening

Hiponiem:
• behoeftebevrediging
• huweliksbevrediging
• selfbevrediging
• werksbevrediging

Vertaling:
Engels: satisfaction, pleasure
Nederlands: bevrediging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bevredig
bevredig [boodskap #146545] Vr, 27 September 2024 13:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bevredig
Afbreking: be•vre•dig


Werkwoord: bevredig
Verlede tyd: het bevredig

Betekenis:
• Om tevrede te stel; aan 'n behoefte of begeerte voldoen.

Gebruik:
• Some moet 'n mens maar ongemaklike vrae vra om jou nuuskierigheid te bevredig.

Sinoniem:
• behaag
• les
• tevredestel
• vergenoeg
• versadig

Antoniem:
• onbevredig

Afgelei:
• bevredigend
• bevrediging

Vertaling:
Engels: to satisfy, gratify
Nederlands: bevredigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sleutelkwessie
sleutelkwessie [boodskap #146546] Vr, 27 September 2024 15:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sleutelkwessie
Afbreking: sleu•tel•kwes•sie
Samestelling: sleutel + kwessie


Selfstandige naamwoord: sleutelkwessie
Meervoud: sleutelkwessies

Betekenis:
• 'n Baie belangrike probleem.

Gebruik:
• Gehalte-onderwys is 'n sleutelkwessie wat talle kiesers se keuse by die stembus gaan beïnvloed.

Sinoniem:
• sleutelprobleem

Vertaling:
Engels: key issue
Nederlands: sleutelkwestie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: besnoeiing
besnoeiing [boodskap #146547] Vr, 27 September 2024 15:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
besnoeiing
Afbreking: be•snoei•ing
Samestelling: besnoei + -ing


Selfstandige naamwoord: besnoeiing
Meervoud: besnoeiinge, besnoeiings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van besnoei (om kleiner of minder te maak).

Gebruik:
• Die maatskappy beplan 'n verdere besnoeiing van poste.

Sinoniem:
• afname
• besparing
• besuiniging
• inkorting
• inkrimping
• snoeiing
• vermindering

Hiponiem:
• kostebesnoeiing
• werkbesnoeiing

Vertaling:
Engels: cutback
Nederlands: besnoeiing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 27 September 2024 18:02]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator




Tyd nou: Vr Sep 27 22:21:37 MGT 2024