Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Generaal Hondswaai
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44483 is 'n antwoord op boodskap #43294] Ma, 18 Junie 2001 02:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> nou hou van geen blanke Afrikaners nie.
>

Tipiese "aanklag" van sulkes soos jy, om te
regverdig hoekom jy nou mense soos ek
aanval. Nee, ou Reenen, daar is baie blanke
Afrikaners waarvan ek hou. Hulle is my
susters, my neefs en my niggies en baie
vriende, nuut en oud. (Kan jy dit glo, in
'n periode van twee maande sien ek twee
van my vier kamermaats wat ek in Huis
de Villiers op Stellenbosch gehad het.)

Gloudina
Re: In Emmy se verdediging was Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44487 is 'n antwoord op boodskap #44431] Ma, 18 Junie 2001 03:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Reenen - ek stem met jou - en dit is wat ons Emmy aan bearbei - maar dit
gaan maar moeilik.
Ons lot hier het mos ons les goed geleer - wat op TV vertoon word, wat in
koerante gelees word, en wat politici in parlement en van die openbare
verhoog af verkondig hoef nie noodwendig die waarheid te wees nie.
En dit is goed so - ten minste kyk, lees en luister ons deesdae met 'n
kritiese oor, en dink. Ons weier om slegs napraters te wees.
Annette

Reenen van Niekerk wrote in message
news:3b2ce104.0@news1.mweb.co.za...
> Maar ons glo nie alles wat hulle van Nederland se nie. Dit hang van die
> persoon af wat die artiekel lees of sy /hy dit gaan glo of nie.Voor hulle
> dit as die waarheid in ons kele afdruk moet hulle net seker maak of dit wel
> so is.
>
> Reenen van Niekerk
> Sakkie skryf in boodskap news:3b286244$0$228@hades.is.co.za...
>> Annette en Gotlieb, julle ouens moet verstaan waarvandaan Emmy kom. Daarby
>> bedoel ek nie NL nie, ek bedoel haar standpunte. Wat sy weet is gebaseer op
>> wat sy lees/gelees het in koerante en wat sy gesien het op TV.
>>
>> Ons weet dat die gemiddelde verslaggewer skryf wat beter verkoop. Dit dra
>> dan ook by dat net die gedeeltes wat opspraak gaan maak geskryf/gebeeldsend
>> word. Ongelukkig is dit al waaraan Emmy blootgestel was.
>> Sakkie (moenie my confuse met die feite nie......ek het klaar my storie
>> verkoop)
>>
>>
>> "Annette" skryf in boodskap news:9g8jt6$7opuk$8@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Dankie Gotlieb!! Nou is daar twee van ons wat dink Emmy praat strooi as sy
>>> vir ons kom vertel dat 'n swart persoon nie by die venster in 'n restaurant
>>> mag sit nie!!.
>>> Hoo Boy!! Kan jy dink aan die kabaal!!!
>>> Wonder waar Emmy daardie stukkie nonsens gelees of gesien het.
>>> Annette
>>>
>>> Gottlieb skryf in boodskap news:ef555b03.0106130629.12bec534@posting.google.com...
>>>> "emmy" skryf in boodskap news:...
>>>> > Annette schreef in berichtnieuws
>>>> > 9g61pl$7dfpj$8@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> > > Dankie Arthur.
>>>> > > Dan sal ek maar weereens by Emmy moet uitvind waar sy haar inligting kry
>>>> > > Ek dink sy praat strooi.
>>>> >
>>>> > Je moet goed lezen Annette!!!
>>>> >
>>>> > Ik heb niet gezegd dat restaurants verboden zijn maar dat je bij
>>>> > uitzondering
>>>> > een zwarte in een overwegend door witte mensen bezocht restaurant ziet.
>>>> > De reden???? Hier staat het..er moet nog veel gebeuren aan het wederzijds
>>>> > vertrouwen van elkaar!!
>>>> >
>>>> > "Black South Africans do not understand whites, they feel uncomfortable
>>>> > around them," they said.
>>>> >
>>>> > The survey, based on 3,727 interviews, found that fewer than a quarter of
>>>> > blacks said they understood the customs and ways of whites. Roughly half of
>>>> > the whites, coloured (mixed-race) and Asians asserted they did not
>>>> > understand blacks.
>>>> >
>>>> > Fifty-six percent of black South Africans believed whites were
>>>> > untrustworthy, while a third of whites believed the same of blacks.
>>>> >
>>>> > Just over half the blacks found it hard to imagine ever being friends with a
>>>> > white person. For whites, the figure was 19 percent.
>>>> >
>>>> > Grt Emmy
>>>>
>>>>
>>>> Waar is die konnektasie tussen die feit dat swartes die wit kultuur en
>>>> gebruike nie verstaan nie en die feit dat jy se mens sal swartes nie
>>>> in 'n wit dominante restaurante sien nie?
>>>>
>>>> Ek dink jy praat op die oomblik deur jou neus - maar dit is my opinie.
>>>>
>>>> Dit is waar dat die swartes miskien ongemaklik sal voel (omdat hulle
>>>> die blankes nie se customs nie verstaan nie), en dus uit vrye keuse
>>>> sal besluit om nie die restaurant te besoek nie - maar hoe kan jy dan
>>>> se dat dit die blankes se skuld is??
>>>>
>>>> Miskien het ek jou verkeerd verstaan en wou jy maar net noem dat mense
>>>> in SA vry (swart, blank of ander kultuur) is om self te kies in watter
>>>> restaurant hulle wil eet... hiermee stem ek volmondig saam!
>>>>
>>>> Jy besef natuurlik dat daar meer as een restaurant in SA is... ;-)
>>>
>>
>
Re: Swartland se naam [boodskap #44501 is 'n antwoord op boodskap #44337] Ma, 18 Junie 2001 06:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee dat had ek nog ge-"try" nie. Daai vals "drone" hier onnerlangs kan ek
nie staan nie...

Gehoor dat hele doedelsak episode 'n grap was:
Die Iere het die ding vir die Skotte gegee as 'n grap, en dié het dit nou
nog nie gevang nie...

Thys oppie Bos
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44512 is 'n antwoord op boodskap #43294] Ma, 18 Junie 2001 08:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Soos ek en sit en sktyf is die nuus op en die eerste berig is n transitoroof
waar 2 wagte gedood is en n paar miljoen geroof is.Nog twee mense moet sterf
en vir wat. Vandag lees ek in die koerant van S A P Nyanga(my ou stasie)
waar misdaad die mense raadop het.n 1000 ernstige sake wat in n maand
geraporteer word.

Maar as ons die regering aanval oor misdaad kryt sy ons uit as
apartheidsvarke maar die grootste grap is dat as ons die regering aanvat oor
misdaad doen ons dit vir die swart mense ook want hulle "suffer" meer as ons
onder misdaad.Maar dit wil sy nie verstaan nie.As ek my bek uitspoel oor
miljoene Rande wat deur bedrog verdwyn is ek n apartheidsvark. Maar die geld
wat verdwyn is meeste vir die arm swartes wat moet gaan vir behuising,
welsyn, pensiongeld ens.

So om die waarheid te se weet ek deesdae nie meer wat sy probeer se nie want
sy se NIKS

Reenen van Niekerk

Sakkie skryf in boodskap news:3b2dffac$0$229@hades.is.co.za...
>
>> Wel, ek sal vir my besoekers vertel dat hulle nou nie meer"Afrikaners"
is
> nie,
>> en sien wat hulle sê. Maar ek weet al
>> wat hulle gaan sê: Moenie vir daardie ouens ernstig opneem
>> wat so sit en praat van "die Afrikaner" en in dieselfde asem
>> alle Afrikaners wat nie met hulle saamstem nie, afmaak as
>> verraaiers nie.
>
> Ek gee jou gelyk. "Joiners" is sekerlik die verkeerde benaming. Hulle het
> immers oorgestap na die anderkant, is aanvaar vir waarvoor hulle staan, en
> het voort gegaan met die stryd. Hulle het ook opgehou toe die stryd verby
> was. Ja-nee, jy is reg. Duidelik val jy nie in daardie groep nie. Om die
> waarheid te sê, ek weet nie waar om jou te plaas nie. Jy was 'n sterk
> Afrikaner wat so lief was vir jou taal dat jy dit wou deel met
> anderskleuriges. Of jy net so sterk gevoel het oor die Afrikaner kultuur,
> waarvan die taal net een deel is, kon ek nog nie peil nie. Jy het toegelaat
> dat die gedrag van 'n sekere minderheidsgroep jou sê beïnvloed dat jy al die
> afgelope vyftig jaar veg teen alles wat staan vir die oorlewing van die
> afrikaner kultuur. Is ek nou 'n apartheidsvark omdat ek nie wil dans by my
> vader se begrafnis nie. Is ek nou 'n apartheidsvark omdat ek nie "toi-toi"
> elke keer as ek met my werkgewer verskil nie. Is ek nou 'n apartheidsvark
> as ek hardop wonder wat maak ons nuwe regering omtrent misdaad nadat ek in
> sewe jaar drie groot inbrake in my huis gehad het......my huishoudster twee
> keer verkrag is.......nie minder as vier onsuksesvolle pogings gehad het om
> my motor te steel nie......my tiener seun ernstig aangerand is om sy fiets
> te steel.....my vrou se oë beskadig is deur 'n klip deur my motorruit. Jy
> het nou nog nie besef dat die stryd teen apartheid verby is nie. Die nuwe
> stryd is vir veral blankes om hulself te beskerm teen kriminele elemente wat
> onbeheersd maak soos hulle wil.
>
> Ons het 'n demokrasie in die nuwe Suid-Afrika. Mense word meestal gelyk
> behandel. Die uitsonderings is waar daar nou, anders as in jou tyd, teen
> blankes gediskrimineer word en poste openlik adverteer word vir net swartes.
> "Payback?" Ja seker. As dit is wat ons moet deurgaan om vergifnis te kry.
> Ek kry net die indruk dat jy nie glo dat daar enigiets is wat kan vergoed
> nie. Die afrikaner kultuur sal altyd jou vyand wees.
>
> Ai Gloudina, ek wens jy kon die laaste vyf jaar in ons pragtige land gewees
> het om persoonlik te ervaar wat ons elke dag beleef. Hoe ons land
> agteruitgaan as gevolg van wanbestuur, deels uit onkunde, en bedrog.
> Miskien sou jy dan verstaan waar kom sommige van ons, partykeer tong in die
> kies, opmerkings vandaan.
>
> Jy ken afrikaners goed, ek weet nie hoekom jy so verbaas is as mense jou
> persoonlik aanval nie. Jy weet dat dit nie in ons kultuur is om terug te
> staan en maar te aanvaar om rond gestoot te word nie. Veral nie om beledig
> te word nie.
>
>> Tant Hessie wat spesialiseer in die
>> afhaal van skille van die oë.
>
> Ek is nie seker hoe goed 'n ou dit op jouself kan doen nie
> En nou is my koffie yskoud, verdomp.
> Groetnis
> Sakkie
>
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44515 is 'n antwoord op boodskap #43294] Ma, 18 Junie 2001 09:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nou het ons almal ook al gewoond geraak aan Gloudina se standaard antwoord
en hoe sy mense in groepies indeel. Is dit dalk nog 'n vorm van apartheid??
.......en die blanke vriende is wat ons vroeër jare seker "joiners" genoem
het. Sulkes is nou die ouens wat weier om hul moedertaal te praat en alles
wat afrikaans is, en nie van 'n mede "joiner" kom nie, afkraak vir alles wat
sleg en verkeerd is.

Gelukkig staan die Afrikaner sterk......en klein hondjies wat kef op die
kantlyn tel nie punte nie.

> Tipiese "aanklag" van sulkes soos jy, om teregverdig hoekom jy nou mense soos
> ek
> aanval. Nee, ou Reenen, daar is baie blanke
> Afrikaners waarvan ek hou. Hulle is my
> susters, my neefs en my niggies en baie
> vriende, nuut en oud. (Kan jy dit glo, in
> 'n periode van twee maande sien ek twee
> van my vier kamermaats wat ek in Huis
> de Villiers op Stellenbosch gehad het.)
>
> Gloudina
>
Re: Swartland se naam [boodskap #44526 is 'n antwoord op boodskap #44501] Ma, 18 Junie 2001 10:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ai Thysie - dan moet jy kom kuier:)))
Het 'n hele tape met doedelsakmusiek in Edinburgh gekoop - en dit aanhou
speel in die motor totdat die mense vir my vertel het hulle hou nou van die
musiek:)))

Dit is mos 'n vreeslike moeilike instrument om te bespeel.
Ek het die ou sakkie opgeblaas, en onder my blad gesit - maar kon so hard
blaas soos ek kan in daardie pyp - gesig bloedrooi en oë wat voel of dit
uitpeul, maar al geluidjie wat uitgekom het was nie deur die doedelsak
nie:))))

Ek wonder waar die naam doedelsak vandaan kom?
Die Skotte wil hulle doodlag as ek praat van doodlebags:)))
Hulle dink ek raak persoonlik:)))
Annette

Thys de Wet skryf in boodskap news:9gk7nv$15ok$1@news.adamastor.ac.za...
> Nee dat had ek nog ge-"try" nie. Daai vals "drone" hier onnerlangs kan ek
> nie staan nie...
>
> Gehoor dat hele doedelsak episode 'n grap was:
> Die Iere het die ding vir die Skotte gegee as 'n grap, en dié het dit nou
> nog nie gevang nie...
>
> Thys oppie Bos
>
Re: Swartland se naam [boodskap #44531 is 'n antwoord op boodskap #44018] Ma, 18 Junie 2001 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Me, jy kan maar ontspan:))
Hoe kan ons mense te na kom as ons nie kan verstaan wat hulle sê nie?:)))
Annette

me & bobby magee skryf in boodskap news:QPjX6.71629$hV3.126033@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Thys de Wet" wrote in message
> news:9gk7nv$15ok$1@news.adamastor.ac.za...
>
>> Gehoor dat hele doedelsak episode 'n grap was:
>> Die Iere het die ding vir die Skotte gegee as 'n grap, en dié het dit nou
>> nog nie gevang nie...
>>
>> Thys oppie Bos
>
> Pasop nou! My Skotse bloed kom in opstand teen al die beledigings - ons is
> 'n sensitiewe klomp...
>
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44537 is 'n antwoord op boodskap #43294] Ma, 18 Junie 2001 11:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> .......en die blanke vriende is wat ons vroeër jare seker "joiners" genoem
> het. Sulkes is nou die ouens wat weier om hul moedertaal te praat en alles
> wat afrikaans is, en nie van 'n mede "joiner" kom nie, afkraak vir alles wat
> sleg en verkeerd is.

> Gelukkig staan die Afrikaner sterk.

Wel, ek sal vir my besoekers vertel dat hulle nou nie meer"Afrikaners" is nie,
en sien wat hulle sê. Maar ek weet al
wat hulle gaan sê: Moenie vir daardie ouens ernstig opneem
wat so sit en praat van "die Afrikaner" en in dieselfde asem
alle Afrikaners wat nie met hulle saamstem nie, afmaak as
verraaiers nie. Diesulkes soos jy word al lankal nie meer in
SA deur die Afrikaanse gemeenskap ernstig opgeneem nie.
Dit dateer seker uit daardie dae van die inval in Bop en die
keer toe hulle die World Trade Center met 'n tenk probeer
inval het.

Tant Hessie wat spesialiseer in die
afhaal van skille van die oë.
Re: In Emmy se verdediging was Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44542 is 'n antwoord op boodskap #44454] Ma, 18 Junie 2001 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gottlieb  is tans af-lyn  Gottlieb
Boodskappe: 72
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Jy diskrimineer as jy dink dat net ouens van geeste kan wees:))))
> Annette

maar... mmm... dis mos nou positiewe diskriminasie... is dit dan verkeerd???
;-)

Peach (lanklaas hierdie bynaam gehoor...)

> Gottlieb wrote in message
> news:ef555b03.0106170602.209173f6@posting.google.com...
>> "Annette" wrote in message
> news:...
>>> Hey!!!! Moet nie ouer mense veralgemeen nie!!!
>>> Jy meen seker die oues van gees!:)
>>> Annette
>>
>> ooops... ;-) Jy is reg ja die ouens van gees... ;-)
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44551 is 'n antwoord op boodskap #43294] Ma, 18 Junie 2001 13:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Wel, ek sal vir my besoekers vertel dat hulle nou nie meer"Afrikaners" is nie,
> en sien wat hulle sê. Maar ek weet al
> wat hulle gaan sê: Moenie vir daardie ouens ernstig opneem
> wat so sit en praat van "die Afrikaner" en in dieselfde asem
> alle Afrikaners wat nie met hulle saamstem nie, afmaak as
> verraaiers nie.

Ek gee jou gelyk. "Joiners" is sekerlik die verkeerde benaming. Hulle het
immers oorgestap na die anderkant, is aanvaar vir waarvoor hulle staan, en
het voort gegaan met die stryd. Hulle het ook opgehou toe die stryd verby
was. Ja-nee, jy is reg. Duidelik val jy nie in daardie groep nie. Om die
waarheid te sê, ek weet nie waar om jou te plaas nie. Jy was 'n sterk
Afrikaner wat so lief was vir jou taal dat jy dit wou deel met
anderskleuriges. Of jy net so sterk gevoel het oor die Afrikaner kultuur,
waarvan die taal net een deel is, kon ek nog nie peil nie. Jy het toegelaat
dat die gedrag van 'n sekere minderheidsgroep jou sê beïnvloed dat jy al die
afgelope vyftig jaar veg teen alles wat staan vir die oorlewing van die
afrikaner kultuur. Is ek nou 'n apartheidsvark omdat ek nie wil dans by my
vader se begrafnis nie. Is ek nou 'n apartheidsvark omdat ek nie "toi-toi"
elke keer as ek met my werkgewer verskil nie. Is ek nou 'n apartheidsvark
as ek hardop wonder wat maak ons nuwe regering omtrent misdaad nadat ek in
sewe jaar drie groot inbrake in my huis gehad het......my huishoudster twee
keer verkrag is.......nie minder as vier onsuksesvolle pogings gehad het om
my motor te steel nie......my tiener seun ernstig aangerand is om sy fiets
te steel.....my vrou se oë beskadig is deur 'n klip deur my motorruit. Jy
het nou nog nie besef dat die stryd teen apartheid verby is nie. Die nuwe
stryd is vir veral blankes om hulself te beskerm teen kriminele elemente wat
onbeheersd maak soos hulle wil.

Ons het 'n demokrasie in die nuwe Suid-Afrika. Mense word meestal gelyk
behandel. Die uitsonderings is waar daar nou, anders as in jou tyd, teen
blankes gediskrimineer word en poste openlik adverteer word vir net swartes.
"Payback?" Ja seker. As dit is wat ons moet deurgaan om vergifnis te kry.
Ek kry net die indruk dat jy nie glo dat daar enigiets is wat kan vergoed
nie. Die afrikaner kultuur sal altyd jou vyand wees.

Ai Gloudina, ek wens jy kon die laaste vyf jaar in ons pragtige land gewees
het om persoonlik te ervaar wat ons elke dag beleef. Hoe ons land
agteruitgaan as gevolg van wanbestuur, deels uit onkunde, en bedrog.
Miskien sou jy dan verstaan waar kom sommige van ons, partykeer tong in die
kies, opmerkings vandaan.

Jy ken afrikaners goed, ek weet nie hoekom jy so verbaas is as mense jou
persoonlik aanval nie. Jy weet dat dit nie in ons kultuur is om terug te
staan en maar te aanvaar om rond gestoot te word nie. Veral nie om beledig
te word nie.

> Tant Hessie wat spesialiseer in die
> afhaal van skille van die oë.

Ek is nie seker hoe goed 'n ou dit op jouself kan doen nie
En nou is my koffie yskoud, verdomp.
Groetnis
Sakkie
Re: In Emmy se verdediging was Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44554 is 'n antwoord op boodskap #44542] Ma, 18 Junie 2001 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wouter sal vir jou sê dis kerndiskriminasie:))))
Annette

Gottlieb skryf in boodskap news:ef555b03.0106180333.67bf2d4f@posting.google.com...
> "Annette" skryf in boodskap news:...
>> Jy diskrimineer as jy dink dat net ouens van geeste kan wees:))))
>> Annette
>
> maar... mmm... dis mos nou positiewe diskriminasie... is dit dan verkeerd???
> ;-)
>
> Peach (lanklaas hierdie bynaam gehoor...)
>
>
>> Gottlieb wrote in message
>> news:ef555b03.0106170602.209173f6@posting.google.com...
>>> "Annette" skryf in boodskap news:...
>>>> Hey!!!! Moet nie ouer mense veralgemeen nie!!!
>>>> Jy meen seker die oues van gees!:)
>>>> Annette
>>>
>>> ooops... ;-) Jy is reg ja die ouens van gees... ;-)
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44557 is 'n antwoord op boodskap #43294] Ma, 18 Junie 2001 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Watter skille van watter oë afhaal in watter era Gloudina?
Annette

skryf in boodskap news:3B2DE62A.8CCD47A@home.com...
Sakkie wrote:

> .......en die blanke vriende is wat ons vroeër jare seker "joiners" genoem
> het. Sulkes is nou die ouens wat weier om hul moedertaal te praat en alles
> wat afrikaans is, en nie van 'n mede "joiner" kom nie, afkraak vir alles wat
> sleg en verkeerd is.

> Gelukkig staan die Afrikaner sterk.

Wel, ek sal vir my besoekers vertel dat hulle nou nie meer"Afrikaners" is
nie,
en sien wat hulle sê. Maar ek weet al
wat hulle gaan sê: Moenie vir daardie ouens ernstig opneem
wat so sit en praat van "die Afrikaner" en in dieselfde asem
alle Afrikaners wat nie met hulle saamstem nie, afmaak as
verraaiers nie. Diesulkes soos jy word al lankal nie meer in
SA deur die Afrikaanse gemeenskap ernstig opgeneem nie.
Dit dateer seker uit daardie dae van die inval in Bop en die
keer toe hulle die World Trade Center met 'n tenk probeer
inval het.

Tant Hessie wat spesialiseer in die
afhaal van skille van die oë.
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44564 is 'n antwoord op boodskap #43294] Ma, 18 Junie 2001 15:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> Gloudina
> Nou se vir my hoe ek is.Ek sal graag wil weet.

> Lees van my ou "postings"
>

Ek het nie, soos Danielle, tyd om in die argiewe te gaan
krap nie. Gaan soek jy maar self na jou ou poste, en sien
wat jy oor die verloop van die tyd gesê het. Ek onthou dat
jy lank gelede nogal bietjie gematig was, 'n sekere mate van
simpatie gehad het vir jou swart kollegas wat jy voorheen in
die polisiemag gehad het. Maar in die laaste tyd is jy skerp
aanvallend en skel jy my uit vir al wat sleg is, en gebruik nog
boönop woorde en uitdrukkings wat veel te wense oorlaat.
Dis jy wat my probeer in 'n hokkie sit, sodat jy my kan "uitwis"
as iemand wat "tel" in jou baie beperkte persepsie van wie
Afrikaners nou werklik is.

Gloudina
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44565 is 'n antwoord op boodskap #43294] Ma, 18 Junie 2001 16:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Jy was 'n sterk
> Afrikaner wat so lief was vir jou taal dat jy dit wou deel met
> anderskleuriges. Of jy net so sterk gevoel het oor die Afrikaner kultuur,
> waarvan die taal net een deel is, kon ek nog nie peil nie. Jy het toegelaat
> dat die gedrag van 'n sekere minderheidsgroep jou sò beïnvloed dat jy al die
> afgelope vyftig jaar veg teen alles wat staan vir die oorlewing van die
> afrikaner kultuur.

En van watter "Afrikaner kultuur" praat jy nou? Ek het allankal agtergekom dat
daar nie 'n monolitiese Afrikaner-
kultuur is nie. Mense wat in die Boland grootgeword het
is anders as mense uit die Noordkaap. En hulle verskil breed
van mense wat in die ou Transvaal grootgeword het. Daar was
selfs 'n kultuurverskil tussen die "Transvalers" en die "Vrystaters."
(Die Vrystaters was meer gematigd, minder materialisties, meer
gekultiveerd.)
Maar laat ek nou vir jou vertel: dis eers wanneer jy tussen mense
van ander groepe leef, dat jy besef watter dele van jou Afrikaner-
kultuur deur ander mense waardeer word. Ek is keer op keer deur
swart kollegas vertel dat hulle daarvan hou dat ek reguit met hulle
praat, en nie een ding preek en 'n ander ding uitleef nie. Ek kan jou
verseker, in al die jare wat ek in swart skole skoolgehou het, was
dit as Afrikaner wat my teenwoordigheid die meeste waardeer is.
En laat ek nou vir jou iets interessants vertel: omtrent twee jaar
gelede gaan drie van ons kinders en hulle gades om hulle broer se
huwelik in Natal by te woon. Na die huwelik het 'n neef van hulle
vir hulle rondgery. By hulle terugkoms merk een van my skoondogters
die volgende op: dat die Engels-sprekende mense met wie hulle in aan-
raking gekom het, meer krities is oor die Nuwe Suid-Afrika en ook
baie materialisties gesind is, en dat die Afrikaners baie gul en nederig
en meer aangepas lyk as die Engels-sprekendes. Sy sê sy let dieselfde op
hier in Ottawa, waar sy in aanraking kom met mense wat eers in SA
gebly het.

Gloudina
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44574 is 'n antwoord op boodskap #43294] Ma, 18 Junie 2001 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> as ons die regering aanvat oor
> misdaad doen ons dit vir die swart mense ook want hulle "suffer" meer as ons
> onder misdaad.Maar dit wil sy nie verstaan nie.

O, so nou vat "ons" die regering aan oor die misdaad. Jy weet,Reenen, tagtig
persent van SA se bevolking is swart, en heeltemal
in staat om die regering aan te vat oor die misdaad, soos hulle
reeds doen. Maar jy, jy maak daarvan 'n rassistiese gekweel -
jy sien die huidige regerende party as "swart" ( wat hulle nie is
nie) en dis duidelik dat jy "hulle" van alles wat sleg is, beskuldig -
en die implikasie is dat die mense wat nie lelie-blank en ver-regs
is nie, nie weet hoe om te "regeer" nie. Net soos jy hulle beskuldig
van geld steel en op onnodige dinge uitgee. Moenie dat ek weer
vir jou begin verduidelik wat in die apartheidsregime aangegaan het
nie. En ek dink jy moet nou bietjie emigreer na 'n ander land, sodat
jy kan sien dat daar roof en moord oral is, en slegte regering en
pork barrel politics oral. (Hulle het self 'n spesiale uitdrukking daarvoor
in die VSA.) In Kanada noem ons dit "patronage."

Gloudina
Re: Swartland se naam [boodskap #44587 is 'n antwoord op boodskap #44501] Ma, 18 Junie 2001 21:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9gk7nv$15ok$1@news.adamastor.ac.za...

> Gehoor dat hele doedelsak episode 'n grap was:
> Die Iere het die ding vir die Skotte gegee as 'n grap, en dié het dit nou
> nog nie gevang nie...
>
> Thys oppie Bos

Pasop nou! My Skotse bloed kom in opstand teen al die beledigings - ons is
'n sensitiewe klomp...
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44605 is 'n antwoord op boodskap #43294] Di, 19 Junie 2001 05:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> O, so nou vat "ons" die regering aan oor die misdaad. Jy weet,Reenen, tagtig
> persent van SA se bevolking is swart, en heeltemal
> in staat om die regering aan te vat oor die misdaad,

Twak Glouzak , nou waarom is dan daar so baie misdaad ??

soos hulle
> reeds doen. Maar jy, jy maak daarvan 'n rassistiese gekweel -
> jy sien die huidige regerende party as "swart" ( wat hulle nie is
> nie)

Maak 'n paar wit blertse 'n blik swart verf gekleurd ? , twak man , vra jou
buurman wie regeer SA ,swart of wit : (wiet nou gepraat no 1.Gloudina of No.
2 Zack)

en dis duidelik dat jy "hulle" van alles wat sleg is, beskuldig -
> en die implikasie is dat die mense wat nie lelie-blank en ver-regs
> is nie, nie weet hoe om te "regeer" nie. Net soos jy hulle beskuldig
> van geld steel en op onnodige dinge uitgee.

Het Mbeki regtig 'n nuwe vliegtuig nodig ? (Vra vir Nommer 2)

Moenie dat ek weer
> vir jou begin verduidelik wat in die apartheidsregime aangegaan het
> nie.

Vir nommer 1 : Klaar verby.

En ek dink jy moet nou bietjie emigreer na 'n ander land, sodat
> jy kan sien dat daar roof en moord oral is, en slegte regering en
> pork barrel politics oral. (Hulle het self 'n spesiale uitdrukking daarvoor
> in die VSA.) In Kanada noem ons dit "patronage."

Hier noem ons dit ANC

Krokkie
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44621 is 'n antwoord op boodskap #43294] Di, 19 Junie 2001 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3B2E2860.7277715F@home.com...

en dat die Afrikaners baie gul en nederig
en meer aangepas lyk as die Engels-sprekendes. Sy sê sy let dieselfde op
hier in Ottawa, waar sy in aanraking kom met mense wat eers in SA
gebly het.

Gloudina

En nog val jy almal van ons persoonlik aan asof elke een van ons die rede is
dat jy die afgelope paar dekades in 'n vreemde land bly tussen mense wat nie
jou kultuur het nie. Genugtig Gloudina, wat gaan dit vat om jou te oortuig
dat apartheid verby is, dat die gemiddelde Afrikaner wil saamwerk en oor die
weg wil kom met almal om hulle, dat die "ou wit omies" al driekwart
uitgesterf het en die wat oorgebly het so vér teruggekruip is in hul doppe
dat niemand meer eers weet van hulle nie. Sekerlik word hier 'n paar dinge
tong in die kies gesê wat 'n mens heeltemal buite verband kan trek en afmaak
as blatant rassisties. Gebeur dit nie in elk geval reg oor die wêreld nie?
Ek was vandag weer in 'n aanleg in Durban waar dit algemene spreektaal is
dat die wittes openlik "white-okes", die swartes "pekkie-okes" en die
Indiërs "Chara-okes" genoem word sonder om 'n geweldige rasse insident te
veroorsaak. Weet jy hoekom? Die mense begryp dat hulle verskillend is en
nogaltyd oor die weg kan kom. Die een is nie beter as die ander nie, net
anders. Hierdie nuwe kultuur hoop ek sal vinnig deur ons land versprei.
Ongelukkig is daar teveel mense wat vasgevang is in die verlede omdat hulle
self persoonlik te na gekom is en nie kan vergewe nie.

Maak nie vir my saak wat jy hierop gaan antwoord nie, ek gaan nie verder
betrokke wees by 'n gesprek wat nêrens heen kan gaan nie. Jou persoonlike
onvermoë om te vergewe hang soos 'n meulsteen om jou nek. Dit is die een
groot rede hoekom jy nie die verskil kan sien tussen wanneer ons ernstig is,
of wanneer ons tong in die kies 'n rassistiese opmerking maak nie.
Sakkie
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44630 is 'n antwoord op boodskap #44621] Di, 19 Junie 2001 10:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is darem 'n klomp Okes( ou omies?:))) daar in Durbs!!:))))
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Sakkie skryf in boodskap news:3b2f02c1$0$252@helios.is.co.za...
>
>
>
> skryf in boodskap news:3B2E2860.7277715F@home.com...
>
> en dat die Afrikaners baie gul en nederig
> en meer aangepas lyk as die Engels-sprekendes. Sy sê sy let dieselfde op
> hier in Ottawa, waar sy in aanraking kom met mense wat eers in SA
> gebly het.
>
> Gloudina
>
> En nog val jy almal van ons persoonlik aan asof elke een van ons die rede is
> dat jy die afgelope paar dekades in 'n vreemde land bly tussen mense wat nie
> jou kultuur het nie. Genugtig Gloudina, wat gaan dit vat om jou te oortuig
> dat apartheid verby is, dat die gemiddelde Afrikaner wil saamwerk en oor die
> weg wil kom met almal om hulle, dat die "ou wit omies" al driekwart
> uitgesterf het en die wat oorgebly het so vér teruggekruip is in hul doppe
> dat niemand meer eers weet van hulle nie. Sekerlik word hier 'n paar dinge
> tong in die kies gesê wat 'n mens heeltemal buite verband kan trek en afmaak
> as blatant rassisties. Gebeur dit nie in elk geval reg oor die wêreld nie?
> Ek was vandag weer in 'n aanleg in Durban waar dit algemene spreektaal is
> dat die wittes openlik "white-okes", die swartes "pekkie-okes" en die
> Indiërs "Chara-okes" genoem word sonder om 'n geweldige rasse insident te
> veroorsaak. Weet jy hoekom? Die mense begryp dat hulle verskillend is en
> nogaltyd oor die weg kan kom. Die een is nie beter as die ander nie, net
> anders. Hierdie nuwe kultuur hoop ek sal vinnig deur ons land versprei.
> Ongelukkig is daar teveel mense wat vasgevang is in die verlede omdat hulle
> self persoonlik te na gekom is en nie kan vergewe nie.
>
> Maak nie vir my saak wat jy hierop gaan antwoord nie, ek gaan nie verder
> betrokke wees by 'n gesprek wat nêrens heen kan gaan nie. Jou persoonlike
> onvermoë om te vergewe hang soos 'n meulsteen om jou nek. Dit is die een
> groot rede hoekom jy nie die verskil kan sien tussen wanneer ons ernstig is,
> of wanneer ons tong in die kies 'n rassistiese opmerking maak nie.
> Sakkie
>
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44651 is 'n antwoord op boodskap #43294] Di, 19 Junie 2001 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> En nog val jy almal van ons persoonlik aan asof elke een van ons die rede is
> dat jy die afgelope paar dekades in 'n vreemde land bly tussen mense wat nie
> jou kultuur het nie. Genugtig Gloudina, wat gaan dit vat om jou te oortuig
> dat apartheid verby is, dat die gemiddelde Afrikaner wil saamwerk en oor die
> weg wil kom met almal om hulle, dat die "ou wit omies" al driekwart
> uitgesterf het en die wat oorgebly het so vêr teruggekruip is in hul doppe
> dat niemand meer eers weet van hulle nie. Sekerlik word hier 'n paar dinge
> tong in die kies gesê wat 'n mens heeltemal buite verband kan trek en afmaak
> as blatant rassisties.

So, ek "val almal van ons" persoonlik aan. Val ek vir Wouter Plaasvarken Thys
oppie Bos en Ferdi en Swart Simon ens. ens. persoonlik aan?
O, so die ou wit omies is al driekwart uitgesterf? Hoekom sit hulle so knaend
hier op die nuusgroep?
O, so al die rassistiese dinge wat hier gesê word, is tong in die kies en
moet nie ernstig opgeneem word nie? Ek het nuus vir jou. As jy iets
rassisties sê, sal ek dit blatant aanval. Dis hierdie ou wit omies wat
altyd met die tong in die kies die verskriklikste dinge gesê het oor die
tagtig persent van die bevolking wat nie dieselfde kleur as die ou wit
omie was nie, wat die land gedompel het in die chaos waarvan dit nou
probeer ontkom. So, as jy ou-wit-omie opmerkings op hierdie nuus-
groep maak, weet dan wat jou voorland is. Dit het niks te doen met die
feit dat jy 'n Afrikaner is nie. Dit het te doen met die feit dat jy 'n ou-
wit-omie is. ( Ons het ook ou wit omies hier in Kanada.)

Gloudina
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44652 is 'n antwoord op boodskap #43294] Di, 19 Junie 2001 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ag al weer dieselfde ou storie van Bantoe-onderwys se drop-out

skryf in boodskap news:3B2F646C.58A5BDD9@home.com...
Sakkie wrote:

> En nog val jy almal van ons persoonlik aan asof elke een van ons die rede is
> dat jy die afgelope paar dekades in 'n vreemde land bly tussen mense wat nie
> jou kultuur het nie. Genugtig Gloudina, wat gaan dit vat om jou te oortuig
> dat apartheid verby is, dat die gemiddelde Afrikaner wil saamwerk en oor die
> weg wil kom met almal om hulle, dat die "ou wit omies" al driekwart
> uitgesterf het en die wat oorgebly het so vér teruggekruip is in hul doppe
> dat niemand meer eers weet van hulle nie. Sekerlik word hier 'n paar dinge
> tong in die kies gesê wat 'n mens heeltemal buite verband kan trek en afmaak
> as blatant rassisties.

So, ek "val almal van ons" persoonlik aan. Val ek vir Wouter Plaasvarken
Thys
oppie Bos en Ferdi en Swart Simon ens. ens. persoonlik aan?
O, so die ou wit omies is al driekwart uitgesterf? Hoekom sit hulle so
knaend
hier op die nuusgroep?
O, so al die rassistiese dinge wat hier gesê word, is tong in die kies en
moet nie ernstig opgeneem word nie? Ek het nuus vir jou. As jy iets
rassisties sê, sal ek dit blatant aanval. Dis hierdie ou wit omies wat
altyd met die tong in die kies die verskriklikste dinge gesê het oor die
tagtig persent van die bevolking wat nie dieselfde kleur as die ou wit
omie was nie, wat die land gedompel het in die chaos waarvan dit nou
probeer ontkom. So, as jy ou-wit-omie opmerkings op hierdie nuus-
groep maak, weet dan wat jou voorland is. Dit het niks te doen met die
feit dat jy 'n Afrikaner is nie. Dit het te doen met die feit dat jy 'n ou-
wit-omie is. ( Ons het ook ou wit omies hier in Kanada.)

Gloudina
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44653 is 'n antwoord op boodskap #43294] Di, 19 Junie 2001 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Krokkie wrote:

> Ag al weer dieselfde ou storie van Bantoe-onderwys se drop-out
>

Sien, hoe kruip die ou wit omie uit die gat uit.

Tant Hessie, wat die gate dophou waar
ou wit omies wegkruip vir die lig.
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #44657 is 'n antwoord op boodskap #43294] Di, 19 Junie 2001 15:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Verstoteling , niemand het gese jy moet met 'n boy trou nie ; is jou
verlange te groot na die ou wit boere omies. (Ek dink hierdie een gaan aan
No 1 (Gloudina) en nie ,..... Zack jys in die kak, Gloudine is in beheer van
die lyf of is dit nou 'n ou rimpel sak, vir die volgende uur so gaan juier
weer in die agterkop.)

skryf in boodskap news:3B2F6C93.A209AA68@home.com...
> Krokkie wrote:
>
>> Ag al weer dieselfde ou storie van Bantoe-onderwys se drop-out
>>
>
> Sien, hoe kruip die ou wit omie uit die gat uit.
>
> Tant Hessie, wat die gate dophou waar
> ou wit omies wegkruip vir die lig.
>
Re: Generaal Hondswaai [boodskap #120248 is 'n antwoord op boodskap #43294] Di, 06 Oktober 2015 15:23 Na vorige boodskap
trust...  is tans af-lyn  trust...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Oktober 2015
Karma: 0
Junior Lid
Het jy behoefte van dringende lening?
* Baie vinnig en dringende oordrag na jou bankrekening
* Terugbetaling begin agt maande nadat jy die geld in jou

bankrekening
* Lae rentekoers van 2%
* Langtermyn terugbetaling (1-30 jaar) duur
* Flexible lening terme en maandelikse betaling
*. Hoe lank neem dit om te finansier? Na indiening van die lening aansoek,

jy kan verwag dat die voorlopige antwoord minder as 24 uur en

befondsing binne 72-96 uur na die ontvangs van die inligting wat ons nodig

van jou.

Kontak wettige en gelisensieer lening maatskappy gemagtig
dat die finansiële hulp aan ander lande.
Vir meer inligting en 'n lening aansoek vorm Kontak nou via

e-pos: trust...@gmail.com

BESTE GROETE,
Mr.Anthony Dave.
Hoof Uitvoerende Beampte (HUB)
Trust Company Lening
Vorige onderwerp: Waar is die egte Afrikaans gebly?
Volgende onderwerp: Die betekenis van kuil/kuyl
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 04:50:42 MGT 2024