Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die betekenis van kuil/kuyl
Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28874] Ma, 31 Januarie 2000 00:00 na volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Halfpad tussen Kaapstad en Stellenbosch is daar 'n plek wat
Kuilsrivier genoem word. Dit lê aan 'n rivier (of eerder 'n
stroompie) met dieselfde naam. Reeds in die vroeë VOC-dae
(1680's) was daar 'n vee-pos met die naam De Kuilen (of, in
sommige tekste, "De Kuylen"). Kuyler of Kuylen kom natuurlik ook
voor as 'n agternaam of van, maar ek twyfel of die plek na 'n
persoon genoem is. Sommige mense sê dat die rivier sy naam gekry
omdat dit vol gate (kuile) was. Ek het ook iewers gehoor dat die
woord "kuil" in die VOC-dae 'n soort van riet beteken het wat op
rivier-oewers groei, maar ek kan geen bevestiging hiervoor kry in
woordeboeke nie.

Weet iemand iets meer oor die herkoms van die naam?

Swart Simon
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28875 is 'n antwoord op boodskap #28874] Ma, 31 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Simon van der Schans wrote:

> Ek het ook iewers gehoor dat die
> woord "kuil" in die VOC-dae 'n soort van riet beteken het wat op
> rivier-oewers groei, maar ek kan geen bevestiging hiervoor kry in
> woordeboeke nie.
>
> Weet iemand iets meer oor die herkoms van die naam?
>
> Swart Simon

Ja, ek sal ook graag wil weet of die plekname wat op -kill eindigin New
York Staat (Catskill, Peekskill) na dieselfde woord verwys.
Ek het nog altyd aangeneem dat dit na die Nederlandse woord
"kuil" verwys, maar die Catskills is laerige berge, en ek dink nie
daar is 'n Catskill-rivier nie.

Gloudina
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28881 is 'n antwoord op boodskap #28874] Di, 01 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Koot Pieterse wrote in message
...
> Miskien los jy nou sommer vir my 'n ou-ou raaisel op, wat vir my met jou
> vraag verband hou - waar kry die soort biesies, wat "papkuil" genoem word,
> hulle naam vandaan?

Daar leer ek ook nou iets. Ek het nie geweet papkuil is 'n soort
biesie nie. Maar ja, in die Weskaap is daar ook 'n
Papkuilsfontein en 'n Papkuilsrivier. En noudat ek daaraan
dink, is daar ook 'n Kafferkuilsrivier. Sou 'n kafferkuil dan
ook 'n soort biesie wees?

Swart Simon
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28882 is 'n antwoord op boodskap #28874] Di, 01 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Miskien los jy nou sommer vir my 'n ou-ou raaisel op, wat vir my met jou
vraag verband hou - waar kry die soort biesies, wat "papkuil" genoem word,
hulle naam vandaan?

Miskien is Kuilsrivier na hierdie einste biesies vernoem.

Koot die Verskriklike

Simon van der Schans skryf in boodskap news:874q9n$2jmk$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Halfpad tussen Kaapstad en Stellenbosch is daar 'n plek wat
> Kuilsrivier genoem word. Dit lê aan 'n rivier (of eerder 'n
> stroompie) met dieselfde naam. Reeds in die vroeë VOC-dae
> (1680's) was daar 'n vee-pos met die naam De Kuilen (of, in
> sommige tekste, "De Kuylen"). Kuyler of Kuylen kom natuurlik ook
> voor as 'n agternaam of van, maar ek twyfel of die plek na 'n
> persoon genoem is. Sommige mense sê dat die rivier sy naam gekry
> omdat dit vol gate (kuile) was. Ek het ook iewers gehoor dat die
> woord "kuil" in die VOC-dae 'n soort van riet beteken het wat op
> rivier-oewers groei, maar ek kan geen bevestiging hiervoor kry in
> woordeboeke nie.
>
> Weet iemand iets meer oor die herkoms van die naam?
>
> Swart Simon
>
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28883 is 'n antwoord op boodskap #28874] Di, 01 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Maarten Jansonius  is tans af-lyn  Maarten Jansonius
Boodskappe: 29
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Junior Lid
Simon van der Schans schreef:
>
> Halfpad tussen Kaapstad en Stellenbosch is daar 'n plek wat
> Kuilsrivier genoem word. Dit lê aan 'n rivier (of eerder 'n
> stroompie) met dieselfde naam. Reeds in die vroeë VOC-dae
> (1680's) was daar 'n vee-pos met die naam De Kuilen (of, in
> sommige tekste, "De Kuylen"). Kuyler of Kuylen kom natuurlik ook
> voor as 'n agternaam of van, maar ek twyfel of die plek na 'n
> persoon genoem is. Sommige mense sê dat die rivier sy naam gekry
> omdat dit vol gate (kuile) was. Ek het ook iewers gehoor dat die
> woord "kuil" in die VOC-dae 'n soort van riet beteken het wat op
> rivier-oewers groei, maar ek kan geen bevestiging hiervoor kry in
> woordeboeke nie.
>
> Weet iemand iets meer oor die herkoms van die naam?

Volgens mijn woordenboek Nederlands (Van Dale) heeft 'kuil' verscheidene
betekenissen, waaronder: maalstroom. Dit lijkt me een aannemelijke
oorsprong voor de naam 'Kuilsrivier', zeker als dit een woelige rivier
is.

tot uw dienst, :-)
Maarten.
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28897 is 'n antwoord op boodskap #28874] Wo, 02 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Koot Pieterse wrote in message
...
> Miskien los jy nou sommer vir my 'n ou-ou raaisel op, wat vir my met jou
> vraag verband hou - waar kry die soort biesies, wat "papkuil" genoem word,
> hulle naam vandaan?

Is die woord "papkuil" in Nederlands bekend? Het die "pap" in
"papkuil" dalk iets te doen met papirus (ook 'n soort van riet)?

Swart Simon
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28898 is 'n antwoord op boodskap #28874] Wo, 02 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobbe  is tans af-lyn  Kobbe
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Simon van der Schans schreef in
bericht 877irb$ctn$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
|
| Koot Pieterse schreef in bericht
| ...
| > Miskien los jy nou sommer vir my 'n ou-ou raaisel op,
| > wat virmy met jou vraag verband hou - waar kry die
| > soort biesies, wat "papkuil" genoem word, hulle
| > naam vandaan?
|
| [Simon:]
| Daar leer ek ook nou iets. Ek het nie geweet papkuil is
| 'n soort biesie nie. Maar ja, in die Weskaap is daar ook
| 'n Papkuilsfontein en 'n Papkuilsrivier. En noudat ek
| daaraan dink, is daar ook 'n Kafferkuilsrivier. Sou 'n
| kafferkuil dan ook 'n soort biesie wees?
|
[Kobbe:] Mijn etymologisch woordenboek brengt "kuil" in
verband met "holte, vallei". Rivier in een vallei ? Besjes
die in een vallei groeien ?
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28899 is 'n antwoord op boodskap #28874] Wo, 02 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Kobbe wrote in message ...

> [Kobbe:] Mijn etymologisch woordenboek brengt "kuil" in
> verband met "holte, vallei". Rivier in een vallei ? Besjes
> die in een vallei groeien ?

Koot die Verskriklike het van biesies gepraat - nie bessies nie.

biesie [Afrikaans] = biesje [Nederlands]

bessies [Afrikaans] = besjes [Nederlands]

Swart Simon
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28906 is 'n antwoord op boodskap #28874] Do, 03 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Nou is ons lekker besig om woordoorspronge te ondersoek. Ek ken
glad nie die woord "'pap" in n rietkonteks nie, maar ek sou wou
weet,
wat is die verskil tussen n riet en n biesie.

Ek het eendag by n stranddorp gestaan en kyk hoe lê n span mans
n rietdak, en was verstom oor
die tegniek en vaardigheid wat hulle aan die dag gelê het. Die
riete was
in bondels vasgemaak, en dan word n bondel op die dak gelê, en
die hand "vee" so oor die bondel om die gelyk te maak, en dan
word dit met sulke lang silwer hakke vasgepen in die dak voor
die volgende bondel gelê word. Dit vat nogal lank, want elke
stukkie van die dak moet goed gedek wees.

Pat

Simon van der Schans wrote in article
...
>
>
> Is die woord "papkuil" in Nederlands bekend? Het die "pap" in
> "papkuil" dalk iets te doen met papirus (ook 'n soort van riet)?
>
> Swart Simon
>
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28916 is 'n antwoord op boodskap #28874] Vr, 04 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek het dit dat 'n riet litte het, maar 'n biesie nie. Ek wens een van die
etimologies-georiënteerdes wou ons 'n bietjie meer sê oor die "pap" in
papkuil. Miskien het hulle pap gemaak daarvan! Of, dan, miskien Simon se
papirus-assosiasie.

Koot (nie meer die verskriklike nie)

PAT skryf in boodskap news:01bf6e3e$4f559620$0988aec7@ms660966.mindspring.com...
>
> Nou is ons lekker besig om woordoorspronge te ondersoek. Ek ken
> glad nie die woord "'pap" in n rietkonteks nie, maar ek sou wou
> weet,
> wat is die verskil tussen n riet en n biesie.
>>
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28917 is 'n antwoord op boodskap #28874] Vr, 04 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

PAT wrote:

> Nou is ons lekker besig om woordoorspronge te ondersoek. Ek ken
> glad nie die woord "'pap" in n rietkonteks nie, maar ek sou wou
> weet,
> wat is die verskil tussen n riet en n biesie.

Bosman en Van der Merwe vertaal "bulrush" as"biesie, matjiesgoed,
papkuil." Hier in Kanada
praat ons van "bulrushes" wanneer ons van dit
praat wat ons langs die Oranje-rivier "spaansriet"
genoem het. (Dis nou die goed met die bruin kers-
agtige ding aan die einde van die steel.Hulle groei
oral hier in Kanada.)
Ek het langs die water van die Oranje-rivier
grootgeword, maar ken glad nie die woord "papkuil"
nie. As biesies en matjiesgoed dieselfde is, is al
daardie matjieshuise dan van biesies gemaak (wat
langs water moet groei"?
Die American Heritage Dictionary verklaar
"bulrush" soos volg: "Any of various grasslike sedges
of the genus Scirpus, growing in wet places. Broadly,
any of various marsh plants, such as the cattail."

Gloudina

>
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28918 is 'n antwoord op boodskap #28874] Vr, 04 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote in message ...

> Mens verwys ook nba 'n spruit of rivier of watergat wat met riete
> oorgroei of omring is as 'n rietkuil.
>
> Nou as kuil = riet is dit dan soos agteruit reverse?

Jy mis die punt.

Niemand het beweer dat kuil = riet nie. Almal sal met jou
saamstem dat "kuil" deesdae 'n gat beteken.

Die vraag is of dit in die Nederlands van die 17-de eeu ook 'n
ander betekenis gehad het - en miskien anders gespel is (bv.
kuyl).

Kobbe het dit onlangs hier gehad oor "bos" en "bosch". Twee
woorde wat dieselfde uitgespreek word maar (miskien) heeltemal
verskillende betekenisse gehad het. Dit is interessant, want dit
beteken dalk dat die "bosch" in bv. Stellenbosch, Rondebosch, en
Kirstenbosch gladnie die betekenis van 'n bos (met bome) gehad
het nie.

Aan Kobbe: So van biesies en bossies gepraat - waar kom die
"bosch" in "de Biesbosch" vandaan. Verwys dit na 'n bos (met
bome) of na 'n soort van sandbank tussen riviere?

Swart Simon
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28919 is 'n antwoord op boodskap #28874] Vr, 04 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Koot Pieterse wrote:
>
> Miskien los jy nou sommer vir my 'n ou-ou raaisel op, wat vir my met jou
> vraag verband hou - waar kry die soort biesies, wat "papkuil" genoem word,
> hulle naam vandaan?
>
> Miskien is Kuilsrivier na hierdie einste biesies vernoem.
>

Mens verwys ook nba 'n spruit of rivier of watergat wat met riete
oorgroei of omring is as 'n rietkuil.

Nou as kuil = riet is dit dan soos agteruit reverse?
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28920 is 'n antwoord op boodskap #28874] Vr, 04 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Matt Venter  is tans af-lyn  Matt Venter
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek het op die Hoëveld grootgeword waar ons na groter/dieper watergate in 'n
rivier of spruit verwys het as 'kuile'. Dit is gewoonlik 'n groterige deel in
die stroom waar die water stadiger vloei, maar dit is dieper as 'n vleiland
en deel van die rivier/spruit se loop.

Sover ek dit het, is 'n papkuil 'n waterplant soortgelyk aan biesies In
Engels "bulrush" (Typia sp.). Biesies het nie litte soos riete nie. Biesies
het kruidagtige stingels wat bo die water uitsteek.

Oor die herkoms van die name kan ek egter niks bydra nie.

Matt

Koot Pieterse wrote:

> Ek het dit dat 'n riet litte het, maar 'n biesie nie. Ek wens een van die
> etimologies-georiënteerdes wou ons 'n bietjie meer sê oor die "pap" in
> papkuil. Miskien het hulle pap gemaak daarvan! Of, dan, miskien Simon se
> papirus-assosiasie.
>
> Koot (nie meer die verskriklike nie)
>
> PAT wrote in message
> news:01bf6e3e$4f559620$0988aec7@ms660966.mindspring.com...
>>
>> Nou is ons lekker besig om woordoorspronge te ondersoek. Ek ken
>> glad nie die woord "'pap" in n rietkonteks nie, maar ek sou wou
>> weet,
>> wat is die verskil tussen n riet en n biesie.
>>>
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28930 is 'n antwoord op boodskap #28874] Sa, 05 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobbe  is tans af-lyn  Kobbe
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Simon van der Schans schreef in
berichtnieuws 87flke$2i48$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
| @home.com wrote in message
| ...
|
| >[Gloudina:]
| >Bosman en Van der Merwe vertaal "bulrush" as"biesie,
| >matjiesgoed, papkuil." Hier in Kanada
| >praat ons van "bulrushes" wanneer ons van dit
| >praat wat ons langs die Oranje-rivier "spaansriet"
| >genoem het. (Dis nou die goed met die bruin kers-
| >agtige ding aan die einde van die steel.Hulle groei
| >oral hier in Kanada.)
|
| [Simon:]
| So 'n halm met 'n bruin "katstert" aan die end word glo ek
| in Nederlands (of is dit die Nederlands van die17-de eeu?)
| 'n "spier" genoem. 'n Grafiese voorstelling van 'n paar
| van sulke "spiere" verskyn in die embleem van die
| Spier-landgoed - 'n wyn-landgoed naby Stellenbosch,
| langs die Eerste-rivier. Dit | dateer uit die 17-de eeu.
|
| Swart Simon
|
[Kobbe:] Uit etymologisch woordenboek :
'halm, lichaamsdeel, lange paal', vergelijk
middelnederlands 'halmpunt, aar', oudengels
'rietstengel', oudnoors 'stengel, dunne stam'.
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28931 is 'n antwoord op boodskap #28874] Sa, 05 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message
...

> Bosman en Van der Merwe vertaal "bulrush" as"biesie, matjiesgoed,
> papkuil." Hier in Kanada
> praat ons van "bulrushes" wanneer ons van dit
> praat wat ons langs die Oranje-rivier "spaansriet"
> genoem het. (Dis nou die goed met die bruin kers-
> agtige ding aan die einde van die steel.Hulle groei
> oral hier in Kanada.)

So 'n halm met 'n bruin "katstert" aan die end word glo ek in
Nederlands (of is dit die Nederlands van die17-de eeu?) 'n
"spier" genoem. 'n Grafiese voorstelling van 'n paar van sulke
"spiere" verskyn in die embleem van die Spier-landgoed - 'n
wyn-landgoed naby Stellenbosch, langs die Eerste-rivier. Dit
dateer uit die 17-de eeu.

Swart Simon
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28932 is 'n antwoord op boodskap #28874] Sa, 05 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans schreef ...
> lou wrote ...
>
>> Mens verwys ook nba 'n spruit of rivier of watergat wat met
>> riete oorgroei of omring is as 'n rietkuil.
>>
>> Nou as kuil = riet is dit dan soos agteruit reverse?
>
> Jy mis die punt.
>
> Niemand het beweer dat kuil = riet nie. Almal sal met jou
> saamstem dat "kuil" deesdae 'n gat beteken.
>
> Die vraag is of dit in die Nederlands van die 17-de eeu ook 'n
> ander betekenis gehad het - en miskien anders gespel is (bv.
> kuyl).

De enige andere kuil die ik ken is een soort visnet. Ik weet niet precies
wat voor 'n soort net het is, maar het vissen met kuilen is al een jaar of
20 op het IJsselmeer verboden, dus zal het wel niet zo'n erg "nette" manier
van vissen zijn geweest.

Groeten,
Arthur
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28943 is 'n antwoord op boodskap #28874] Ma, 07 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Maarten Jansonius  is tans af-lyn  Maarten Jansonius
Boodskappe: 29
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Junior Lid
Simon van der Schans schreef:
>
> Halfpad tussen Kaapstad en Stellenbosch is daar 'n plek wat
> Kuilsrivier genoem word. Dit lê aan 'n rivier (of eerder 'n
> stroompie) met dieselfde naam. Reeds in die vroeë VOC-dae
> (1680's) was daar 'n vee-pos met die naam De Kuilen (of, in
> sommige tekste, "De Kuylen"). Kuyler of Kuylen kom natuurlik ook
> voor as 'n agternaam of van, maar ek twyfel of die plek na 'n
> persoon genoem is. Sommige mense sê dat die rivier sy naam gekry
> omdat dit vol gate (kuile) was. Ek het ook iewers gehoor dat die
> woord "kuil" in die VOC-dae 'n soort van riet beteken het wat op
> rivier-oewers groei, maar ek kan geen bevestiging hiervoor kry in
> woordeboeke nie.
>
> Weet iemand iets meer oor die herkoms van die naam?

Volgens mijn woordenboek Nederlands (Van Dale) heeft 'kuil' verscheidene
betekenissen, waaronder: maalstroom. Dit lijkt me een aannemelijke
oorsprong voor de naam 'Kuilsrivier', zeker als dit een woelige rivier
is.

tot uw dienst, :-)
Maarten.
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28944 is 'n antwoord op boodskap #28874] Ma, 07 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
maar...  is tans af-lyn  maar...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Arthur Hagen schreef:

>>
>> Die vraag is of dit in die Nederlands van die 17-de eeu ook 'n
>> ander betekenis gehad het - en miskien anders gespel is (bv.
>> kuyl).
>
> De enige andere kuil die ik ken is een soort visnet.

Ik heb dit al eerder gepost, maar misschien is het bericht niet
aangekomen:

Volgens mijn woordenboek Nederlands (Van Dale, 12e druk) heeft 'kuil'
verscheidene
betekenissen, waaronder: maalstroom. Dit lijkt me een aannemelijke
oorsprong voor de naam 'Kuilsrivier', zeker als dit een woelige rivier
is.

Maarten J.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28945 is 'n antwoord op boodskap #28874] Ma, 07 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Maarten Jansonius  is tans af-lyn  Maarten Jansonius
Boodskappe: 29
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Junior Lid
Arthur Hagen schreef:

>>
>> Die vraag is of dit in die Nederlands van die 17-de eeu ook 'n
>> ander betekenis gehad het - en miskien anders gespel is (bv.
>> kuyl).
>
> De enige andere kuil die ik ken is een soort visnet. Ik weet niet precies
> wat voor 'n soort net het is, maar het vissen met kuilen is al een jaar of
> 20 op het IJsselmeer verboden, dus zal het wel niet zo'n erg "nette" manier
> van vissen zijn geweest.

Ik heb dit al eerder gepost, maar misschien is het bericht niet
aangekomen:

Volgens mijn woordenboek Nederlands (Van Dale, 12e druk) heeft 'kuil'
verscheidene
betekenissen, waaronder: maalstroom. Dit lijkt me een aannemelijke
oorsprong voor de naam 'Kuilsrivier', zeker als dit een woelige rivier
is.

Maarten.
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28946 is 'n antwoord op boodskap #28874] Ma, 07 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
maar...@my-deja.com wrote in message
...

> Ik heb dit al eerder gepost, maar misschien is het bericht niet
> aangekomen:
>
> Volgens mijn woordenboek Nederlands (Van Dale, 12e druk) heeft 'kuil'
> verscheidene
> betekenissen, waaronder: maalstroom. Dit lijkt me een aannemelijke
> oorsprong voor de naam 'Kuilsrivier', zeker als dit een woelige rivier
> is.

Dit is in lyn met die konvensionele betekenis - gat, maalgat,
maalstroom. Miskien is jy reg. Maar ek het nog steeds 'n
suspisie dat die woord "kuil" destyds ook 'n ander betekenis
gehad het - 'n betekenis wat vandag onkonvensioneel is.

As 'n mens die 'rivier' (ek sou dit eerder 'n stroompie noem) in
"lewende" lywe sien dan sal die woorde "maalstroom" en "woelig"
die laaste wees wat by jou opkom. Dit kan natuurlik wees dat die
ou wat die rivier sy naam gegee het sarkasties was.

Nog 'n vraag: As die agternaam "Kuiper" verwys het na iemand wie
as beroep kuipe of vate gemaak het, waarna het die agternaam
"Cuyler" of Kuyler" verwys?

Swart Simon
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28947 is 'n antwoord op boodskap #28874] Ma, 07 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Maarten Jansonius ...
>
> Arthur Hagen schreef:
>
>>>
>>> Die vraag is of dit in die Nederlands van die 17-de eeu ook 'n
>>> ander betekenis gehad het - en miskien anders gespel is (bv.
>>> kuyl).
>>
>> De enige andere kuil die ik ken is een soort visnet. Ik weet niet precies
>> wat voor 'n soort net het is, maar het vissen met kuilen is al een jaar of
>> 20 op het IJsselmeer verboden, dus zal het wel niet zo'n erg "nette" manier
>> van vissen zijn geweest.
>
> Ik heb dit al eerder gepost, maar misschien is het bericht niet
> aangekomen:
>
> Volgens mijn woordenboek Nederlands (Van Dale, 12e druk) heeft 'kuil'
> verscheidene
> betekenissen, waaronder: maalstroom. Dit lijkt me een aannemelijke
> oorsprong voor de naam 'Kuilsrivier', zeker als dit een woelige rivier
> is.
>

Je bericht was al wel aangekomen (31 januari, bericht
38961A70...@sci.kun.nl), maar de discussie was intussen rustig verder
gekabbeld.

De herkomst van de naam 'Kuilsrivier' zal inderdaad wel met het
bovenstaande verklaard kunnen worden, maar ik reageerde specifiek op de
vraag of er nog andere betekenissen voor kuil waren. Aangezien jij
maalstroom al had aangehaald, bleef er nog één niet genoemde betekenis over,
die van visnet.

Misschien dat deze betekenis van kuil een verklaring is voor de naam
'papkuil' voor een soort riet: een soort riet waarvan je geen stevig net kon
vlechten (toegegeven, het is wel erg vergezocht).

Groeten,
Arthur
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28962 is 'n antwoord op boodskap #28874] Di, 08 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Nog 'n vraag: As die agternaam "Kuiper" verwys het na iemand wie
> as beroep kuipe of vate gemaak het, waarna het die agternaam
> "Cuyler" of Kuyler" verwys?
>
> Swart Simon
>
Dis miskien bloot 'n ondeunde moontlikheid, maar ek onthou 'n karakter
vroeër in Beeld wat kwansuis 'n "kuil" sou "trek" as hy 'n dop wou drink. Ek
hoop nie ek konfoes nou die hele issue nie, maar dit maak interessante
moontlikhede oop vir die naam "Kuyler", is dit nie?

Koot
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28963 is 'n antwoord op boodskap #28874] Di, 08 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Maarten Jansonius  is tans af-lyn  Maarten Jansonius
Boodskappe: 29
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Junior Lid
Simon van der Schans schreef:
>
> maar...@my-deja.com
>> Volgens mijn woordenboek Nederlands (Van Dale, 12e druk) heeft
>> 'kuil' verscheidene betekenissen, waaronder: maalstroom.
>> Dit lijkt me een aannemelijke
>> oorsprong voor de naam 'Kuilsrivier', zeker als dit een woelige
> rivier is.
>
> Dit is in lyn met die konvensionele betekenis - gat, maalgat,
> maalstroom.

Oh, dat wist ik niet. Ik dacht dat ik een echte vondst gedaan had ;) Ik
heb de woorden 'gat' of 'kuil' nooit eerder in verband gebracht met
'maalgat' of 'maalstroom'. Blijkbaar is deze betekenis in het Afrikaans
beter bewaard gebleven dan in het Nederlands.

> Nog 'n vraag: As die agternaam "Kuiper" verwys het na iemand wie
> as beroep kuipe of vate gemaak het, waarna het die agternaam
> "Cuyler" of Kuyler" verwys?

Volgens mijn woordenboek is een 'kuiler' een kuilvisser; oftewel iemand
die van beroep visser is en met de kuil (een soort visnet) vist. Hiermee
werd o.a. haring gevangen: kuilharing.
Kuyler of Cuyler zijn dus ook beroepsnamen van oorsprong.

Maarten.
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28964 is 'n antwoord op boodskap #28874] Di, 08 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote:
>
> lou wrote in message ...
>
>> Mens verwys ook nba 'n spruit of rivier of watergat wat met riete
>> oorgroei of omring is as 'n rietkuil.
>>
>> Nou as kuil = riet is dit dan soos agteruit reverse?
>
> Jy mis die punt.
>
> Niemand het beweer dat kuil = riet nie. Almal sal met jou
> saamstem dat "kuil" deesdae 'n gat beteken.

Maar Simon jy het dan gesê: (Sien die begin van die thread)
>>>> >>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>
Ek het ook iewers gehoor dat die
woord "kuil" in die VOC-dae 'n soort van riet beteken het wat op
rivier-oewers groei, maar ek kan geen bevestiging hiervoor kry in
woordeboeke nie.
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28975 is 'n antwoord op boodskap #28874] Wo, 09 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
doccy  is tans af-lyn  doccy
Boodskappe: 5
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Kuil verwys na 'n gat of holte.
Wie het nog nie die pragtige verskynsel van 'n kuiltjie in iemand se
ken of wange gesien nie?

Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28985 is 'n antwoord op boodskap #28874] Vr, 11 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Maarten Jansonius  is tans af-lyn  Maarten Jansonius
Boodskappe: 29
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Junior Lid
doccy schreef:
>
> Kuil verwys na 'n gat of holte.
> Wie het nog nie die pragtige verskynsel van 'n kuiltjie in iemand se
> ken of wange gesien nie?

Natuurlijk - maar ik had nog nooit 'kuil' (of 'gat') in de betekenis
'maalstroom' gezien ...

groeten,

Maarten.
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #120254 is 'n antwoord op boodskap #28874] Ma, 09 November 2015 07:28 Na vorige boodskap
cederber...  is tans af-lyn  cederber...
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 2015
Karma: 0
Junior Lid
Hierdie is nog 'n kop raaisel!

Resident on the farm " Driehoek gelegen aan de groote Kuile

Kuile ? nou waarvan verwys hul hier ?

Cederberg area hier het ons matjies goed,kadette en maalgat/gate.

Enige inligting sal baie help.
Kock, Johann Matthias. -- Bergholz in Brandenburg. Arr. 1744 as so., stable-boy 1747-50, b. 1750. -- 1.5.1763 Elisabeth Maria Sas (Marr. Reg. of Swartland). 7 children. Resident on the farm " Driehoek gelegen aan de groote Kuile ". + 1799.

Dankie
Groete
Dawie Burger
Vorige onderwerp: Generaal Hondswaai
Volgende onderwerp: Spoke, of nie spoke nie.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:06:22 MGT 2024