Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Raka" - N.P. van Wyk Louw
Uit "Raka" - N.P. van Wyk Louw [boodskap #20350] Wo, 27 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Die vroue het hom die eerste gewaar
in die loom namiddag toe die arbeid klaar
was - aan die stampblok, in die jong-groen landerye -
en hulle gedrie, geviere, in dun rye
met kruik en geel, wind-ligte kalbas
op heup en skouer deur die stekerige gras
rustig gestap het na die koel seekoegate
om daar te drentel tot die bruin en laat
skemering en die eerste sterre, met klam sand
en sagte modder om die enkels, in die hand,
om veel te lag en ure te praat,
of skugterig soms een-een uit te waad
deur die taai waterblomme, naak en blink ...
Raka, die aap-mens, hy wat nie kan dink,
wat swart en donlker is, van been en spier
'n lenige boog, en enkeld dier.

Oorkant die water het hy uitgestap
uit die gebreekte riete, en soos 'n kind wat om die grap
van 'n bont kalbassie tandeloos en stil lag,
wit gegryns en, neergehurk, gewag.

--------

Die ander dag
toe die blou visvanger stil was na sy jag
oor die gladde, warm, seekoegate,
en klein geslaap het aan 'n takkie oor die water,
het die kinders hom gesien - Raka, die swart dier:
nou 't hy oor die sand vir hulle plesier
gebuitel, soos 'n perd gerol, gegryns, gespring,
met 'n mank dans gehuppel in 'n kring, -
en skielik in die water weggeplas
waar hy glad en vinnig soos 'n otter was.
'n Blink vis het hy op die san gegooi,
lank soos 'n man se skeen en rooi
en geel gevlek bo die wit maag, ...
maar meer as hul vrees het hy hulle behaag
met sy mal spronge, hulle het gevlug
lag-lag die biesies uit, maar lag-lag trug
gekyk oor hy so snaaks was; en bo in die kraal
met lag en skrik die ding verhaal.
Die manne het daarna sy krag bemerk
aan die tekens van die groot bosse: sy werk
moes dit gewees het as die swart buffelbul
wat die bosgange en grasruigtes vul
met hees snuiwe en bulk, smôrens styf
in die voetpad gelê het waar die swaar lyf
in die knieë geknak het; as die krokodil
hoog op die sand uit gelê het en ril
soos 'n klein akkedissie wat die kinders met 'n stok
geslaan het; - of die ou spiesvegter, die gemsbok,
oordwars, gebreek, stil tussen die polle was;
- as die vlakvark gelê het in die gras
met sy wit lemme, en sy oë soos 'n vis
se oë styf. Die jagters wis
wat krag was en hulle het gevrees.

Uit: N.P. van Wyk Louw. Raka. Nasionale Boekhandel Beperk. Kaapstad.
1962.
Re: Uit "Raka" - N.P. van Wyk Louw [boodskap #20389 is 'n antwoord op boodskap #20350] Do, 28 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ag, Robbert, steur jou tog nie aan die kommentaar nie. Selfstandige
naamwoorde in Afrikaans het nie geslag nie; is dus nie manlik, vroulik
of onsydig nie. Daarom verwys ons gewoonlik na lewelose goed as "dit"
(onsydig); selfstandige naamwoord wat nie mans of manlike diere verwys
as "hy" en "hom"; en die wat na vroue of vroulike diere verwys as "sy"
of "haar". Na die gedig "Raka" sou jy so kon verwys: "Ek sal dit deeglik
bestudeer."

Terloops, die woord "seekoegate" verwys na diep poele of kuile in 'n
rivier, waar die water gewoonlik stadgier vloei.

Henry / Kwarantyn
Re: Uit "Raka" - N.P. van Wyk Louw [boodskap #20390 is 'n antwoord op boodskap #20350] Do, 28 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ik had al zo mijn twijfels, maar ik heb dus echt geen idee van het
geslacht van Zelfstandige Naamwoorden in het Nederlands. Noem het een
tekort in mijn opvoeding.

Robbert

Gervaas Hellin wrote:

>> Ik zal "haar" aandachtig bestuderen. Ik zal HET aandachtig
> bestuderen. Foei ! :-) Hilda.
Re: Uit "Raka" - N.P. van Wyk Louw [boodskap #20618 is 'n antwoord op boodskap #20350] Di, 02 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Best Robbert,

Hier is (na my beste vermoë) 'n "vertaling" van die moeilike woorde in
die uittreksel uit "Raka":

Robbert Zijlstra wrote:

> Beste meneer Kwarantyn/Henry,

> rustig gestap het na die koel seekoegate

wat zijn "seekoeigate"? Wat is een "seekoei"?
seekoegate is diep poele in 'n rivier, waar die water stadiger vloei. 'n
Seekoei is (dink ek) in Nederlands 'n "nijlpaard". Duits: Nilpferd;
Engels: Hippopotamus.

>> om daar te drentel tot die bruin en laat
>> skemering en die eerste sterre, met klam sand
>> en sagte modder om die enkels, in die hand,
>> om veel te lag en ure te praat,
>> of skugterig soms een-een uit te waad
>> deur die taai waterblomme, naak en blink ...
>
> wat is "naak" (misschien dichterbij komen?) en wat is "blink"?

Naak = kaal, sonder klere
blink = glinsterend
Dus, die vroue waad tussen die waterblomme in die water in; hulle is
ongeklee, sonder klere, en die water blink (glinster) op hulle lywe.

>> van 'n bont kalbassie tandeloos en stil lag,
>
> wat is een "kalbassie?"

'n Kalbassie is 'n vrug, byna soos 'n klein pampoen (pumpkin), maar rond
en met 'n krom steel. Wanneer dit gedroog word, word dit byna soos 'n
musiekinstrument gebruik; die sade binne-in ratel as 'n mens dit skud.
Groter kalbasse kan uitgehol word en as waterhouers gebruik word. Hulle
is soms gekleur: skakerings van geel, wit, groen en oranje; selfs rooi.

>>
>> toe die blou visvanger stil was na sy jag
>
> De "blou visvanger". Is dat een "reiger"?

Nee. 'n Visvanger is 'n kleinerige, helderblou voëltjie wat waarskynlik
klein vissies vang. Hulle word in Engels "kingfisher" genoem, en is
besonder aantreklike klein voëltjies.

>>
>> lag-lag die biesies uit, maar lag-lag trug
>
> "biesies"? Geen idee wat dat is. Of misschien het "riet"?

Dis 'n grassoort wat in of naby water groei, met lang regop soepel
stingels, wat gerbuik word om mandjies mee te vleg. Seker verwant aan
riete, maar die stingels is lank, dun, regop en buigbaar.

>>
>> met hees snuiwe en bulk, smôrens styf
>
> "bulk"? Geloei van een dier?

Ja. Beeste bulk. (Beeste = versamelnaam vir koeie, bulle en kalwers.)
Die woord "bees" in moderne Afrikaans beteken nie "dier" nie. "Bees"
verwys spesifiek na die plaasdiere waarvan ons melk en vleis kry. In die
gedig verwys dit na wildebeeste, wat ook nie beeste is wat wild ronldoop
nie. Wildebeeste is 'n diersoort waarna in Engels verwys word as "Gnu".

>>
>> soos 'n klein akkedissie wat die kinders met 'n stok
>
> "akkedissie". "Hagedis" dus in het Engels: "Lizard" misschien?

Ja. Die teenstelling is tussen die akkedis en 'n krokodil. Die digter
probeer die bomenslike krag van Raka uitbeeld.

>>
>> met sy wit lemme, en sy oë soos 'n vis
>
> Wat zijn "lemme"?

Lemme is die snykante van messe, of ook spiese. Hier verwys lemme na die
lang, gekrulde skerp slagtande van die vlakvark.

> Dat zijn mijn vragen over de tekst. Dus het meeste is wel duidelijk.
> Meestal is het Afrikaans vrij makkelijk te begrijpen. Allen sommige
> Zelfstandige Naamwoorden (Nouns) zijn bij ons niet bekend.
>
> Overigens was afgelopen vrijdag het literaire supplement in mijn krant
> (NRC Handelsblad) bijna geheel gewijd aan aan Afrikaanse dichters en
> schrijvers. En ook de Culturele bijdrage van de zaterdagkrant bevatte
> 2 zuid-afrikaanse bijdragen. Allemaal paginavullende artikelen. Dus de
> Afrikaanse dicht- en letterkunst staat hier zeker in de
> belangstelling!
>

Dis wonderlik om te hoor dat die Afrikaanse letterkunde soveel aandag
kry in Nederland. Sedert ek nie meer in Suid-Afrika woon nie, het die
Afrikaanse letterkunde vir my selfs meer belangrik geword; my grootste
verlies is die feit dat ek nou so afgesny is daarvan.

Gegroet uit Pennsylvania.

Henry

>
> Met vriendelijke groet,
>
>
> Robbert
Re: Uit "Raka" - N.P. van Wyk Louw [boodskap #20619 is 'n antwoord op boodskap #20350] Di, 02 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Robbert Zijlstra

>> op heup en skouer deur die stekerige gras
>> rustig gestap het na die koel seekoegate
>
> wat zijn "seekoeigate"? Wat is een "seekoei"?

Ek vind dit interessant dat Robbert van
"seekoeigate" praat, terwyl Kwarantyn
die korrekte-NPvWL-gekose "seekoegate"
intik. Ek bedoel nou nie dat "seekoe"
die korrekte vorm is nie. Meeste mense
praat van 'n seekoei en 'n seekoeigat.
Hoekom NP hierdie oue vorm gekies het,
weet ek nie. Miskien het hulle dit so
gebruik waar hy vandaan kom. Miskien
het lang kontak met Nederlands vir hom
daartoe beweeg.

In alle geval, wat vir my ook interessant
is, is dat in Afrikaans die term "seekoei-
gat" gebruik word alhoewel daar geen sweem
meer gedagte is dat daar seekoeie daar
kan rond wees nie. My pa en ma het ons
gedurig gewaarsku teen die "seekoeigate"
daar in die Oranje-rivier (ook bekend as
die Eyn en die Gariep.) 'n Verdere vraag
by my is ook: was daar ooit seekoeie in
die Oranje. Ek dink daar moes gewees het,
anders sou die Nederlandse "seekoe" nie
so maklik in Afrikaans ingeburger het nie.

Die meisie van die eilande van die Eyn.
Re: Uit "Raka" - N.P. van Wyk Louw [boodskap #20620 is 'n antwoord op boodskap #20350] Di, 02 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Beste meneer Kwarantyn/Henry,

nog een paar vragen over "Raka". Het grootste gedeelte verta ik wel maar
op een paar plekken twijfel ik en één keer heb ik zelfs geen idee.

Kwarantyn wrote:

> Die vroue het hom die eerste gewaar
> in die loom namiddag toe die arbeid klaar
> was - aan die stampblok, in die jong-groen landerye -
> en hulle gedrie, geviere, in dun rye
> met kruik en geel, wind-ligte kalbas
> op heup en skouer deur die stekerige gras
> rustig gestap het na die koel seekoegate

wat zijn "seekoeigate"? Wat is een "seekoei"?

> om daar te drentel tot die bruin en laat
> skemering en die eerste sterre, met klam sand
> en sagte modder om die enkels, in die hand,
> om veel te lag en ure te praat,
> of skugterig soms een-een uit te waad
> deur die taai waterblomme, naak en blink ...

wat is "naak" (misschien dichterbij komen?) en wat is "blink"?

> Raka, die aap-mens, hy wat nie kan dink,
> wat swart en donlker is, van been en spier
> 'n lenige boog, en enkeld dier.
>
> Oorkant die water het hy uitgestap
> uit die gebreekte riete, en soos 'n kind wat om die grap
> van 'n bont kalbassie tandeloos en stil lag,

wat is een "kalbassie?"

> wit gegryns en, neergehurk, gewag.
>
> --------
>
> Die ander dag
> toe die blou visvanger stil was na sy jag

De "blou visvanger". Is dat een "reiger"?

> oor die gladde, warm, seekoegate,
> en klein geslaap het aan 'n takkie oor die water,
> het die kinders hom gesien - Raka, die swart dier:
> nou 't hy oor die sand vir hulle plesier
> gebuitel, soos 'n perd gerol, gegryns, gespring,
> met 'n mank dans gehuppel in 'n kring, -
> en skielik in die water weggeplas
> waar hy glad en vinnig soos 'n otter was.
> 'n Blink vis het hy op die san gegooi,
> lank soos 'n man se skeen en rooi
> en geel gevlek bo die wit maag, ...
> maar meer as hul vrees het hy hulle behaag
> met sy mal spronge, hulle het gevlug
> lag-lag die biesies uit, maar lag-lag trug

"biesies"? Geen idee wat dat is. Of misschien het "riet"?

> gekyk oor hy so snaaks was; en bo in die kraal
> met lag en skrik die ding verhaal.
> Die manne het daarna sy krag bemerk
> aan die tekens van die groot bosse: sy werk
> moes dit gewees het as die swart buffelbul
> wat die bosgange en grasruigtes vul
> met hees snuiwe en bulk, smôrens styf

"bulk"? Geloei van een dier?

> in die voetpad gelê het waar die swaar lyf
> in die knieë geknak het; as die krokodil
> hoog op die sand uit gelê het en ril
> soos 'n klein akkedissie wat die kinders met 'n stok

"akkedissie". "Hagedis" dus in het Engels: "Lizard" misschien?

> geslaan het; - of die ou spiesvegter, die gemsbok,
> oordwars, gebreek, stil tussen die polle was;
> - as die vlakvark gelê het in die gras
> met sy wit lemme, en sy oë soos 'n vis

Wat zijn "lemme"?

> se oë styf. Die jagters wis
> wat krag was en hulle het gevrees.
>
> Uit: N.P. van Wyk Louw. Raka. Nasionale Boekhandel Beperk. Kaapstad.
> 1962.
>

Dat zijn mijn vragen over de tekst. Dus het meeste is wel duidelijk.
Meestal is het Afrikaans vrij makkelijk te begrijpen. Allen sommige
Zelfstandige Naamwoorden (Nouns) zijn bij ons niet bekend.

Overigens was afgelopen vrijdag het literaire supplement in mijn krant
(NRC Handelsblad) bijna geheel gewijd aan aan Afrikaanse dichters en
schrijvers. En ook de Culturele bijdrage van de zaterdagkrant bevatte 2
zuid-afrikaanse bijdragen. Allemaal paginavullende artikelen. Dus de
Afrikaanse dicht- en letterkunst staat hier zeker in de belangstelling!

Met vriendelijke groet,

Robbert
Re: Uit "Raka" - N.P. van Wyk Louw [boodskap #20621 is 'n antwoord op boodskap #20618] Di, 02 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Kwarantyn wrote:

> seekoegate is diep poele in 'n rivier, waar die water stadiger vloei.
> 'n Seekoei is (dink ek) in Nederlands 'n "nijlpaard". Duits:
> Nilpferd; Engels: Hippopotamus.

als kind las ik een oud boek, een oude uitgave van "Baron von
Münchhausen" waarin de baron op "zeekoeien" jaagt. Maar niemand kon mij
vertellen wat een "zeekoe" is. Toen ik dit las in het gedicht, dacht ik,
dit is mijn kans om het te weten te komen, na 15 jaar! Ik denk dus dat
voordat wij in Nederland gingen zeggen "Nijlpaard" het Afrikaanse woord
gebruikten.

> Ja. Beeste bulk. (Beeste = versamelnaam vir koeie, bulle en kalwers.)
> Die woord "bees" in moderne Afrikaans beteken nie "dier" nie. "Bees"
> verwys spesifiek na die plaasdiere waarvan ons melk en vleis kry. In
> die gedig verwys dit na wildebeeste, wat ook nie beeste is wat wild
> ronldoop nie. Wildebeeste is 'n diersoort waarna in Engels verwys word
> as "Gnu".

Ja, een Afrikaner vertelde mij vorig jaar in Israel een grap over een
Nederlander die in een wildtuin 2.000 rand betaald om op "Wildebees" te
jagen. De Nederlander denkt: "dat is goedkoop. Dat heb ik weer slim
geregeld". Hij gaat jagen, ziet een leeuw en rara wat er gebeurd: hij
schiet hem dood! De jachtopziener van de wildtuin woedend: "u heeft een
leeuw geschoten, dat kost 50.000 rand en u heeft maar 2.000 betaald".
Zegt die Nederlander: "maar dat beest was wild en ik betaal geen rand
bij"

Zo zie je wat voor een naam wij Nederlanders over de wereld hebben!

> Dis wonderlik om te hoor dat die Afrikaanse letterkunde soveel aandag
> kry in Nederland. Sedert ek nie meer in Suid-Afrika woon nie, het die
> Afrikaanse letterkunde vir my selfs meer belangrik geword; my grootste
> verlies is die feit dat ek nou so afgesny is daarvan.
>

Ja er is de laatste 4 jaar zeer veel belangstelling voor Zuid-Afrika in
Nederland, er wordt Zuid-Afrikaans gegeten, gelezen, gesproken (nou ja,
een beetje) en een hoop rijke lui kopen een tweede huis in de
Kaapprovincie. The Dutchman are back in Force! Laten we maar hopen dat
ze zich een beetje gedragen. Maar ja, is er ook geen Zuid-Afrikaanse
radio in de VS? In het buitenland luister ik vaak naar de Nederlandse
wereldomroep voor het nieuws en zo.

Afijn, bedankt voor uw razendsnelle en zeer behulpzame reactie op mijn
vragen.

Met vriendelijke groet,

Robbert
Re: Uit "Raka" - N.P. van Wyk Louw [boodskap #20649 is 'n antwoord op boodskap #20350] Wo, 03 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Na my beskeie mening bestaan daar nie so 'n woord soos "wildebees" in
Afrikaans nie. Die dier (die gnu soos in Piggy Gnu) wat Robbert hier in
gedagte het word 'n blouwildebees genoem.

Dit laat my dink aan twee Hollandse tantes van my wat ons in die laat 1950's
in Suid-Afrika kom besoek het, en saam met ons na die Kruger-wildtuin is.
Daar het die twee na die betrokke diere verwys as "blauw-wildekoebeesten"
:-).

Simon

Robbert Zijlstra wrote in message ...

>
> Ja, een Afrikaner vertelde mij vorig jaar in Israel een grap over een
> Nederlander die in een wildtuin 2.000 rand betaald om op "Wildebees" te
> jagen. De Nederlander denkt: "dat is goedkoop. Dat heb ik weer slim
> geregeld". Hij gaat jagen, ziet een leeuw en rara wat er gebeurd: hij
> schiet hem dood! De jachtopziener van de wildtuin woedend: "u heeft een
> leeuw geschoten, dat kost 50.000 rand en u heeft maar 2.000 betaald".
> Zegt die Nederlander: "maar dat beest was wild en ik betaal geen rand
> bij"
>
> Zo zie je wat voor een naam wij Nederlanders over de wereld hebben!
>
Re: Uit "Raka" - N.P. van Wyk Louw [boodskap #20675 is 'n antwoord op boodskap #20350] Do, 04 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Robbert Zijlstra wrote:

> als kind las ik een oud boek, een oude uitgave van "Baron von
> Münchhausen" waarin de baron op "zeekoeien" jaagt. Maar niemand kon mij
> vertellen wat een "zeekoe" is. Toen ik dit las in het gedicht, dacht ik,
> dit is mijn kans om het te weten te komen, na 15 jaar! Ik denk dus dat
> voordat wij in Nederland gingen zeggen "Nijlpaard" het Afrikaanse woord
> gebruikten.

Die Duitse woord "Seekuh" beteken egter "Manati" (Amerik.) of "Dugong"
(Austral.). Miskien is dít wat Münchhausen gejaag het, en die vertaling as
"zeekoe" was net 'n bietjie onakkuraat? Ek het die boek maar nooit gelees
nie, dus kan ek nie presies sê of die Duitse vertaling die woord "Seekuh"
gebruik nie.

Groete,

Thorsten
Re: Uit "Raka" - N.P. van Wyk Louw [boodskap #120296 is 'n antwoord op boodskap #20350] Di, 12 Julie 2016 16:29 Na vorige boodskap
kdierg...  is tans af-lyn  kdierg...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 2016
Karma: 0
Junior Lid
Meneer Kwarantyn

Kan ek U dalk 7 vrae vra?
Vorige onderwerp: Gedigte deur PHILIP DE VOS
Volgende onderwerp: " ek staan op 'n moerse rots " deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 08:25:53 MGT 2024