Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » 'n KOSTELIKHEID OF WAT
'n KOSTELIKHEID OF WAT [boodskap #20254] Ma, 25 Januarie 1999 00:00
SMS  is tans af-lyn  SMS
Boodskappe: 12
Geregistreer: Desember 1998
Karma: 0
Junior Lid
Geniet die volgende paar kinderstaaltjies:

Giel is die dag sommer baie lastig en pa het al gewaarsku, maar hoor is min
(kind het Prestic in hom ore) Later kan pa dit nie meer hanteer nie en sê:
"Luister Gieljam (as pa sê: 'Gieljam' dan beteken dit moeilikheid) ek haal
nou my belt af !!!!." Giel laat nie op hom wag nie met: "Dan val jou broek
af."

Nico en Magda Taljaard vertel: Hulle ouste seun, Izak, is 'n aangenome kind.
Van kleinsaf het hulle vir hom vertel dat hy 'n aangenome kind is en nie
hulle eie seun nie. Hulle sit in die kerk en Izak (toe so vyf jaar oud) se
neef Izak (toe so agtien) word aangeneem en voorgestel. Toe dit Izak (18) se
beurt is om voor die kansel te gaan staan, stamp Izak (5) aan sy ma en sê:
"Ma, gelukkig is ek klaar aangeneem"

Magda koop vir Nico 'n paar skoene in die dorp. Sy reël met die winkel dat
die skoene op die plaas aangepas sal word en sou hulle nie pas nie, sal sy
dit volgende keer as sy dorp toe kom dit terugbring om, om te ruil. Op die
plaas gekom trek Nico sy ou skoene uit en die nuwes word aangepas. Ja-nee
die skoene pas. Dit word uitgetrek, die oues word gesoek, maar dis weg. Kyk
onder die bank, nee dis weg. Nou hoe dan, dit was dan nou nog hier. Johan
jonger boetie word gevra of hy dit nie gesien het nie. Hy pleit onskuldig.
Izak (amper 4) word gevra of hy dit nie gesien het nie: "Ja Pa, ek het dit
in my kas gaan sit, sodat ek darem ook skoene het as ek eendag groot is"

Opdrag in eksamen: Vertaal die woord Begraafplaas in Engels.

Willie se probeerslae: Eers skryf hy "deadfarm". Hy trek 'n strepie
daardeur, want redeneer hy: "Ek het nog nooit van so 'n woord gehoor nie."
Hy dink aan woorde wat met "dead" begin wat dalk vir hom 'n aanduiding kan
wees. Sy gesig verhelder, hy het dit. Hy het al gehoor sy pa gebruik die
woord. Hy vertaal begraafplaas met "deadcentre."

Ek dink 'n ou moet by die kleuterskole gaan stories soek, so is die volgende
een van Speel en Leer hier naby my. Seef en Sarel gaan volgende jaar
"grootskool" toe en hulle is nou op die staduim dat onenighede sommer met
die vuisies besleg word. Juffrou hoor daar is so 'n jong oorloggie aan die
gang. Een van die take van 'n kleuterskoolonderwyseres is om die vrede te
probeer bewaar. Sy roep die twee en vra wat die probleem skyn te wees. Seef
praat eerste: "Juffrou, Sarel het gesê ek het 'n wind gelos en hy lieg."
Sarel moet homself verdedig met: "Issie Juffrou, ek lieg nie. Hy het 'n wind
gelos, ek het dit gehoor, geruik en gesien." "Nee wag nou Sarel" vra
Juffrou, "die gehoor en geruik kan ek nog verstaan, maar nie die 'gesien'
nie." Sarel verduidelik: "Juffrou ek het dit gesien, dit was so 'n groot
wind wat hy gelos het, dat sy broek sommer so gewip het."

Nog 'n laaste een van die kleuterskool: "Juffrou, my maatjie se mangels is
uitgehaal en toe praat sy vreeslik sag. Nou die dag gaan kuier ek by haar en
toe praat sy weer hard. Ek dink hulle het haar mangels weer terug gesit."

Nog 'n kleuterskool storie: Juffrou vertel die kleingoed van bulle, koeie en
kalwers. Sy verduidelik dat die klein kalfie nie gras kan vreet as hy nog
klein is nie, maar dat hy melk drink. Die melk kry hy deur aan sy ma se
spene te suig. Anke haak af met: "Ja, ek het ook aan my ma se spene
gedrink."

Indien jy nog sulke kostelikhede wil lees, gaan loer by:

http://www.yebo.co.za/~dm44

OF

Skryf aan my by dm...@yebo.co.za

Groete,

Danie
Vorige onderwerp: Dyslexic Grafiti (Sorry for the spelling)
Volgende onderwerp: KINDERKOSTELIKHEDE OM DIE DAG LIGTER TE MAAK
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 01:02:56 MGT 2024