Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Herfsmiddag in Quebec
'n Herfsmiddag in Quebec [boodskap #18337] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2176
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Vanmiddag het ons die Ottawa-rivier oorgesteek
by die Champlain-brug omdat ons in die Gatineaus
die laaste herfsblare wou gaan kyk. Die heuwels van
die Gatineaus is in die provinsie van Quebec, maar
binne sig van Ottawa, wat in Ontario is. Die grootste
meer in die Gatineaus is Meech-Lake, wat sy naam
gegee het aan een van die konstitusionele pogings om
die separatiste te bevredig deur Quebecers te aanvaar
as 'n �distinct society.� ( Die res van Kanada, en die
mense van Quebec self, het die Meech Lake Accord
in 'n referendum later verwerp.) Een van die mooi dae
gaan daar glo weer 'n provinsiale verkiesing in Quebec
wees. Dis net 'n gewone verkiesing, maar as Bouchard
en sy Separatiste (wat nou aan bewind is) weer inkom, dan
sal daar amper seker 'n referendum oor afskeiding een
van die mooi dae wees.
Ek dwaal egter af. Die rooi en oranje en perske-geel
blare het al meestal van die bome afgeval. Daar is nog net
geel en oker en bruin blare aan die bome, tussen die silwer-
grys en swart van die bome se stamme. Die sumac is egter
nog rooi naby aan die grond. Hierdie naweek sal dit glo
kom reën en dan sal die blare seker meestal op die grond
beland. Hierdie reën het as sneeu in Calgary en Regina
geval. Op die TV het hulle gewys hoe die nat sneeu veral
in Regina so swaar op die bome se takke was dat dit die
bome laat breek het en op huise en karre beland het. Dit het
amper gelyk soos vroeg hierdie jaar se ysstorm hier by ons.
Winter is dus aan die kom, en is vroeg vanjaar. Ek wonder
wanneer ons die eerste sneeuflokkie gaan sien.

Gloudina Bouwer
Re: 'n Herfsmiddag in Quebec [boodskap #18408 is 'n antwoord op boodskap #18337] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Oct 1998 00:06:38 GMT, wrote:

|Winter is dus aan die kom, en is vroeg vanjaar. Ek wonder
|wanneer ons die eerste sneeuflokkie gaan sien.
|
|Gloudina Bouwer
|
|
Ons was die naweek na die Black Hills in South Dakota en het Saterdag
oggend vier duim sneeu gehad! My ou skoonma was so opgewonde!

Sal julle nog later meer oor ons baie interesante trip vertel.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Vang jy nie die skimp nie, Gloudina
Volgende onderwerp: Ervaar julle ook snaakse nuusgroep-manewales?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 21:26:11 MGT 2024