Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skurwejan
skurwejan [boodskap #139634] So, 03 Julie 2022 18:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18817
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skurwejantjie.
'n Skurwejantjie.
skurwejan
Afbreking: skur•we•jan
Samestelling: skurwe + jan


Selfstandige naamwoord: skurwejan
Meervoud: skurwejanne
Verkleinwoord: skurwejantjie
Meervoud van verkleining: skurwejantjies

Betekenis:
• Die groot gordelakkedis, Cordylus giganteus, ook ouvolk of sonkyker genoem (meestal as verkleinwoord).
• Spotnaam vir 'n krokodil.
• (figuurlik) 'n Veragtelike persoon.

Gebruik:
• Die skurwejantjie kom in die Noord-Vrystaat en Mpumalanga voor waar hulle in selfgemaakte tonnels in sanderige grond woon.
• Ons het 'n paar skurwejanne langs die rivier sien lê.
• Sy loop draaie om die ongepoetste skurwejan.

Vertaling:
Engels: sungazer; crocodile; scoundrel
Nederlands: reuzengordelstaarthagedis; krokodil; schurk
Sotho: patagaly
Zoeloe: mbedhla

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spekstorie
Volgende onderwerp: vlamwerper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 12:48:54 MGT 2024