Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » om dankie te sê
om dankie te sê [boodskap #139632] So, 03 Julie 2022 14:53
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
om dankie te sê vir ‘n boom se somerskaduwee
is om dankbaar te wees vir sy herfsblare wat op jou grasperk val

om dankie te sê vir die oseaan se branders
is om dankbaar te wees vir die sandkorrels wat teen jou bene waai

om dankie te sê vir die by se heuningkoeke
is om dankbaar te wees vir sy angel wat jou van sy nes weghou

om dankie te sê vir jou kinders se prestasies
is om dankbaar te wees vir die nagte wat hul jou geen
slaap besorg

om dankie te sê vir jou vrou
is om dankbaar te wees vir die dinge waaroor jul verskil

om dankie te sê vir God
is om dankbaar te wees vir die mikrolewens rondom jou
Vorige onderwerp: om te dig
Volgende onderwerp: hello ruimtebewoner
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 10:11:31 MGT 2024