Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verskuil
verskuil [boodskap #138285] Ma, 25 Oktober 2021 12:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18627
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verskuil
Afbreking: ver•skuil
Samestelling: ver- + skuil


Werkwoord: verskuil
Verlede tyd: het verskuil

Betekenis:
• Om minder duidelik of sigbaar te maak.

Gebruik:
• Die dief het homself agter 'n boom probeer verskuil.

Sinoniem:
• bedek
• kamoefleer
• verberg
• verskans
• versteek
• wegkruip
• wegsteek

Vertaling:
Engels: to conceal, hide
Nederlands: verschuilen


Byvoeglike naamwoord: verskuil
Attributief: verskuilde

Betekenis:
• Wat minder duidelik/sigbaar is.

Gebruik:
• Mense het dikwels verskuilde agendas.

Vertaling:
Engels: concealed, hidden
Nederlands: verscholen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nasaat
Volgende onderwerp: multikultureel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:51:05 MGT 2024