Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » prikkel
prikkel [boodskap #138282] So, 24 Oktober 2021 08:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
prikkel
Afbreking: prik•kel
Samestelling: prik + -kel


Selfstandige naamwoord: prikkel
Meervoud: prikkels
Verkleinwoord: prikkeltjie
Meervoud van verkleining: prikkeltjies

Betekenis:
• Verandering in die omgewing waarop 'n organisme reageer.
• (biologie) Stimulus wat deur 'n reseptor (soos 'n trilhaar) waargeneem word.
• (figuurlik) Invloed wat op iets of iemand inwerk; aansporing; stimulering.

Gebruik:
• 'n Refleksbeweging is 'n vinnige, outomatiese respons op 'n prikkel.
• Die sintuigselle neem prikkels uit die omgewing waar en skakel dit na senuwee-impulse om.
• 'n Koerantberig was die prikkel wat hom gedryf het om verder navorsing te doen.

Hiponiem:
• hoesprikkel
• klankprikkel
• ligprikkel
• senuweeprikkel
• smaakprikkel
• pynprikkel
• teenprikkel

Afgelei:
• prikkelaar
• prikkelbaar
• prikkelbaard
• prikkelend
• prikkelfilm
• prikkelhaar
• prikkeling
• prikkellektuur
• prikkelmiddel
• prikkelpop
• prikkeltydskrif

Vertaling:
Engels: stimulus, impulse, incentive, incitement
Nederlands: prikkel


Werkwoord: prikkel
Verlede tyd: het geprikkel

Betekenis:
• Om 'n response te veroorsaak of uit te lok.

Gebruik:
• Jou opstel se inleiding moet die leser prikkel om verder te wil lees.

Spreekwoord:
• Prikkel die lagspiere. ['n Mens laat lag.]

Afgelei:
• oorprikkel

Vertaling:
Engels: to prick, tickle, spur
Nederlands: prikkelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: frustrasie
Volgende onderwerp: prik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:25:19 MGT 2024