Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spot
spot [boodskap #138278] Sa, 23 Oktober 2021 08:01
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18809
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spot
Afbreking: spot


Werkwoord: spot
Verlede tyd: het gespot

Betekenis:
• Om te skerts en grappe te maak; iemand se been trek; die draak steek; vir die gek hou.
• Om iemand af te kraak en belaglik te maak.

Gebruik:
• Moenie hom te ernstig vat nie, hy spot maar altyd so.
• Al die gespot het haar selfbeeld geknak.

Sinoniem:
• afkraak
• beledig
• beskimp
• beswadder
• hoon
• minag
• smaad
• terg
• uitjou
• verkleineer

Afgelei:
• bespot

Vertaling:
Engels: to jest, joke; to mock, jeer, scoff, deride
Nederlands: spotten


Selfstandige naamwoord: spot
Meervoud:

Betekenis:
• Die handeling van spot.

Gebruik:
• Moenie dat ek die spot van dwase mense word nie. [Psalms 59:9]

Spreekwoord:
• Met spot gaan jy na bed. [Dit waarmee jy spot, kan jou dalk tref.]

Afgelei:
• selfspot
• spotagtig
• spotdig
• spotdigter
• spotgoedkoop
• spotlag
• spotlied
• spotlus
• spotnaam
• spotprent
• spotprys
• spotrede
• spotsiek
• spotskrif
• spotsug
• spottaal
• spottend
• spotter
• spotterig
• spotterny
• spotters
• spottery
• spotverse
• spotvoël

Vertaling:
Engels: mockery, ridicule, scorn
Nederlands: spot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: laggend
Volgende onderwerp: amoeba
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 18:21:41 MGT 2024