Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Lees dié:
Lees dié: [boodskap #15348] Sa, 30 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hier is 'n stukkie om julle lus te maak en vir die stommerik wat gese
het ons het nie humorsin nie:

"Terwyl die voorsang aan die gang is, dwaal oom
Willie se hand oudergewoonte oor sy lippe,
wange en voorkop en daarmee identifiseer hy dan
ook die velplekkies wat by 'n vegie lipsalf kan
baat vind. Met die vaardigheid van 'n geoefende
hand word die stiffie solank binne-in sy
baadjiesak tot in die handpalm gegly, gereed vir 'n
vinnige smeer. Maar vanmôre gee Dominee se
kanselprosedures oom Willie nie kans vir sy stiffie
nie. Tydens die seëngroet probeer hy, maar dis te
gou verby en die gemeente se oë is al weer oop.
Dan maar wag vir 'n geskikter oomblik. Dominee
gee sy teksverwysing, kompleet met
bladsynommer "ter wille van die ou kleintjies",
wag dat almal die leesplek gekry het en sê dan
dat hy graag die seën wil vra op dit wat gelees
gaan word. Met die eerbied wat die oomblik vra,
doen oom Willie opreg mee, maar besluit tog dis
die kans vir oppoets. Met vinnige hale smeer hy
sy lippe en die paar plekkies aan sy voorkop en
op sy wange. Doppie op, stiffie veilig in die sak
toe die gemeente weer kan kyk.

Dominee kyk een keer op, sy oë verstar, en die
volgende oomblik buk hy weg agter die
beskutting van die preekstoel. Verslaentheid en
stilte. Wat het nou gebeur? Waar is Dominee?

Die koster herstel eerste en gedagtig daaraan dat
Dominee nie meer 'n jong man is nie en dat daar
hartmoeilikheid in sy familie was, storm hy teen
die trappies uit preekstoel toe. En daar sit
Dominee op sy hurke in 'n bondeltjie op die
grond en sy oë swem soos hy saggies probeer
lag.

"Watsit nou, Dominee?" stotter die koster
saggies.

"Oom Willie, oom Willie. Kyk net. Jy het nog
nooit so iets gesien nie!" ......."

Die res is by die volgende web bladsy te sien:

http://www.afrikaans.com/afrvan.html

Lekker lees aan die res!
Re: Lees dié: [boodskap #15372 is 'n antwoord op boodskap #15348] So, 31 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Johan N Potgieter wrote in message ...
> Hier is 'n stukkie om julle lus te maak en vir die stommerik wat gese
> het ons het nie humorsin nie:
>

> Die res is by die volgende web bladsy te sien:
>
> http://www.afrikaans.com/afrvan.html
>
> Lekker lees aan die res!

Ja, dit was baie snaaks. Ek het veral gelag vir die tweetalige
rekenaarterme, bv.

backup=rugsteun;
browser=rondblaaier (wat het van 'snuffelaar' geword?);
drag & drop=sleep en los (HAHA);
FAQ=VVV(Nee, nie wat julle gedink het nie, maar wel
Veel Voorkomende Vraag);
RAM=ewetoeganklike geheue.

Watter planeet is hierdie ouens op? (O ja, dis in die Kaap)
Vorige onderwerp: Re: T.Kelly Pushers
Volgende onderwerp: Woordeboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 10:20:02 MGT 2024