Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gedrewe
gedrewe [boodskap #136925] Di, 15 Junie 2021 20:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedrewe
Afbreking: ge•dre•we


Byvoeglike naamwoord: gedrewe
Attributief: gedrewe

Betekenis:
• Hoogs gemotiveer om sukses te behaal.
• (meganika) Wat deur iets aangedryf is/word.

Gebruik:
• Afrikaners is trotse en gedrewe mense.
• Indien die dryfrat kloksgewys draai, sal die gedrewe rat antikloksgewys draai.

Sinoniem:
• ambisieus
• aangedrewe
• gemotiveerd
• kompulsief

Hiponiem:
• agterwielaangedrewe
• vierwielaangedrewe
• voorwielaangedrewe

Afgelei:
• gedrewenheid

Vertaling:
Engels: actuated, driven, embossed
Nederlands: aangedreven

Nota:
• Voltooide deelwoord van aandryf.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inspirasie
Volgende onderwerp: verloën
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 21:42:10 MGT 2024