Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » huistoe (huis toe)
huistoe [boodskap #135541] Wo, 27 Januarie 2021 16:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
As jy hier uitgekom het, is jy uitgevang!

Daar is nie 'n woord soos "huistoe" nie, "huis toe" word as twee woorde geskryf.

Die reël is dat "toe" met 'n selfstandige naamwoord los geskryf word. Voorbeelde hiervan is: dam toe, dorp toe, fliek toe, huis toe, Kaap toe, strand toe, ens.

Die verwarring ontstaan omdat "toe" saam met 'n bywoord vas geskryf word, soos agtertoe, binnetoe, boontoe, buitetoe, ondertoe, soontoe en vorentoe.

Onthou: toe + s.nw. = los, maar toe + bw. = vas!
Vorige onderwerp: Afrikaanse vertaling vir "I'll drink to that"
Volgende onderwerp: oorsprong van het woord baie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 02:49:22 MGT 2024