Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lukraak
lukraak [boodskap #134881] Vr, 04 Desember 2020 13:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lukraak
Afbreking: luk•raak


Byvoeglike naamwoord: lukraak
Attributief: lukrake
Partitief: lukraaks

Betekenis:
• Wat van toeval afhang; sommer blindweg sonder 'n vooraf plan of doel.

Gebruik:
• Die wenner sal lukraak deur middel van 'n trekking gekies word.

Sinoniem:
• ewekansig
• toevallig
• willekeurig

Vertaling:
Engels: haphazardly, at random
Nederlands: lukraak

Nota:
• Waarskynlik gevorm uit die verouderde woord luk ("geluk") en raak ("om 'n doel te tref").

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: immergroen
Volgende onderwerp: knopkierie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 18:49:16 MGT 2024