Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » appelliefie
appelliefie [boodskap #134879] Vr, 04 Desember 2020 09:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Appelliefies
Appelliefies
appelliefie
Afbreking: ap•pel•lie•fie
Samestelling: appel + liefie
Uitspraak: /ɑpəˈlifi/


Selfstandige naamwoord: appelliefie
Meervoud: appelliefies
Verkleinwoord: appelliefietjie
Meervoud van verkleining: appelliefietjies

Betekenis:
• 'n Klein eetbare bessie wat met kelkblare bedek is, Physalis peruviana.

Gebruik:
• Die appelliefie kom oorspronklik uit die Andes (Suid-Amerika), maar word al vanaf 1800 aan die Kaap gekultiveer.

Sinoniem:
• appeldeliefde
• appelderliefde
• appelliepie
• klapbessie
• pompelmoer

Vertaling:
Engels: Cape gooseberry, gooseberry
Nederlands: goudbes

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skobbejak
Volgende onderwerp: immergroen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:54:09 MGT 2024