Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » druiwe
druiwe [boodskap #133859] Do, 01 Oktober 2020 11:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Druiwe
Druiwe
druiwe
Afbreking: drui•we
Uitspraak: /ˈdrœʏ̯və/


Selfstandige naamwoord: druif
Meervoud: druiwe
Verkleinwoord: druifie
Meervoud van verkleining: druifies

Betekenis:
• Die eetbare bessies van die wingerdstok, Vitis vinifera.

Gebruik:
• Sy pluk 'n groot tros druiwe.

Spreekwoord:
• Jou druiwe teëkom. [Jou meerdere kry.]
• Sy druiwe is suur. [Iets verkleineer wat jy graag wil hê, maar nie kan kry nie.]
• Dit help nie om druiwe Boland toe te stuur nie. [Iets doen wat heeltemal onnodig is.]
• Jakkals sê die druiwe is suur. [Gesê as iemand minagtend praat van iets wat buite sy bereik is.]
• As die jakkals dik is, is die druiwe suur. [As 'n mens genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie.]

Vertaling:
Engels: grapes
Nederlands: druiven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: jongspan
Volgende onderwerp: oninteressant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 22:11:38 MGT 2024