Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vermoë
vermoë [boodskap #133853] Do, 01 Oktober 2020 08:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vermoë
Afbreking: ver•mo•ë


Selfstandige naamwoord: vermoë
Meervoud: vermoëns

Betekenis:
• Dit waartoe iets of iemand in staat is; dit wat vermag kan word.
• Iemand met baie geld, besittings of 'n ander vorm van rykdom.

Gebruik:
• Jy het die vermoë om dit te kan doen.
• Ons buurman is 'n man van vermoë.

Antoniem:
• onvermoë

Afgelei:
• onderskeidingsvermoë
• uitstralingsvermoë
• vermoënsbelasting
• vermoëtoets
• vermoënsverlies

Spelfout:
• vermoeë

Vertaling:
Engels: ability, capability; means, fortune
Nederlands: vermogen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oumens
Volgende onderwerp: gevegstenue
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 07:01:14 MGT 2024