Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » moedswillig
moedswillig [boodskap #133772] Sa, 26 September 2020 20:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
moedswillig
Afbreking: moeds•wil•lig


Byvoeglike naamwoord: moedswillig
Vergrotende trap: moedswilliger
Oortreffende trap: moedswilligste
Attributief: moedswillige
Partitief: moedswilligs

Betekenis:
• Kwaadwillig en met bose opset; om iets opsetlik anders doen as wat van jou verwag word.

Gebruik:
• Sulke moedswillige wangedrag moet swaar gestraf word.

Sinoniem:
• aspris

Afgelei:
• moedswilligheid

Vertaling:
Engels: deliberate, intentional; mischievous; wilful
Nederlands: moedwillig


Bywoord: moedswillig

Betekenis:
• Op 'n moedswillige manier; met opset.

Gebruik:
• Die vrugtebome op sy erf is moedswillig deur vandale beskadig.

Vertaling:
Engels: deliberately
Nederlands: moedwillig, met opzet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klankopname
Volgende onderwerp: onafhanklik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 23:17:42 MGT 2024