Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » doepa
doepa [boodskap #133698] Wo, 23 September 2020 14:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
doepa
Afbreking: doe•pa


Selfstandige naamwoord: doepa
Meervoud: doepas
Verkleinwoord: doepatjie
Meervoud van verkleining: doepatjies

Betekenis:
• 'n Toormiddel, liefdesdrankie of geheime gesondmakertjie; middel wat prestasie verhoog of verlaag.

Gebruik:
• Hy het doepa by die toordokter gekoop.

Sinoniem:
• moeti
• paljas
• toorgoed

Vertaling:
Engels: magic-potion, philtre, dope


Werkwoord: doepa
Verlede tyd: het gedoepa

Betekenis:
• Toor; betower.

Gebruik:
• Hy het haar drankie gedoepa.

Vertaling:
Engels: to dope, drug

Nota:
• Van Maleis, dupa, wat "wierook" beteken, 'n soort poeier wat Maleiers in hulle huise en moskees brand vir die aangename reuk wat dit afgee. Volgens bygeloof is dit 'n toormiddel.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: miet
Volgende onderwerp: stapel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 04:37:32 MGT 2024