Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vyl
vyl [boodskap #133694] Wo, 23 September 2020 12:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vyl.
'n Vyl.
vyl
Afbreking: vyl


Selfstandige naamwoord: vyl
Meervoud: vyle
Verkleinwoord: vyltjiel
Meervoud van verkleining: vyltjies

Betekenis:
• Gereedskap met 'n gegroefde oppervlak waarmee 'n dun lagie van 'n voorwerp afgeskuur kan word.

Gebruik:
• Gee vir my 'n growwe vyl aan, asseblief.

Homofoon:
• veil (vir geld verruil)
• feil (deftig vir fout)

Afgelei:
• naelvyl
• soetvyl

Vertaling:
Engels: file
Nederlands: vijl


Werkwoord: vyl
Verlede tyd: het gevyl

Betekenis:
• 'n Lagie afskuur of afrasper.

Gebruik:
• Sy vyl haar naels.

Afgelei:
• afvyl

Vertaling:
Engels: to file
Nederlands: vijlen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dagsê
Volgende onderwerp: veil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 01:35:45 MGT 2024