Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klik
klik [boodskap #133560] Di, 15 September 2020 14:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klik
Afbreking: klik


Selfstandige naamwoord: klik
Meervoud: klikke
Verkleinwoord: klikkie
Meervoud van verkleining: klikkies

Betekenis:
• 'n Kort, sagte klapgeluid.
• (rekenaarwetenskap) Keuse op 'n rekenaar gemaak deur êrens te druk (muis of raakskerm).
• (taalkunde) 'n Suigklank; nie-pulmonale medeklinker gevorm deur 'n dubbele afsluiting met die tong of die lippe wat met 'n plof losgetrek word.

Gebruik:
• Druk die knoppie tot jy 'n klik hoor.
• Jy kan al jou data met een klik uitgewis.
• Xhosa het drie klikke wat as c, x en q geskryf word, wat elk in ses variante uitgespreek kan word.

Vertaling:
Engels: click; mouse press
Nederlands: klik


Werkwoord: klik
Verlede tyd: het geklik

Betekenis:
• 'n Geheim oorvertel; iemand verraai; skinder.
• 'n Kort, sagte klapgeluid maak.
• (rekenaarwetenskap) Rekenaarmuis se knoppie druk of op 'n rekenaarskerm druk om 'n keuse uit te oefen.

Gebruik:
• Kan ons jou vertrou of gaan jy op ons klik?
• Moenie so met jou tong klik nie.
Klik op die groen knoppie. Klik hier, klik daar, en siedaar! Die webblad bied een-klik-toegang tot die inligting wat u benodig.

Afgelei:
• klikbek
• klikkery

Vertaling:
Engels: to click; to squeal, snitch; click
Nederlands: klikken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kliek
Volgende onderwerp: noeps
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 03:35:18 MGT 2024