Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deklinasie
deklinasie [boodskap #132507] So, 02 Augustus 2020 10:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deklinasie
Afbreking: de•kli•na•sie
Uitspraak: /dikləˈnɑːsi/, /dəkləˈnɑːsi/


Selfstandige naamwoord: deklinasie
Meervoud: deklinasies

Betekenis:
• Die afwyking of wegbuiging vanaf 'n reguit lyn.
• (magnetisme) Afwyking van 'n magneet se naald.
• (sterrekunde) Die posisie van 'n hemelliggaam ten opsigte van die hemelewenaar.
• (taalkunde) Verandering aan die uitgange van 'n woord om getal, naamval en dergelike aan te dui.

Gebruik:
• Die hoek het 'n deklinasie van 45 grade.
• Die verskil tussen ware en magnetiese noord word die magnetiese deklinasie genoem.
• Die deklinasie van die hemel-ewenaar is dus 0°, die Noordhemelpool is by deklinasie +90° en die Suidhemelpool by -90°.
Deklinasie kom in tale soos Duits, Latyn, Grieks en Russies voor, maar is in Afrikaans grotendeels verlore.

Sinoniem:
• afwyking
• wegbuiging

Afgelei:
• deklinasiehoek
• deklinasienaald
• deklinasiesirkel

Afkorting:
• dekl.

Vertaling:
Engels: declination
Nederlands: declinatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: donderweer
Volgende onderwerp: astronomie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 05:31:49 MGT 2024