Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » brandpunt
brandpunt [boodskap #131385] So, 24 Mei 2020 19:05
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18850
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Mens kan vuurmaak deur die brandpunt van 'n vergrootglas op gras en takkies te fokus.
'n Mens kan vuurmaak deur die brandpunt van 'n vergrootglas op gras en takkies te fokus.
brandpunt
Afbreking: brand•punt
Samestelling: brand + punt


Selfstandige naamwoord: brandpunt
Meervoud: brandpunte
Verkleinwoord: brandpuntjie
Meervoud van verkleining: brandpuntjies

Betekenis:
• (optika) Die punt waar ligstrale wat deur 'n lens val konvergeer of byeenkom.
• (figuurlik) Plek daar dinge saamkom of begin.

Gebruik:
• 'n Lens wat behoorlik saamgestel is kan 'n parallelle ligstraal op 'n baie klein gebied by sy brandpunt instel.
• Die stad was die brandpunt van die stryd tussen die betogers en regeringsmagte.

Sinoniem:
• fokus
• konvergensiepunt

Afgelei:
• brandpuntafstand
• brandpuntvlak

Vertaling:
Engels: focus, burning‐point; hotspot
Nederlands: brandpunt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rankplant
Volgende onderwerp: katastrofe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 14:52:28 MGT 2024