Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » elf
elf [boodskap #130688] So, 05 April 2020 19:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18802
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
elf
Afbreking: elf
Uitspraak: /ɛlf/


Telwoord: elf

Betekenis:
• Die getal 11. Een meer as tien en een minder as twaalf.

Gebruik:
• Ek het nog elf lekkers oor.

Verwant:
• elfde

Vertaling:
Engels: eleven
Nederlands: elf
Zoeloe: ishumi nanye


Selfstandige naamwoord: elf
Meervoud: elfs, elwe
Verkleinwoord: elfie
Meervoud van verkleining: elfies

Betekenis:
• Die syfer 11.
• 'n Mitologiese wese wat oor bonatuurlike kragte beskik.
• 'n Vleisetende en vraatsugtige seevis wat aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom.

Gebruik:
• Die elf is besig om my van my kop af te dryf.
Elwe word dikwels voorgestel as pragtige jong mense wat in grotte of beboste gebiede woon, wat van musiek hou en groen en bruin klere dra.
• Gedurende die winter migreer die elf van die suidkus tot by KwaZulu-Natal waar die wyfies gedurende September tot Desember kuit skiet.

Afgelei:
• elfuur

Vertaling:
Engels: eleven; elf, fairy
Nederlands: elf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sakpas
Volgende onderwerp: kinderboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 08:24:30 MGT 2024