Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bliksem
bliksem [boodskap #130601] Wo, 01 April 2020 13:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18817
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Bliksem
Bliksem
bliksem
Afbreking: blik•sem
Uitspraak: /ˈblək.səm/


Selfstandige naamwoord: bliksem
Meervoud: bliksems
Verkleinwoord: bliksempie
Meervoud van verkleining: bliksempies

Betekenis:
• Liggewende strale uit die hemel tydens onweer as gevolg van elektriese ontlading; weerlig.
• (pejoratief) 'n Veragtelike persoon.

Gebruik:
• Keiser Carus is glo in die jaar 283 in sy tent deur die bliksem getref.
• Ek sal jou terugkry, jou vuil bliksem!

Sinoniem:
• weerlig

Afgelei:
• bliksemstraal
• bliksemslag

Vertaling:
Engels: lightning; bastard, arsehole, sod
Nederlands: bliksem


Werkwoord: bliksem
Verlede tyd: het gebliksem

Betekenis:
• (pejoratief) Slaan of aanrand.

Gebruik:
• Los my uit of ek bliksem jou!

Sinoniem:
• moer
• neuk
• donner

Vertaling:
Engels: to hit, beat up; to lighten, flash
Nederlands: bliksemen


Tussenwerpsel: bliksem

Betekenis:
• (pejoratief) Uitroep van ontsteltenis of aggressie.

Gebruik:
• Ag bliksem, ek het my sleutels in my kar toegesluit.

Vertaling:
Engels: damnit
Nederlands: bliksem

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blad
Volgende onderwerp: bliksemstraal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 15:40:56 MGT 2024