Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » veldpatat
veldpatat [boodskap #130503] Do, 26 Maart 2020 15:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18817
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
veldpatat
Afbreking: veld•pa•tat
Samestelling: veld + patat


Selfstandige naamwoord: veldpatat
Meervoud: veldpatats
Verkleinwoord: veldpatatjie
Meervoud van verkleining: veldpatatjies

Betekenis:
• 'n Medisinale plant met eetbare knol, Hypoxis hemmerocallidea.

Gebruik:
• En uit die veld is anyswortel vir speserye gebruik, bergkambro en veldpatat vir groente, en as vrugte, giftige wildeamandels, skoongewas in die water van bergstrome, en die sappige knolle van Khoi-Khoin-vygies. [Landbou Boerekos, Uitgawe 8, Winter 2016]

Sinoniem:
• sterretjie
• Afrika-patat

Vertaling:
Engels: yellow star, star lily, African potato
Sotho: moli kharatsa, lotsane
Xhosa: inongwe
Zoeloe: inkomfe, ilabatheka

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: panteïs
Volgende onderwerp: gis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 12:16:57 MGT 2024