Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onskuldig
onskuldig [boodskap #129947] Ma, 24 Februarie 2020 16:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18794
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onskuldig
Afbreking: on•skul•dig


Byvoeglike naamwoord: onskuldig
Vergrotende trap: onskuldiger
Oortreffende trap: onskuldigste
Attributief: onskuldige
Intensief: doodonskuldig

Betekenis:
• Nie skuldig nie; sonder blaam; wat nie aandadig is nie.

Gebruik:
• 'n Mens word as onskuldig geag tot die teendeel bewys is.
• Selfs onskuldige kinders word nie in 'n oorlog ontsien nie.

Sinoniem:
• skuldloos
• onbedorwe
• onskadelik

Antoniem:
• skuldig

Afgelei:
• onskuldigheid

Vertaling:
Engels: innocent, guiltless, blameless
Nederlands: onschuldig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skryfbehoeftes
Volgende onderwerp: verlore
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 21:30:58 MGT 2024