Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stal
stal [boodskap #129941] Ma, 24 Februarie 2020 07:05
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18854
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Perd op stal.
'n Perd op stal.
stal
Afbreking: stal


Selfstandige naamwoord: stal
Meervoud: stalle
Verkleinwoord: stalletjie
Meervoud van verkleining: stalletjies

Betekenis:
• Plek waar vee en ander mak diere (soos koeie en perde) gehuisves word.

Gebruik:
• Ná die oefensessie stap die perd, sopnat gesweet, dadelik na sy stal toe.

Spreekwoord:
• Die perd ruik sy stal. [Iemand span hom meer in; begin vinniger loop.]

Afgelei:
• stalbesem
• stalboom
• staldeur
• stalemmer
• stalhings
• stalmaat
• stalmeester
• stalkneg
• stalling
• stalmis

Vertaling:
Engels: stable, cowshed
Nederlands: stal

Nota:
• In teenstelling met 'n kraal, het 'n stal 'n dak.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: welgeluksalig
Volgende onderwerp: leiboom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 16:00:44 MGT 2024