Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vlug
vlug [boodskap #129409] Do, 23 Januarie 2020 19:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18631
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vlug
Afbreking: vlug


Werkwoord: vlug
Verlede tyd: het gevlug
Teenwoordige deelwoord: vlugtende

Betekenis:
• Van iets af weghardloop; van straf of dreigende gevaar ontsnap.

Gebruik:
• Tydens die plaasaanval moes die inwoners vir hul lewens vlug.

Spreekwoord:
• Hy vlug met die stert tussen die bene. [Beskaamd wegvlug.]

Sinoniem:
• ontsnap
• weghardloop

Vertaling:
Engels: to flee, escape
Nederlands: vluchten


Selfstandige naamwoord: vlug
Meervoud: vlugte
Verkleinwoord: vluggie
Meervoud van verkleining: vluggies

Betekenis:
• Die handeling van vlieg; deur die lugruim beweeg; die reis wat 'n vliegtuig of voël onderneem.
• Handeling van wegvlug; om van gevaar of straf te ontsnap.

Gebruik:
• Hy het sy vlug na Schiphol verpas.
• Die rowers is kort na hulle vlug in Durban betrap.

Hiponiem:
• doodsvlug
• terugvlug

Afgelei:
• vlugflou
• vlugvoos
• vlugteling
• vlugtig

Vertaling:
Engels: flight; escape
Nederlands: vlucht


Byvoeglike naamwoord: vlug
Vergrotende trap: vlugger
Oortreffende trap: vlugste
Attributief: vlugge

Betekenis:
• Wat rats is; met hoë snelheid; vinnig van begrip en/of uitvoering.

Gebruik:
• Hy was nie die vlugste deelnemer nie en het derhalwe verloor.
• Sy krag lê nie in groot-opgesette tonele nie; dit is die vlugge vegies waarmee hy op verrassende wyse 'n realiteits-illusie kan skep.

Vertaling:
Engels: quick, swift, rapid
Nederlands: vlug

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vloer
Volgende onderwerp: vluglees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:48:10 MGT 2024