Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vloer
vloer [boodskap #129408] Do, 23 Januarie 2020 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Matjie op 'n koue vloer.
'n Matjie op 'n koue vloer.
vloer
Afbreking: vloer
Uitspraak: /flur/


Selfstandige naamwoord: vloer
Meervoud: vloere
Verkleinwoord: vloertjie
Meervoud van verkleining: vloertjies

Betekenis:
• Die onderste deel van 'n ruimte in 'n gebou waarop 'n mens loop.
• 'n Verdieping in 'n gebou.

Gebruik:
• Gaan ons die vloer teël of gaan ons matte insit?
• Hy werk op vloer 23.

Afgelei:
• betonvloer
• dansvloer
• dorsvloer
• klipvloer
• plankvloer
• sementvloer
• vloermat

Vertaling:
Engels: floor
Nederlands: vloer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vloeistof
Volgende onderwerp: vlug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 19:59:53 MGT 2024