Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vlieg
vlieg [boodskap #129406] Do, 23 Januarie 2020 16:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vlieg.
'n Vlieg.
vlieg
Afbreking: vlieg
Uitspraak: /fliχ/


Selfstandige naamwoord: vlieg
Meervoud: vlieë
Verkleinwoord: vliegie
Meervoud van verkleining: vliegies

Betekenis:
• 'n Swart, tweevlerkige insek van die suborde Brachycera wat graag op 'n mens se kos sit.

Gebruik:
• Hy slaan die lastige vlieg met 'n vlieëplak dood.

Spreekwoord:
• Iemand 'n vlieg afvang. [Iemand uitoorlê.]
• 'n Vlieg het oor sy lewer geloop. [Hy is in 'n slegte bui.]
• Hy is 'n vlieg in die salf. [Iemand of iets wat onaangenaamheid veroorsaak.]
• Iemand sal geen vlieg kwaad doen nie. [Hy is besonder goedgeaard.]

Hiponiem:
• eendagsvlieg
• huisvlieg
• tsetsevlieg
• vrugtevlieg

Vertaling:
Engels: fly
Nederlands: vlieg

Vliegtuie wat vlieg.
Vliegtuie wat vlieg.

Werkwoord: vlieg
Verlede tyd: het gevlieg
Teenwoordige deelwoord: vlieënde

Betekenis:
• Deur die lug beweeg (soos 'n voël of 'n vliegtuig)
• (figuurlik) Baie vinnig beweeg.

Gebruik:
• Hoe kry voëls dit regkry om te vlieg?
• Die tyd vlieg verby.

Spreekwoord:
• Die gebraaide eend vlieg haar in die mond. [Sy kry dinge sonder veel moeite reg.]
• Gebraaide duiwe vlieg niemand in die mond nie. [Sonder inspanning bereik 'n mens niks.]
• Hoër vlieg as wat jou vlerke lank is. [Meer onderneem as wat jy kan doen.]
• Hoog vlieg, laag val. [Bo jou inkomste lewe en dan bankrot speel.]
• Hulle vlieg mekaar in die hare. [Begin hewig stry.]
• Hy kan na die maan vlieg. [Nie omgee wat met iemand gebeur nie.]
• Hy vlieg om die kers totdat hy daaraan raak. [Aanhou om iets gevaarliks te doen.]
• Hy vlieg te hoog. [Hy lewe hoër as wat hy kan bekostig.]
• Moenie te hoog vlieg nie. [Moenie meer onderneem as wat jy kan behartig nie.]
• Solank die voël vlieg, kan enigeen skiet. [Solank 'n meisie ongetroud is, kan enigeen by haar gaan vlerksleep.]

Vertaling:
Engels: to fly
Nederlands: vliegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: modegek
Volgende onderwerp: vloeistof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:06:12 MGT 2024