Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uil
uil [boodskap #129284] Vr, 17 Januarie 2020 06:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Uil.
'n Uil.
uil
Afbreking: uil


Selfstandige naamwoord: uil
Meervoud: uile
Verkleinwoord: uiltjie
Meervoud van verkleining: uiltjies

Betekenis:
• 'n Roofvoël van die orde Strigiformes wat in die nag klein diertjies, soos rotte en muise, vang.

Gebruik:
• 'n Uil het besonder skerp oë en jag meestal snags.

Spreekwoord:
• Elkeen dink sy uil is 'n valk. [Elkeen dink sy eie is die beste.]
• Hy is nie onder 'n uil uitgebroei nie. [Hy is nie dom nie.]
• Hy is so bang soos 'n uil vir daglig. [Hy is baie bang en sku.]
• Hy sit soos 'n uil op 'n kluit. [Voel verlore en verleë.]
Uil onder die kraaie. [Voorwerp van bespotting.]

Afgelei:
• uilagtig
• uilbek
• uilbril
• uilklou
• uilkop
• uilkos
• uilkuiken
• uilnes
• uiloog

Vertaling:
Engels: owl
Nederlands: uil

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ui
Volgende onderwerp: uitdink
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:46:17 MGT 2024