Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Bestuursvernuf
Bestuursvernuf [boodskap #128771] Sa, 21 Desember 2019 10:50 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Oupa vat elke oggend die 5-jarige Ansie skool toe.
Toe hy een oggend siek is, vat haar ouma haar.
Die aand vertel sy haar ma en pa dat die ryery saam met ouma baie anders was as saam met oupa.
"Hoekom?" vra hulle.
Ansie: "Ek en ouma het nie een flippen idioot, blinde of dom ou op die pad gesien nie."
Re: Bestuursvernuf [boodskap #128772 is 'n antwoord op boodskap #128771] Sa, 21 Desember 2019 10:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
My ouma het begin kla dat niemand haar meer bel nie!
Toe plak ek 'n "How's my driving?" plakker op haar kar se buffer,
nou lui haar foon aanmekaar.
Re: Bestuursvernuf [boodskap #128773 is 'n antwoord op boodskap #128772] Sa, 21 Desember 2019 10:57 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Man stop langs 'n dogtertjie wat terugstap huistoe na skool.
"As jy inklim sal ek jou 'n suigstokkie gee."

Die dogtertjie hou net aan loop. Die man ry stadig agter haar aan.
Weer sê die man:
"As jy inklim dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies!"

Die dogtertjie hou nog steeds net aan loop.
Die man ry weer stadig agter haar aan. Weer sê hy:
"As jy inklim dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies en sjokolade!"

Die dogtertjie draai om en sê:
"Pa, ek het al hoeveel keer vir jou gesê, ek ry nie in 'n Ford nie!!!"
Vorige onderwerp: Kerkbasaar
Volgende onderwerp: Diefstal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 20:21:32 MGT 2024