Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mielie
mielie [boodskap #128691] Sa, 14 Desember 2019 18:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Gedroogde mieliekoppe.
Gedroogde mieliekoppe.
mielie
Afbreking: mie•lie
Uitspraak: /ˈmi.li/


Selfstandige naamwoord: mielie
Meervoud: mielies
Verkleinwoord: mielietjie
Meervoud van verkleining: mielietjies

Betekenis:
• Vrug van die mielieplant, bestaande uit 'n harde kern (die stronk) met pitte daarom gerangskik.
• Die mielieplant, Zea mays, 'n graangewas.

Gebruik:
• Hy eet 'n gebraaide mielie.
Mielies is Suid-Afrika se vernaamste landbouproduk, asook die land se stapelvoedsel.

Afgelei:
• mieliebaard
• mielieblaar
• mielieblom
• mielieboer
• mieliebrood
• mieliedorsmasjien
• mieliedriehoek
• mieliegebied
• mieliekop
• mielieland
• mieliemark
• mieliemeel
• mielieoes
• mieliepap
• mieliepit
• mielieplaas
• mielieplant
• mielieplanter
• mielieproduksie
• mielieprys
• mielieraad
• mielieruspe
• mieliesaad
• mielieseisoen
• mieliestreek
• mieliestronk
• mielievloer
• mielievoorraad
• mielievrug
• mieliewurm

Vertaling:
Engels: maize, mealie, corn
Nederlands: mais

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mevrou
Volgende onderwerp: mier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 10:22:17 MGT 2024