Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mes
mes [boodskap #128688] Sa, 14 Desember 2019 11:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Messe
Messe
mes
Afbreking: mes
Uitspraak: /mɛs/


Selfstandige naamwoord: mes
Meervoud: messe
Verkleinwoord: messie
Meervoud van verkleining: messies

Betekenis:
• 'n Skerp voorwerp wat gebruik word om goed mee te sny.

Gebruik:
• Jy sal die stomp mes moet skerpmaak.
• 'n Mes het gewoonlik 'n handvatsel (hef) en 'n lem waarvan een of albei kante skerpgemaak is.

Spreekwoord:
• Kaap toe ry op 'n mes. [Gesê van 'n baie stomp mes.]
• Die mes op iemand se keel sit. [Iemand dwing om iets te doen.]
• Die mes sny aan albei kante. [Die saak kan van twee kante beskou word.]

Antoniem:
• vurk

Meroniem:
• lem
• hef

Hiponiem:
• broodmes
• jagmes
• knipmes
• kombuismes
• skeermes
• slagmes
• vleismes

Afgelei:
• mes-en-vurklaai
• mes-en-vurkstel
• mespunt
• mesrug
• messteek

Vertaling:
Engels: knife
Nederlands: mes
Zoeloe: umese

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: merk
Volgende onderwerp: meubels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 12:39:59 MGT 2024