Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » laai
laai [boodskap #128612] So, 08 Desember 2019 10:54
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18631
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kas met laaie.
'n Kas met laaie.
laai
Afbreking: laai


Selfstandige naamwoord: laai
Meervoud: laaie
Verkleinwoord: laaitjie
Meervoud van verkleining: laaitjies

Betekenis:
• Deel van 'n meubelstuk, soos 'n kas, waarin mens goed kan pak; plat uitskuifbare bak wat as bergplek vir los voorwerpe dien.
• (verouderd) 'n Vlam.

Gebruik:
• Die krambinder is in die boonste laai.
• Die vragmotors in ligte laaie na die trompop botsing.

Afgelei:
• laaikas

Vertaling:
Engels: drawer; flame
Nederlands: la, lade; laai


Werkwoord: laai
Verlede tyd: het gelaai
Teenwoordige deelwoord: laaiende

Betekenis:
• In 'n houer pak.
• Iemand met 'n taak belas.
• Met elektrisiteit gevul.

Gebruik:
• Hy laai die bagasie in die kattebak.
• Hulle laai al die verantwoordelikhede op my.
Laai jou selfoon voordat ons uitgaan.

Afgelei:
• aflaai
• oplaai

Vertaling:
Engels: to load; load; charge
Nederlands: laden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kyk
Volgende onderwerp: laerskool
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:40:05 MGT 2024