Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kwêlafluit
kwêlafluit [boodskap #128610] So, 08 Desember 2019 10:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18815
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kwêlafluit.
'n Kwêlafluit.
kwêlafluit
Afbreking: kwê•la•fluit
Samestelling: kwêla + fluit


Selfstandige naamwoord: kwêlafluit
Meervoud: kwêlafluite
Verkleinwoord: kwêlafluitjie
Meervoud van verkleining: kwêlafluitjies

Betekenis:
• 'n Klein fluitjie met 'n hoë klank; blaasinstrument wat vir kwêla ('n soort dansmusiek) gebruik word.

Gebruik:
• Met die begeleiding van 'n kwêlafluit begin almal te dans.

Sinoniem:
• penniefluit

Verwant:
• blokfluit
• dwarsfluit

Vertaling:
Engels: pennywhistle, penny whistle, tin whistle
Nederlands: tinwhistle

Nota:
• Kwêla is 'n Zoeloe-woord wat "staan op" of "klim op" beteken.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kwart
Volgende onderwerp: kyk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 15:17:42 MGT 2024