Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Kinders grootmaak (Belangrikheid om 'n kind toe te laat om kind te wees)
Kinders grootmaak [boodskap #128405] Ma, 18 November 2019 00:13 na volgende boodskap
Palapie  is tans af-lyn  Palapie
Boodskappe: 3
Geregistreer: November 2019
Karma: 1
Junior Lid
Kinders

Daar is goud in die mond van die oggendstond,
saam met die wonder-wêreld van reënboogland.
As die son sy glimlag oor die doudruppels sprei,
kom dans hierdie kleure op elke grassie en plant.

In die ogies van ‘n kind kan jy hulle nog vind,
voor die grootmens-son al die prag kom steel.
Die onskuld sukkel maar met grootmens-reëls,
want antwoorde op betowering is reeds verseël.

Verwonderings verdwyn so met die tyd se stap,
as die wense van mense klein droompies oorneem.
Met die voorsê deur elkeen wat kamstig alles weet,
word ‘n ‘kindwees-wonder’ van kinders ontneem.

So bou ons klein mensies met fondasies van sand,
op grond wat ons geleen is, of wat ons iewers vat.
Die boompies wat ons buig om gelukkig te wees,
word sukkelende masjientjies op n sinkplaat pad.

Wanneer krake verskyn en ons handewerk bederf,
dan kom die waaroms en word die feite verwring.
Met oorsake vergete en die dringentheid wat vra;
“waarom hierdie dinge wat ongelukkigheid bring?”

Kom tog tot besinning, jy wat ‘n grootmens is,
en dink aan die dae toe jy ook ‘n kind nog was.
Deur jou reënboog-ogies het die Skepper gelag,
en met die werk van Sy hande, jou steeds verras.

Die kinders behoort nie, hulle is ons net geleen.
Daarom sê die Koning. “Hier is ‘n nuwe gebod:
Verhinder nooit die kinders wat na My toe kom.
Hulle is die reënboë in die koninkryk van God.”
Re: Kinders grootmaak [boodskap #128409 is 'n antwoord op boodskap #128405] Ma, 18 November 2019 10:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dagsê en welkom op die forum! Smile

Ek neem aan u het hierdie gedig self geskryf. As my vermoede reg is beskik u oor 'n besondere weg met woorde en 'n fantastiese talent.
Re: Kinders grootmaak [boodskap #128416 is 'n antwoord op boodskap #128409] Di, 19 November 2019 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Palapie  is tans af-lyn  Palapie
Boodskappe: 3
Geregistreer: November 2019
Karma: 1
Junior Lid
Baie dankie Jan. Ek het dit self geskryf. Ek is bly jy het dit geniet.
Re: Kinders grootmaak [boodskap #128477 is 'n antwoord op boodskap #128416] So, 24 November 2019 07:35 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Nee, dankie vir jou!
Pos gerus meer.
Vorige onderwerp: "Die ystervarkie" deur C. Louis Leipoldt
Volgende onderwerp: As Kersfees kom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:56:14 MGT 2024