Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » iris
iris [boodskap #128035] Do, 17 Oktober 2019 17:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die iris van die oog.
Die iris van die oog.
Die blom van 'n iris.
Die blom van 'n iris.
iris
Afbreking: iris


Selfstandige naamwoord: iris
Meervoud: irisse
Verkleinwoord: irissie
Meervoud van verkleining: irissies

Betekenis:
• (anatomie) Gepigmenteerde membraan van die oog wat die pupil omsluit en die hoeveelheid lig wat deurgelaat word beheer.
• (plantkunde) Plant met 'n opvallende, dikwels blou of geel blom van die familie Iridaceae.

Gebruik:
• Die iris beskik oor sirkel- en straalvormige spiere wat saamtrek of ontspan om die pupil kleiner of groter te maak.
• Die iris is 'n bol- of wortelstokplant met ses blomdekblare, waarvan die buitenstes gewoonlik afhang of wegstaan en die binnestes regop staan.

Sinoniem:
• reënboogvlies

Vertaling:
Engels: iris
Nederlands: iris

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wildekat
Volgende onderwerp: vermaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:15:10 MGT 2024