Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nes
nes [boodskap #128026] Wo, 16 Oktober 2019 07:10
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Witooievaars se neste.
Witooievaars se neste.
nes
Afbreking: nes


Voegwoord: nes

Betekenis:
• Soos; net soos iets anders.
• Sodra; na iets gebeur het.

Gebruik:
• Hy het nes sy pa vir die Bulle gespeel. Nes jy, is ek klaar met my huiswerk.
Nes sy by die huis aankom het sy rook geruik.

Spreekwoord:
• Hy sit daar nes 'n aap op 'n stokkie. [Hy lyk verleë en bedremmeld.]
• Plesier is nes 'n jong komkommer; as jy hom pluk, verlep hy sommer. [Plesier verloor sy aantreklikheid as 'n mens dit eers geniet.]

Vertaling:
Engels: just like, as soon as
Nederlands: zoals

Nota:
• Sametrekking van "net as". Vergelyk ook "soos" (van "so as").


Selfstandige naamwoord: nes
Meervoud: neste
Verkleinwoord: nessie
Meervoud van verkleining: nessies

Betekenis:
• (biologie) Tuiste van 'n dier; woonplek van 'n voël, muis, insek of ander klein diertjie.
• (figuurlik) Skuilplek van rowers; plek waar ongure karakters uithang en onwettige bedrywighede plaasvind.
• (figuurlik) Plek wat baie vuil en deurmekaar is.

Gebruik:
• Die kuiken en sy hele nes het ná 'n storm uit die boom geval.
• Die polisie is ingestuur om die misdadigers se nes op te ruim.
• Jou kamer lyk soos 'n nes, maak dit onmiddellik aan die kant.

Spreekwoord:
• Hulle skrop al nes. [Hulle maak klaar om te trou.]
• Jou eie nes bevuil. [Jou eie familie slegmaak.]

Afgelei:
• voëlnes

Vertaling:
Engels: nest, eyrie
Nederlands: nest


Werkwoord: nes
Verlede tyd: het genes
Teenwoordige deelwoord: nestende

Betekenis:
• 'n Nes bou of betrek.

Gebruik:
• Die duiwe is besig om te nes.

Vertaling:
Engels: to nest
Nederlands: nesten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: olim
Volgende onderwerp: suringpap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 22:29:36 MGT 2024