Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » haard
haard [boodskap #127754] So, 15 September 2019 13:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18624
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vrou wat by 'n haard kosmaak.
'n Vrou wat by 'n haard kosmaak.
haard
Afbreking: haard


Selfstandige naamwoord: haard
Meervoud: haarde
Verkleinwoord: haardjie
Meervoud van verkleining: haardjies

Betekenis:
• (argaïes) Plek in 'n huis wat vir die brand van 'n vuur bedoeld is; vuurmaakplek; vuurherd; kaggel.
• Middelpunt van 'n woning of gesin.
• Brandpunt of fokuspunt, ook die plek vanwaar siekte en ander rampe versprei; broeines.

Gebruik:
• Die vrou berei kos vir haar familie by die haard.
• Ons sal huis en haard met ons lewens verdedig.
• Die haard van die besmetting moet bestry word.

Spreekwoord:
• Huis en haard. [Eie tuiste.]
• Eie haard is goud waard. [Jou eie huis is die beste plek op aarde.]

Afgelei:
• haardyster
• haardsteen
• haardskerm
• haardmat
• haardkleedjie

Vertaling:
Engels: fireplace, fireside, hearth
Nederlands: haard

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: warmte
Volgende onderwerp: demagogies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 08:36:20 MGT 2024