Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vaal
vaal [boodskap #127693] Di, 10 September 2019 15:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18802
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vaal
Afbreking: vaal
Uitspraak: /fɑːl/


Byvoeglike naamwoord: vaal
Vergrotende trap: valer
Oortreffende trap: vaalste
Attributief: vaal
Partitief: vaals
Intensief: asvaal, muisvaal

Betekenis:
• (kleur) Vuilwit, bleekgeel, gryserig of bleekbruin
• Tot byna kleurloos verbleik; dof.
• Saai; vervelend; oninteressant.

Gebruik:
• Die vloer is vaal van kleur.
• Die mat is vaal deur die son geskroei.
• Sy is 'n vaal meisie.

Spreekwoord:
• Die vaal streep skep. [In die pad val.]
• Dit sal nie vir my 'n vaal kol maak nie. [Dit sal my nie in die minste raak nie.]

Homofoon:
• faal (misluk)

Afgelei:
• vaalheid

Vertaling:
Engels: ashen, pale, tawny, grey; faded; dull, drab
Nederlands: vaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: faal
Volgende onderwerp: kompas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 03:11:53 MGT 2024