Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baumé, Antoine
Baumé, Antoine [boodskap #127541] Vr, 23 Augustus 2019 20:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Antoine Baumé
Antoine Baumé
Antoine Baumé (1728 - 1804) was 'n Franse chemikus en apteker. Baumé het die soortlike gewig van vloeistowwe bestudeer en 'n hidrometer ontwikkel waarvan die skaal later na hom vernoem is (met grade Baumé - eenheid °Bé).

Baumé het vanaf 1752 'n apteek in Parys bedryf en in 1787 lid van die Collège de Pharmacie geword. Die hidrometer wat deur hom ontwikkel is, het dit moontlik gemaak om die digtheid van swaelsuur te bepaal. Baumé het ook die distillasie-toerusting wat destyds bestaan het verbeter.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Baum, Vicki
Volgende onderwerp: Bauxiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 00:48:27 MGT 2024